ALBERT EN LYDIA

Albert en Lydia

PITTEPAP en TAMATIESMOOR 
Bestanddele

growwe meel
kookwater
1 blikkie pitmielies

Metode

Plaas die meel en kookwater in ’n pot. Voeg die blikkie pitmielies by en meng die bestanddele goed deur. Maak die pap op die stoof gaar en laat die pot dan vir een uur liggies prut oor die kole. Sorg dat die pap nie aanbrand nie.

GEMMERPATATS
Bestanddele 

soetpatat
gemmerkoekies, fyn gekrummel
1 koppie botter
bruinsuiker
gemmerkoekies

Metode 

Sny die soetpatats in blokkies en voeg die gemmerkoekiekrummels by. Plaas ’n laag koekies en ’n laag patats bo-op mekaar.
Maak 1 koppie botter warm en giet oor. Strooi die bruinsuiker oor (afhangend van hoe soet jy dit verkies, kan jy strooi soveel jy wil).
Plaas nog ’n laag gemmerkoekiekrummels by. Voeg die res van die warm botter by en strooi nog suiker bo-oor. 
Bak 1 uur in die oond by 180 °C. 

Albert en Lydia se kos.

TUISGEMAAKTE VLA (outydse manier)
Bestanddele 

1 L melk
4-5 eetlepels vlapoeier
5 ml vanieljegeursel

Metode

Meng al die bestanddele goed. Roer heeltyd om te verhoed dat dit vasbrand. 

SAGOPOEDING
Bestanddele

1 kaneelstokkie
1 L melk
1 koppie sago
2 eiers
5 eetlepels appelkooskonfyt
fyn klapper, soos verlang

Metode 

Kook die kaneelstokkie en melk saam. 
Haal die kaneelstokkie uit die melk, voeg die sago by en kook tot die sago deurskynend is.
Voeg die eiers by en roer goed deur. Voeg dan vyf eetlepels appelkooskonfyt by en besprinkel met die fyn klapper.
Plaas die deksel op, sit die pot op die rooster oor die kole en bak die poeding ongeveer 25 min.

BROOD MET ’N KINKEL
Bestanddele

winkeldeeg
1 koppie strooisuiker
1 koppie vars room
karamel

Metode

Rol die deeg plat en strooi die suiker oor. Rol die deeg op en sny in skywe van omtrent 5 cm. Laat dit regop staan in ’n swartboompot. Laat 1 uur rys. Wanneer die brood tot bo gerys het, giet 300-500 ml vars room oor. Bak 1 uur in die oond of op die vuur.
Wanneer dit gaar is, keer die brood om in ’n groot bord. Sit voor saam met die karamel.
(Jy kan die brood voorsit saam met jou hoofgereg of jy kan met roomys en vla as nagereg voorsit.)

HENRY & SIMONÈ BROWN

Henry en Simone

Surf & turf-sosatie met ’n eksotiese sous
Bestanddele

12 garnale (geskil en derm verwyder)
spek
brandrissie, in blokkies gekap
sampioene, in helfte gesny
sout en peper
avokadopeer, in kwarte gesny
Eksotiese sous
Bestanddele
¾ koppie asyn
1 eetlepel tamatiesous
¾ koppie suiker
2 groot eetlepels worcestersous
¼ koppie suurlemoensap

Metode

Ryg die garnale, spek, rissie en sampioene aan ’n sosatiestokkie. 
Geur met die sout en peper.
Braai 10-15 min. oor matige kole tot die garnale wit en die spek gebraai is.
Plaas al die sousbestanddele in ’n pan oor matige hitte tot dit ’n stroop vorm. Laat die sous afkoel en effens verdik.
Sit die sosaties voor saam met die eksotiese sous.


Doppies souse vir vleis 
(verskillende drankies as basis)

Kaassous (port en schnapps)
Bestanddele

¾ koppie port
4 groot eetlepels Maizena
3 koppies gerasperde cheddarkaas

Metode

Op warm kole in klein koffie- of konfytblik: Laat die port oor warm kole afkook tot ? oorbly. Meng die kaassous met die Maizena en giet in die portblik. Plaas terug op die kole en voeg die kaas by, ’n hand vol op ’n slag, en roer tot die sous romerig is. Hou aan verhit om die tekstuur te behou.

Bloukaas-roket-rooiwynsous 
Bestanddele 

1 rooi-ui
1 hand vol vars roket
3 groot eetlepels rooiwyn
¼ koppie romerige bloukaas

Metode

Braai die ui en roket en maak fyn. 
Giet die rooiwyn in ’n blik op matige kole.
Meng die bloukaas met alles in die blik en roer tot souserig.

Gekaramelliseerde uie en whisky
Bestanddele

1 groot eetlepel heuning
1 groot eetlepel whisky
2 koppies gekaramelliseerde uie 

Metode

Voeg die heuning en whisky in ’n blik op matige kole. 
Voeg die gekaramelliseerde uie by en roer. 

Henry en Simone se kos.

Mielie met persoonlikheid 
Bestanddele

mielies
botter
sout
1 knoffelhuisie, fyn gekap 
2 tot 3 eetlepels brandrissiesvlokkies 

Metode

Kook die mielies sag in water met die botter en sout. 
Smelt ½ koppie botter. Meng met die knoffel.
Voeg die brandrissievlokkies by. Plaas die mielies op warm kole en verf herhaaldelik met die sous tot die mielies gaar is. 

