Indien wel, is hierdie video beslis iets waarna jy moet kyk!

Cat van der Merwe van Movado wys in hierdie video hoe om nie te sokkie nie.

As jy nog altyd gewonder het oor die moets en moenies van sokkie is dit die gulde geleentheid om jouself op te voed.

Die eindresultaat – nogal snaaks!

Cat heg egter lesse aan oor hoe jy wel moet sokkie; dus sal jy in in 'n japtrap die dans kan baas raak.

Op jou merke, gereed, sokkie!

Kyk hier na Cat se video:

Cat het die video gedeel vir VIA (DStv-kanaal 147) se projek Wat Maak Jy? (WMJ).

  • VIA soek Afrikaanse videomakers en vloggers! Met Wat maak jy? (WMJ) nooi VIA mense uit om hul unieke talente, perspektiewe, oomblikke en stokperdjies te deel. Die VIA-span se gunstelingvideo kan elke week R5 000 wen vanaf Augustus tot en met die einde van Oktober 2017. Om in te skryf, hoef jy net ’n kort video in Afrikaans te maak, dit op YouTube, Facebook of Instagram te laai met die hutsmerke #VIATV en #VIAWMJ. Stuur dan ook ’n skakel van die video na info@viatv.co.za.