Hugo en Lilanie

hugoenlilanie

Hoender sosaties

8 ontbeende hoenderdye

8 oestersampioene

1 rooi soetrissie

6 klein uie

Marinade:

150 ml olyfolie

’n takkie roosmaryn

1 t knoffel

Braairub-speserye vir hoender

Metode:

Sny sampioene in die helfte, sny die soetrissie in groot blokkies en die uie in die helfte.

Begin met ’n stuk hoender en ryg oestersampioene, soetrissies en uie tot sosatiestokkie vol is. Ryg al die sosaties en marineer in marinade tot braaityd.

Bloubessie-en-rosynsous

1 L hoenderaftreksel

100 ml rosyne geweek in ’n koppie brandewyn

100 g bloubessies

hugokob

Metode

Kook hoenderaftreksel, gooi rosyne en bloubessies by en kook 5 min. Verhit voor jy dit voorsit.

Roketslaai met perskes

1 pak roketblare

6 perskes in die helfte gesny

1 ui

250 ml gemengde sade, rosyne

100 g fetakaas

Metode

Braai perskes oor vuur tot sag. Kerf die ui fyn. Meng met roketblare, perskes, uie, gemengde sade en fetakaas. Sit dadelik voor saam met enige slaaisous.

Rosti

6 groot aartappels

olyfolie vir bak

Metode

Rasper aartappels en laat staan in water. Verhit klein pannetjies of pan. Giet olie in en sit gerasperde drooggedrukte aartappel in, bak tot bros en draai in die pan tot gaar. Sit voor saam met suurroom of ’n sous.

Appeltertjafels

8 soet appels

150 ml rosyne

5 ml kaneel

250 ml suiker

750 ml water

vanieljekoek

Metode

Skil appels en kook saam met rosyne, kaneel, suiker en water tot sag en drooggekook. Sny koek in skywe, voer jafelpan met koek, skep vulsel in en plaas oor vuur. Draai elke paar min tot lekker goudbruin. Sit voor saam met toffiesous.

Toffiesous

250 ml suiker

150 ml botter

250 ml room

Metode

Smelt suiker en botter tot goudbruin. Voeg room by en roer. Sit louwarm voor.

Andrew en Yolanda

andrewkob

Verwelkomingsdrankie

  • 300 ml wodka
  • 1 bottel Nutella-sjokoladesmeer
  • 1 e suiker
  • 250 ml roomMetode :

    Meng al die bestanddele en plaas oornag in die koelkas. Maak ’n bakkie ys fyn. Gooi die verkoelde mengsel in ’n glas en voeg fyngekapte ys by. Rond af met spuitroom bo-oor en ’n vars aarbei.

Mosselpotjies

  • ¾-swartboompot
  •  6 vars “oopdop”-mossels
  • 1 vars knoffelhuisie, fyn gekap
  • 200 ml witwyn
  • 100 ml vars room
  • Mosselbaai-visspeserye

Metode :

Plaas al die bestanddele in die potjie, roer deeglik en plaas op die vuur. Bak sowat 5 min. oor lou kole. Sit voor saam met vars brood.

Potbrood

• 1 sakkie voorbereide deeg

• botter of margarien

• sout

Metode :

Smeer ’n plat swaarboompot met botter, ook aan die deksel se binnekant.

Knie deeg, plaas in pot en laat staan sowat 20 min. in die son om te rys.

Plaas 7 brikette in jou silwer braaier vir die swartpot. Sit die potjie op.

Plaas 5 brikette bo-op die deksel. Laat bak 45 min. en haal van vuur af.

andrewcollage

Heuning-en-mosterd-aartappels

  • 1 kg baba-aartappels – nie geskil nie
  • 5-10ml sout
  • 1 ui, fyn gekerf
  • 300 ml heuning-en-mosterd-sous (300 ml)
  • 1 pakkie gesnipperde varkspek

Metode:

Plaas pot op warm vuur. Vul met 1,5 L kookwater en ’n paar knippies sout.

Plaas aartappels in water en kook sowat 30 min. of tot aartappels begin sag raak.

