Hermie en Fanus

Hermie en Fanus

Sappige sosaties
Bestanddele

beesvleissosaties
twee uie, opgesny 
kerrie en borrie
droëvrugte 

Metode 

Haal die beesvleisstukkies van die sosatiestokkies af. Maak ’n smoortjie deur die uie in kerrie en borrie te braai. Marineer die vleis oornag in die smoortjie.
Ryg die vleis en droëvrugte om die beurt aan die sosatiestokkies en braai tot gaar. 

Aartappelslaai
Bestanddele 

aartappels, in stukkies gesny en sag gekook
agurkies, gesny
mayonnaise
speserye van jou keuse
melk
sout en peper

Metode 

Meng al die bestanddele in ’n bak. 

Hermie en Fanus se kos.

Wortelslaai
Bestanddele

wortels, gerasper
pynappels, geskil en in stukkies gesny
perskesap vir die sous

Metode 

Meng al die bestanddele en sit voor.

Tuisgemaakte roomys met pepermentsjokoladesous
Bestanddele

1 blikkie Ideal-kondensmelk 
1 blikkie room
donkersjokolade
pepermentkrummels

Metode 

Maak jou eie roomys deur die Ideal-kondensmelk met die blikkie room te meng en oornag in die yskas te laat staan.
Smelt die sjokolade in ’n pot oor die kole en besprinkel met pepermentkrummels. 
Bedruip die tuisgemaakte roomys in die sjokolade-en-pepermentsous.


Johan en Renette

Johan en Renette

Vulkaniese aartappel
Bestanddele 

6 middelslagaartappels 
2 koppies gerasperde kaas
1 bakkie aartappelskyfie-dip (of roomkaas), balsemieke-asyn-en-uie-geur
sout en peper
basilieblare
botter
olyfolie
12 repies spek
1 koppie suurroom
fyn gekapte grasuie 

Johan en Renette se kos.

Metode 

1. Kook aartappels so 20 min. tot sag maar nie gebars nie.
2. Meng die gerasperde kaas met die dip (of roomkaas), sout, peper en basilie.
3. Sny ’n aartappel aan die onderkant plat sodat hy regop kan staan.
4. Sny die bokant af op en hol die aartappel uit (sover moontlik, maar nie tot heeltemal teen die vel nie).
5. Smeer die binnekant van die aartappel met botter.
6. Vul die aartappel met die kaasvulsel.
7. Smeer die buitekant met olyfolie.
8. Steek die spek repies om die aartappel vas.
9. Draai toe in tinfoelie.
10.Laat 45-60 min. braai (tot die kaas gesmelt is).
11.Sodra dit reg is om te eet, giet die suurroom en grasuie bo-oor en geniet.

Tony en Anandi

Tony en Anandi

Hoender met spek
Bestanddele

hoender
steak-knoffelmarinade
spek

Metode

Marineer die hoender in steak-knoffelmarinade.
Braai die hoender tot dit amper gaar is en haal dit dan van die braai af.
Draai die hoender in spek toe en braai tot die spek bros is.

Lamtjoppie-marinade
Bestanddele

blatjang
sap van een suurlemoen
worcestersous

Metode

Meng al die bestanddele deeglik.
Bedruip die lamtjoppies in die marinade en laat dit oornag in die yskas rus.

Tony en Anandi kos.

Braaibroodrolletjies
Bestanddele

broodrolletjies
knoffelbotter
peppadews
feta
Gouda

Metode

Sny die broodrolletjies oop en smeer met knoffelbotter.
Pak die rolletjies vol met peppadew en kaas.
Draai die rolletjies toe in tinfoelie en braai oor die kole tot gereed.

Sjokoladepoeding met sous
Bestanddele

Poeding
1 eier
3 eetlepels botter, gesmelt
½ koppie melk
½ eetlepel vanieljegeursel
1 eetlepel kakao
knippie sout
1 koppie selfrysmeel
½ koppie suiker
1 blok lemoen-donkersjokolade, gekap
Sous
1 ½ koppie bruinsuiker
2 eetlepels kakao
1 ½ koppie kookwater

Metode

Poeding In die pot, klits die eier, botter, melk en vanieljegeursel saam. Meng die kakao, sout, meel, suiker en gekapte sjokolade alles deeglik.
Sous Giet alles saam in ’n pot en roer tot die suiker opgelos is. 
Giet die sous versigtig oor die mengsel 

Save