Anita en Peter

Anita en Peter

UITLANDER HOENDER
Bestanddele:

1 bottel goeie droë witwyn 
250 ml soya sous
250 ml saadolie
goeie hoeveelheid vars gemmer
ongeveer 4 knoffelhuisies
droë rissie, gekap
een groot spithoender

Metode:

Kombineer al die bestanddele en laat dit marineer oornag in ’n plastieksak.
Braai sowat 90 min. baie stadig na gelang van hoe groot die hoender is.

PEPER FILET
Bestanddele:
in stamper en vysel maal:

in stamper en vysel maal:
3 e groen Madagaskar peperkorrels
2 e heel swartpeper korrels
1 t heel koljander sade

Metode:

Meng bogenoemde met 3 e saadolie
Gooi alles in ’n plastieksak met die heel gilet en druk die lug uit.
Marineer 3 uur. 
Braai die filet tot halfrou.
Meng vars, fyngekapte pietersielie, roosmaryn, tiemie en een knoffelhuisie met olyfolie en sprinkel oor die vleis net voor opdiening. 

Anita en Peter se kos

PLAASSLAAI
Bestanddele:

vars tuin slaaiblare, onder andere vars roket. 
grasuie
avokado
olywe 
7 dew bells, opgesny
feta 
geroosterde pampoenpitte
1 suurlemoen
1 e goeie olyfolie
Japanese mayonnaise

Metode:

Pak die slaai uit in die bak en druk die suurlemoensap uit oor die slaai. Sprinkel die olyfolie oor. 
Drup die sous van die dew bells oor die slaai. Strooi nou die pampoenpitte oor en laaste gooi mayonnaise oor die slaai.

Soetgereg

Bak ’n potbrood twee dae voor die soetgereg gemaak word.

Bestanddele

500 ml pere, gedreineer
Klits die volgende saam tot gemeng:
4 eiers, 1 koppie melk, 1 koppie suiker
Sny die korse af van die potbrood en sny in vingers.
Smeer ’n swart pot met botter en sit klontjies op die botter.
Pak broodvingers op bodem en gooi van die eiermengsel oor die vingers.
Plaas klein klontjies botter hier en daar.
Pak nog ‘n lag vingers met die eiermengsel bo-oor.
Pak die ingelegde pere en strooi fyngemaalde naeltjies, steranys en kaneel oor die pere.
Drup heuning oor die pere, nie te veel nie.
Plaas nog twee lae vingers gevolg deur die eiermengsel en versprei die botter. As daar te min eiermengsel is, maak nog aan.
Bak 45 min. op die vuur. Sit voor saam met warm vla en strooi ’n paar ingelegde hanepootdruiwe in witblits oor die soetgereg net voor opdiening.

Geroomde aartappels

Bestanddele

4-6 groot aartappels in skywe gesny
1 ui, fyngekap
2  seldery-stingels, fyn gesny
bondel vars salie, fyngekap
250 g spek, fyn gesny
250 ml Room
1 koppie goeie droë witwyn
1 pakkie wituiesop
1 houer feta kaas
Soteer die uie, seldery, salie en spek.
Plaas ’n bietjie olie onder in ’n swaarbodemkastrol en plaas ’n lagie aartappels, gevolg deur die uiemengsel in die kastrol. Krummel die feta daarna oor die uiemengsel. Plaas nog twee lae in die kastrol. Meng die witwyn, soppoeier en die room saam en giet oor die aartappelgereg. Bak ’n uur oor die kole.

Maurice en Caylah

Caylah en Maurice

Franse broodrol
(Lewer een brood)
Bestanddele

1 Franse brood
3 repe spek, gekap en gebraai
1 houer (230 g) roomkaas, spekgeur
45 ml vars gekapte pietersielie
10 ml knoffel, gkneus

Metode

Maak snye in die brood sowat 2 cm uitmekaar, maar moenie regdeur sny nie.
Meng die spek, roomkaas, pietersielie en knoffel tot ’n pasta.
Smeer dit dik in die kepe.
Draai die brood in foelie toe en rooster dit op matige kole tot bros en bruin. Sorg ook dat die roomkaasvulsel lekker gesmelt is.

Biltong-aartappelslaai
Bestanddele

6-8 groot aartappels
250 g gekerfde biltong
2 fyn gekapte uie
15 ml pietersielie

Sous

375 ml mayonnaise
125 ml gewone jogurt
125 ml kondensmelk
sout na smaak

Metode

Meng alle sousbestanddele en gooi by die aartappels.

Caylah en Maurice se kos.

Soetgereg
Bestanddele 

3-4 suikerhorinkies  
1 pak pienk en wit malvalekkers
sjokoladestukkies
sjokoladesous
kruisementblare
Ekstra: Foelie

Metode

Sit een malvalekker onderin elke cone, sjokoladestukkies, nog ’n malvalekker en dan weer sjokoladestukkies. Draai dit in foelie toe en sit op die kole vir 10-15 min. tot al die bestanddele gesmelt is. 
Sit voor saam met sjokoladesous en kruisementblare.

Varkribbetjies

1,25 kg varkribbetjies
1½ t gemmer, gerasper
2 e sojasous
? k (80 ml) light bier
soetrissiesous
sout na smaak
swartpeper na smaak

Metode

Sit die soetrissiesous, gemmer en sojasous in ’n groot niemetaalbak. Voeg die bier, sout en gemaalde swartpeper by. Roer goed.
Marineer die ribbetjies eweredig. Bedek en sit in die yskas vir 3 uur of oornag.
Dreineer die ribbetjies van die marinade en hou die sous eenkant.
Braai die ribbetjies 8-10 min. aan elke kant tot gaar. Marineer die ribbetjies terwyl jy dit braai. Bedien met ’n slaai.

Petro en Peter

Petro en Peter

Vleis
Bestanddele

2 wortels
2 uie
10 peper korrels
3 lourier blare
2 hoender aftreksel blokkies per 1 kg vleis, opgelos in kookwater

Petro en Peter se kos.

Metode

Voeg al die bestanddele en vleis in die pot. 
Bedek met kookwater. 
Laat dit ’n uur en ’n half prut. So nie kan dit ook ’n halfuur in ’n stoompot prut.
Haal vleis uit, verwyder die vel óf sny diamantvorms in die vel.
Sit die vleis terug in vloeistof en laat afkoel. 
Wanneer die vleis heeltemal afgekoel het, sit op kole en verf met braaisous.