Pers-en-wit slaai
Bestanddele 

2 koppies vars bloubessies
2 eetlepels whisky
8 bete
3 eetlepels karamelsuiker
2 swartpeper-fetawiele

Metode

Laat die bloubessies vir twee dae in die whisky lê.
Kook die bete sag, skil en sny in blokkies. Hou die beet eenkant.
Giet die whisky in ’n aparte bak of glas en spek dan die bloubessies in ’n pan. Giet die whisky en karamelsuiker bo-op die bloubessies. Kook oor die kole tot die suiker gesmelt en al die bestanddele goed deurgemeng is.
Haal af en sit voor saam met die beet, met fetawiele bo-oor gekrummel.

Boordvrugte wat snap, crackle en pop
Bestanddele 

4 appels, geskil en stronk verwyder
4 pere, geskil en stronk verwyder
1 koppie versiersuiker
1 koppie bosbessies
1 teelepel kaneel
6 koppies Rice Krispies 
3 eetlepels botter

Metode

Draai die appels en pere in tinfoelie toe en plaas vir 30 min. direk op kole.
Haal die vrugte van die kole af, maak die tinfoelie-pakkie oop en meng die suiker, bessies en kaneel by.
Maak die tinfoelie-pakkie weer toe en plaas weer op die kole tot die suiker gesmelt is.
Haal van die kole af.
Skep die vrugte in ’n braaivaste tertbak. 
Pak die Rice Krispies gemeng met die botter bo-op die vrugte en plaas terug op die kole op ’n rooster. Bak vir 5 min. Tot die snap, crackle en pop gebeur. Sit voor saam met roomys. 

PIET & SUZANNE GREEFF 

Piet en Suzanne

Hoender-Tulbagh
Bestanddele

6 hoenderdye (met of sonder vel)
1 teelepel suurlemoensap
hoenderspeserye na smaak
peri-peri-speserye na smaak
sout en peper na smaak
150 g boerenkaas
12 klein pikantrissies
koekmeel
1 baksel brooddeeg (klaargemaakte deeg)
botter (om broodpan te smeer)
1 groot ui

Metode

Ontbeen die hoenderdye en sny in repies. Plaas in ’n mengbak en voeg die suurlemoensap en speserye by na smaak. Sny die kaas in repies en kerf die pikantrissies in blokkies. Strooi die koekmeel op ’n werkoppervlak en druk die deeg plat (±A4-grootte en 10 mm dik). Pak die hoenderrepies, kaas en pikantrissies eweredig op die deeg. Smeer ’n broodpan met die botter. Rol die deeg op en plaas in die broodpan. Smeer die botter bo-oor die deeg. Sny die ui in dik skywe en strooi oor die deeg. Bak 1 uur by 180 °C.

Kerrie-piesangslaai
Bestanddele

1 groot ui
1 eetlepel olyfolie
2 teelepels matige kerrie (kan sterker kerrie byvoeg na smaak)
½ teelepel borrie
6 groot piesangs
1 teelepel suurlemoensap
1 eetlepel mayonnaise
3-4 eetlepels kondensmelk

Metode

Sny die ui in die helfte en dan in dun skywe. Plaas in ’n braaipan en braai in die olie. Voeg die kerrie en borrie by en braai tot gaar. Voeg ’n bietjie water by indien nodig. Die beslag moet gaar en klam wees.
Sny die piesangs in skywe en plaas in ’n slaaibak. Giet suurlemoensap oor die piesangs en meng. Voeg die mayonnaise, kondensmelk en lou kerrie-uiemengsel by. Meng en laat in die yskas verkoel.

Piet en Suzanne se kos.

KLAPPERPOEDING
Bestanddele

125 g botter
200 g (250 ml) witsuiker
250 ml water
3 eiers
140 g (250 ml) ongesif afgemeet – koekmeelblom
15 ml bakpoeier
knippie sout
160 g (500 ml) klapper
STROOP:
Bestanddele
200 g (250 ml) witsuiker
250 ml water

Metode

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer of bespuit ’n oondbak van ongeveer 25 x 18 x 3 cm met kossproei. Klits die botter, suiker, water en eiers saam. Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Voeg die klapper by en meng. Meng die botter en meelmengsel saam. Giet in die oondvaste bak. Bak ongeveer 30 min. tot goudbruin.

Stroop:

Kook die suiker en water 5 min. saam. Giet oor die warm poeding net nadat dit uit die oond kom. Sit louwarm voor.

My Heavy se Sampioensous
Bestanddele

1 groot ui
250 g knopiesampioene
2 eetlepels olyfolie
250 ml room
250 ml volroommelk
1 pakkie roomsampioensop
1 teelepel fyngedrukte knoffel
sout en peper na smaak

Metode

Kap die ui fyn. Kap die sampioene in baie dun skywe. Voeg die olie en uie in ’n pan en sorteer oor matige hitte tot sag. Voeg die sampioene by en sorteer tot sag. In ’n maatbeker, meng die room, melk en sop en meng goed deur. Kombineer die mengsel in die maatbeker, die gebraaide uie en sampioene saam in ’n pot en draai die plaat af na ’n lae hitte. Roer deur en voeg die knoffel by. Voeg die sout en peper by na smaak. Prut stadig 25 min. As die sous te dik is, kan ’n bietjie water bygevoeg word om die sous te verdun.