Wel, hier is jou kans.

Eerste Liefde is ’n nuwe reeks op VIA wat in Oktober uitgesaai word. Die kanaal is op soek na deelnemers om hulle te help om die program te maak.

’n Mens se eerste liefde is ’n belangrike draaipunt in jou lewe omdat dit ’n inleiding gee tot volwassenheid, die eerste dans met ’n ander en die begin van ’n reis na die onbekende.

Deur terug te kyk na jou eerste liefde en hoe dit ontvou het, leer ’n mens miskien iets oor verwagtings, ambisie, teleurstelling, persoonlike groei, vergifnis en wat menslike verhoudings beteken.

Dit is ’n emosionele huldeblyk aan kinderlike onskuld en die grasie om elke dag met moed en ’n positiewe gesindheid nuwe liefde te kweek uit daardie saadjie van jou eerste liefde.

Wil jy weer jou eerste liefde sien of weet jy van iemand wat ’n interessante storie het oor hul eerste liefde om te vertel? Kontak ons by Jan by 083-601-2022, Hendrien by 078-014-1760 en Estelle by 082-557-4818.