Verwyder die meeste van die water en voeg uie en spek by. Voeg ook die heuning-en-mosterd-sous by en braai dan die aartappels in die mengsel tot lekker sag.

Kreefsterte

  • 1 klein kreefstert
  • knoffel, gesmelte botter en suurlemoensap gemeng in bakkie.
  • visspeserye

Metode :

Verwyder maagstring van die kreefstert.

Vlek die stert ’n bietjie oop en smeer met sous. Plaas dopkant ondertoe op die kole.

Sprinkel ’n bietjie spesery oor. Wanneer die dop pienk word, moet die kreef omgedraai word.

Dit behoort gaar te wees binne sowat 3 min.

Vars kabeljou (verkieslik nie gevries nie)

  • 2 kg filette (genoeg vir 6 mense)
  • vars knoffel
  • suurlemoene
  • visspeserye

Metode :

Bespuit ’n toevourooster met kossproei en plaas kabeljou velkant ondertoe op die rooster. Smeer die vis met vars knoffel en suurlemoen en besprinkel met ’n bietjie visspeserye. Wanneer jy borreltjies sien vorm in die vleis van die vis, is dit tyd om die vis om te draai. Die vis behoort gaar te wees sowat 5 min. nadat dit omgedraai is.

Arm-mans Poeding

  • 1 swartpot
  • 1 pak Mariebeskuitjies
  • botter
  • appelkooskonfyt
  • sjokoladesprinkels
  • 1 L vla

Metode :

Smeer elke beskuitjie aan die een kant met botter en aan die ander met appelkooskonfyt. Pak dit in lae in die swart pot. Voeg die vla by en sprinkel sjokolade bo-oor. Bak sowat 10 min. op die vuur.

Rian en Ilonka

riankob

Kleurryke kruisskyfstokkies

verouderde kruisskyf, opgesny in blokke

1 rooi en 1 geel soetrissie opgesny in blokke

1 rooi-ui, opgesny in blokke

olyfolie

2 suurlemoene

growwe sout en swartpeper

vars roosmaryn

sosatiestokkies (week in warm knoffelsout water, verkieslik oornag)

Metode

Ryg sosatiestokkies met soetrissies, rooi-ui en kruisskyf, marineer met olyfolie, growwe sout, swartpeper en vars roosmaryn tot gereed om te braai. Braai na smaak en druk die suurlemoensap uit oor die vleis net voor dit klaar gebraai is.

Braaiwenk: Om te voorkom dat die vleis taai raak, half vooraf uit die yskas en braai teen kamertemperatuur.

Ma se kaassous

125 g botter

125 g meel

250 ml melk

geelsout

250 g gemengde gerasperde kaas (cheddar, gouda en mozzarella)

Metode

Smelt botter in swaarboompot oor matige kole, voeg meel by en klits (minder meel vir dunner sous; meer meel vir dikker sous). Voeg melk by en hou aan klits. Wanneer melk begin warm word, voeg kaas en geelsout by na smaak. Roer tot sous begin kook en verdik. Sit voor.

Rian se lipleklekker lam tjoppies

verouderde lamslende-tjops

1-2 suurlemoene

worcestersous-speserysout

riancollage

Metode

Sny vier snytjies in elke lendetjop se vetlagie. Druk sap van 1 of 2 suurlemoene oor tjoppies en laat lê tot gereed vir braai. Sprinkel speserye aan weerskante net voor dit gebraai word, braai oor matige kole na smaak en sit voor direk van die rooster af.

Wenk: Braai tjops teen kamertemperatuur om taai vleis te voorkom. Sprinkel speserye aan weerskante om te verhoed dat dit vasbrand aan die rooster.

Gevulde Sampioene

8 groot bruinsampioene

botter

1 houer roomkaas

biltongpoeier

vars fyngemaalde knoffel

gemengde gerasperde kaas (cheddar, gouda en mozzarella)

Metode

Meng die houer roomkaas met ’n goeie hoeveelheid biltongpoeier en knoffel na smaak. Sit ’n klontjie botter op elke sampioen en skep dan ’n eetlepel of twee van die vulsel in die sampioene. Besprinkel elke sampioen met kaas en braai oor oop, matige kole tot gaar.

