Is plastiese chirurgie jou of ’n geliefde se kans op ’n beter lewe? Nou kan jy miskien in 2016 met die hulp van top plastiese chiruge ’n nuwe blaadjie omslaan.

Op Spieëltjie, Spieëltjie – ’n nuwe TV-reeks op VIA (DStv-kanaal 147) – staan jy die kans om deur van SA se beste plastiese chirurge onder hande geneem te word sodat jy in die nuwe jaar behoortlik kan skitter.

Ons soek na mense wie se hartsbegeerte dit is om weer met selfvertroue die wêreld in die oë te kyk.

Stuur jou storie en onlangse foto’s na via@okuhle.co.za om nou in te skryf.

  • Inskrywings is oop vir almal wat Afrikaans kan praat.
  • Die program word in die Kaap-omgewing verfilm, so as jy van ver kom, moet jy verantwoordelikheid neem vir jou eie vervoer.