Carol Ann en Marius

Marius en Carol-Ann

Roosmaryn-lamstjoppies

Marius en Carol-Ann 1

Bestanddele

dik lamtjops van goeie gehalte

lang roosmarynspriete

Metode

Maak ’n gat deur die tjops.

Ryg drie tjops aanmekaar met ’n lang spriet roosmaryn.

Laat klein gapings tussenin.

Plaas op die kole en draai om aan al die kante te braai.

Haal halfpad deur die tjoppies uitmekaar en braai tot medium-rou.

Tikka hoendersosaties

Marius en Carol-Ann 2

Bestanddele

hoenderborsies, in 2cm blokkies gesny

250 ml gewone of Griekse yoghurt

1 e olyfolie

5ml masala

5ml garam masala

5ml komyn

4-6 groen kardemompeule, druk pitte uit

5 ml gedroogde rissievlokkies

1 kaneelstokkie

10ml vars gemmer, gerasper

1 knoffelhuisie, fyn gekap

1 blik gekapte tamaties

1 eetlepel tamatiepasta

vars koljander, opgekap

Metode

Meng die bestanddele om ’n sous te maak.

Ryg jou vleis aan stokkies, 10 blokkies per sosatiestokkie.

Laat lê die sosaties oornag in sous.

Braai 10 min weerskante tot gaar.

Braaibroodjies

Marius en Carol-Ann 3

Bestanddele

witbrood

botter

cheddar

rooi ui, in dun ringe gesny

tamatie of songedroogde tamatie

mayonnaise

Dijon-mosterd

pastrami (opsioneel)

sesamsaad

Metode

Smeer buitekant van brood met botter.

Smeer een binnekant met mayonnaise en die ander met Dijon-mosterd.

Plaas die kaas, uie en tamatie op die broodjie.

Rol albei kante in sesamsaad en braai oor lae hitte.

Sjokoladefondue

Bestanddele

2 plakke Lindt-sjokolade van jou keuse

1 gewone melksjokolade

room

10 ml botter

vrugte en beskuitjies van jou keuse

Metode

Verhit ’n swaarboompot oor lae hitte.

Smelt botter en plaas stukkies sjokolade in pot.

Sodra sjokolade dik word, voeg room bietjie-bietjie by en roer aanhoudend.

Verwyder van hitte en klits met handklitser tot romerig.

Sit warm voor en doop vrugte, lekkers en brosbeskuit daarin.

Joline en Eben

Jo en Eben

Oosterse koningklip

Jo en Eben 9

Bestanddele

6 porsies koningklip (200 g per stukkie)

Vir die Oosterse botter

250 g botter

250 ml klappermelk

30 ml olyfolie

1 e paprika

1 e komyn

3 klein groen brandrissies

sap van 3 vars lemmetjies

3-4 knoffelhuisies

gemmer

100 ml bruin- of palmsuiker (palmsuiker is beter)

1 rooi-ui

Metode

Voeg al die botterbestanddele in ’n voedselverwerker en meng goed.

Braai die vis oor matige hitte en borsel gereeld die botter oor.

Dillesous

Bestanddele

500 ml room

1 knoffelhuisie, fyn gekap

klein bossie dille, fyn gekap

Metode

Meng die room, dille en knoffel.

Giet 4-5 e van die sous oor die vis net voor voorsit.

Aspersies

Bestanddele

18 groot aspersies

Metode

Plaas aspersies in knyprooster en borsel met Oosterse botter.

Braai 15 min. en draai gereeld om.

Polentaskyfies

Jo en Eben 2

Bestanddele

2 k polenta

2 e groenteaftrekselpoeier

2 e hoenderaftrekselpoeier

3 e parmesaanpoeier

1 k kookwater

Metode

Meng bestanddele in ’n pot en kook 5 min. oor matige hitte.

Gooi polenta op ’n plat oppervlak wat met waspapier of botter bedek is en laat dit afkoel.

Sny dan die skyfies in 2 cm x 8 cm-stukke en plaas op rooster.

Draai versigtig met ’n tang tot hulle lekker bros is.

Dit duur sowat 10 min.

Vir voorsit

Pak polentaskyfies onder, gevolg deur twee stukke vis en aspersies.

Bedruip met dillesous en garneer met koljander.

Sjokolade-en lemoen-bruintjie met room

Jo en Eben 11

Bestanddele

1 boks sjokolade bruintjie mengsel

6 lemoene

250 ml geklopte room of spuitroom.

vars mentblare vir versiering

Metode

Maak die bruintjiemengsel aan volgens die aanwysings op die verpakking.

Vervang die helfte van die melk met vars lemoensap.

Vul die lemoene driekwart met die mengsel, plaas lemoendeksel terug en maak dig toe met foelie.

Plaas toegedraaide lemoene direk op die kole en draai elke 8 min. om.

Haal uit die vuur ná 30 min en laat dit 10 min. rus in foelie.

Haal uit foelie, haal dekseltjie af, sit voor saam met room en versier met mentblare.

Natalie en Louis

Louis en Natalie

Varkribbetjies

Louis en Natalie 1

Bestanddele

2 kg varkribbetjies

BBQ-sous

sout na smaak

peper na smaak

Metode

Geur ribbetjie met sout en peper.

Plaas vir 90 min. in ’n roker of voorverhitte oond (150 °C).

Ná 90 minute, bedruip elke kwartier met BBQ-sous en kook nog 90 min. of tot die vleis van die been af begin val.

Amerikaanse BBQ-sous

Bestanddele

1 k Coke

1 k tamatiepuree

1 k tamatiesous

½ k worcestersous

4 e rissiesous (tabasco of Lee & Perkins)

½ k bruinsuiker

½ k soet molasse (nie Black Strap)

½ k appelasyn

2½ e balsemieke asyn

1 e Dijon-mosterd

1 e piri-piripoeier

2 t gerookte paprika

1 e gedroogde tiemie

1 e knoffelsout

Metode

Meng die bestanddele in ’n pot.

Verhit op ’n matige plaat tot die sous verdik en aan die agterkant van ’n eetlepel kleef.

Pittige hoendervlerkies

Louis en Natalie 5

Bestanddele

24 hoendervlerkies

2 k bruinsuiker

4 e gemaalde komyn

4 e paprika

4 e rooipeper

4 e piri-piri

4 e knoffelsout

1 e sout

1 e witpeper

Metode

Meng al die bestanddele om ’n pasta te vorm.

Plaas die smeer en die vlerkies in ’n plastieksakke en maak seker al die hoender is goed bedek.

Plaas vir 8 uur of oornag in die koelkas.

Steek ’n sosatiestokkie deur elke vlerkie, as jy wil.

Braai oor matige kole tot gaar en smeer die oorblywende pasta oor die sosaties ’n paar minute voor hulle van die kole afkom.

Mieliebrood

Louis en Natalie 2

Bestanddele

1 k mieliemeel (ons het polenta gebruik, want dit is mooi geel)

1 k koekmeel

¼ k suiker

½ t bakpoeier

½ t koeksoda

½ t sout

1 eier

¾ k karringmelk

1 blikkie geroomde mielies

¼ k gesmelte botter

Metode

Sif al die droë bestanddele in ’n mengbak.

Meng al die nat bestanddele in ’n mengbak.

Roer die nat bestanddele by die droë bestanddele in.

Gooi die beslag in ’n potjie (vir die vuur) of ’n broodpan (vir die oond).

Bak 30-40 min. oor warm kole of by 180 °C.