In dié werklikheidsreeks beplan ’n vasbeslote vrou wat moeg gewag is vir ’n trou-aanbod stil-stil binne drie dae ’n blitstroue saam met die troubeplanners Margaux en Sunelle van den Berg. Dan vra sy haar kêrel om te trou – en dit terwyl die gaste reeds regsit vir die onthaal!

In dié week se episode skraap Mitcheline Swanepoel (25), ’n persoonlike assistent van Johannesburg, genoeg moed bymekaar om haar kêrel van meer as vyf jaar, Dolf Clark (27), te vra: Kom ons trou nou?

Sommige meisies is bereid om die kans te waag om te kry wat hulle wil hê, en Mitcheline wou nie meer wag nie. Sy is oorgehaal om mev. Clark te word. Die enigste probleem is, Dolf het haar nog nie gevra om te trou nie, en met ’n stil man soos hy, weet ’n mens nie hoe hy gaan reageer nie. Hy kies dalk die hasepad wanneer sy hom die groot vraag vra!

Dolf dink dis op ’n vasvraprogram vir paartjies, maar Mitcheline het ander planne. Haar senuwees ry wipplank. Sal sy Dolf eindelik die jawoord kan vra? En belangriker: Sal hy ja sê? Skakel vanaand in om te sien!

  • Skakel elke Donderdag om 20:30 in vir nuwe episodes van Kom Ons Trou, Nou! op VIA (DStv-kanaal 147).