Annelize en Theunis

annelizeentheunis
Burgers en braaisous

Lewer sowat 6 burgers

Bestanddele

1 kg maer maalvleis

sout en peper

gedroogde kruie na smaak (bv. basilie, origanum en pietersielie)

3 knoffelhuisies, fyngekap

4 E blatjang

1 eier, geklits

1 sny ou brood, gekrummel

burger
Metode

  1. Pluis die maalvleis uit in ‘n groot mengskottel.
  2. Voeg die res van die bestanddele by en meng alles met die hand deur. Die mengsel moenie te nat wees nie anders kan dit uitmekaarval tydens die gaarmaakproses. Onthou, die burgers sal krimp met die gaarmaak.
  3. Braai op ‘n baie warm metaalplaat op die vuur of op die stoof in ‘n pan met ‘n bietjie olie. Sit voor met broodrolletjies en die kaas-knoffel-sampioen-peper-sous.

Kaas-knoffel-sampioen-peper-sous

Maak ‘n basiese witsous. Geur baie goed met vars gemaalde swartpeper en vars knoffel. Voeg ‘n goeie hand (of twee) gerasperde Chedder en dalk ‘n goeie skoot gerasperde Parmesaan ook by. Sny sampioene in groterige stukke en voeg dit by sous. Laat prut oor lae hitte tot die sampioene sag is. Skakel die warm plaat af en laat die sous rus. Maak die sous vroeg sodat die geure lekker kan ontwikkel. Net voor die burgers voorgesit word, kan die sous weer versigtig warm gemaak word.

Yvonne en Robbie

yvoneenrobbie
Lynstaan-hoender

Bestanddele

1 t basiliepesto

1 t gekapte knoffel

1 t worcestersous

1 heel hoender

olie

sout en swartpeper na smaak

1 blikkie Coca Cola

2 sopies brandewyn

1-2 vars roosmaryntakkies

Metode

  1.  Meng die pesto, knoffel en worcestersous en vryf dit in die hoender se holte.
  2. Smeer die hoender buite-om met olie. Geur met sout en peper.
  3. Giet ‘n kwart van die koeldrank uit, giet die brandwyn in die blikkie tesame met die roosmaryn.
  4. Druk die blikkie in die hoender se holte. Braai op ‘n skottelbraai tot mooi goudbruin. (Gebruik boombas of saagsels vir ‘n lekker rookgeur.)

yvonnekob
Grenshou 6-poeding

½ k melk en ½ k room, gemeng

2 E botter

5 ml appelkooskonfyt

15 ml bruinasyn

12 eiers

½ k suiker

1 k meel

½ t bakpoeier

½ t koeksoda

1 blik ingelegde perskes, fyn gekap

SOUS

3 E botter

room

250 ml Amarula-likeur

Metode

  1. Verhit die melkmengsel, botter, konfyt en asyn tot die botter gesmelt is.
  2. Klopdie eiers en suiker tot romerig.
  3. Meng deur die meel, bakpoeier en koeksoda.
  4. Voeg die perskes by en meng alles goed deur.
  5. Bak in ‘n swartpot (met die deksel op) op die vuur tot gaar.

SOUS Smelt die botter in ‘n pan en voeg die room en Amarula by. Laat prut tot die sous begin verdik. Prik die gaar poeding met ‘n vurk en giet die sous oor.

Sit voor met room, roomys of vla.