Wenk: Moenie die sampioene toedraai in foelie nie; dit trek water. Biltong bevat reeds sout; daarom is dit nie nodig om nog by te voeg nie. Indien die kaas te stadig smelt, bedek kortliks met braaibak se deksel.

Romerige Ertappels

8 middelslag-aartappels

750 ml room

knoffelsout

’n blok gerasperde cheddar (opsioneel)

Metode

Skil en sny aartappel in dun skywe. Pak vier aartappels se skywe in lae in ’n swaarboompot wat met kleefwerende sproei gespuit is. Sprinkel knoffelsout mildelik oor en herhaal proses. Bedek met ongeveer 600 ml room en plaas pot met deksel op vuur met min kole. Roer gereeld. Aartappels moet sag word en room dik. Proe om te bepaal of daar genoeg knoffelsout in is. Indien te souterig, gooi oorblywende room by; indien te laf, voeg nog knoffelsout by. Wanneer aartappels sag is en room dik is (sowat 45 min.), kan kaas bo-oor gesprinkel word (los nog ’n rukkie op vuur tot kaas gesmelt het).

Wenk: Aartappels moet in dun skywe gesny wees, so nie word hulle nie gaar nie. Moenie die aartappels vooraf kook nie. Wees versigtig vir te warm kole – dit sal maak dat die room olierig word voor die aartappels gaar is en die room lekker dik kook.

Rooi, groen en wit slaai

1 middelslag-waatlemoen

1 houer fetakaas

1 pak roketblare

Metode

Skil en sny die waatlemoen in blokke en verwyder soveel moontlik van die pitte. Sny kaas in blokkies of frummel. Meng waatlemoen, feta en roket in slaaibak en sit voor.

Wenk: Kan ook voorgesit word met balsemieke asyn.

Koue tert oppie vuur met suurdelemoen wrongel & vars bessekies

Kaaskoek

2 houers roomkaas

1houer suurroom

½ koppie strooisuiker

25ml vanielje essence

2 Ekstra groot eiers

Sap van 1 suurlemoen

2/3 pakkie Tennis beskuitjies

75ml botter

Metode

Druk beskuitjies fyn & meng met botter, druk vas onder in swartboom pot wat met “spray & cook” gesprei is. Meng roomkaas, suurroom, strooisuiker, vanielje & suurlemoensap saam in ‘n bak. Gooi eiers by & klits tot net gemeng. Gooi vulsel in swartboom pot & maak toe met deksel. Plaas in toe gasbraai & bak teen 150C vir +- 40 min. Alternatief kan jy dit op ‘n oop vuur met min kole onder & ‘n paar kole bo-op die deksel bak vir +- 40 min. Wanneer klaar gebak (effens bruin om kante maar steeds sag in die middel) verwyder ontmiddelik van vuur of gas & haal deksel af. Plaas pot direk in vrieskas & laat afkoel vir tenminste 1 uur.

Wenk: Indien op kole gaarmaak passop vir te veel & te warm kole, jou kaaskoek gaan brand! Sny kaaskoek sommer binne in pot wanneer afgekoel & skep uit met ‘n tertvurk of iets soortgelyk.

Suurdelemoen wrongel

2 Eiers, plus 2 eier gele

165g strooisuiker

80g ongesoute botter

Gerasperde skil & sap van 2 suurlemoene

Metode

Klits eier, eier gele & strooisuiker in ‘n staal bak bo-op ‘n pot kookwater oor matige hitte op die stoof. Voeg botter, skil & sap van suurlemoene by & hou aan klits to dik. Voer wrongel deur ‘n sif in ‘n skoon glas houer met deksel & plaas in die yskas.

Wenk: Dit is ‘n tydsame proses, so wees beduldig! Jy wil nie he die eiers moet “split” nie anders moet jy van voor af begin. Die wrongel hou vir tot & met 2 weke in die yskas.

Bedien saam met kaaskoek & vars bessies