Marcelle en André

Andre en Marcelle

Warmsjokoladepoeding
Bestanddele

175 g koekmeel
60 g kakaopoeier (½ koppie)
5 ml (1 t) koeksoda 
1,25 ml (¼ t) bakpoeier 
2,5 ml (½ t) sout 
60 g botter
300 g suiker
3 eiers
5 ml (1 t) vanieljegeursel 
125 ml (½ k) karringmelk
125 ml (½ k) sterk koffie 

Sjokolade-ganache
Bestanddele

375 ml (1½ k) room 
350 g neutsjokolade
100 g donkersjokolade 

Metode

In ’n bak, sif die meel, kakaopoeier, koeksoda, bakpoeier en sout saam. 
In ’n aparte bak, room die suiker en die botter. Voeg daarna die eiers een-een by. Sorg dat elkeen goed deurgemeng is om te verhoed dat dit skif. Voeg dan die vanieljegeursel by.
In ’n aparte bak, meng die karringmelk en die koffie saam. 
Laastens: Voeg die meelmengsel en die karringmelkmengsel by die botter-en-suikermengsel. Vou dit in en maak seker alles is deurgemeng. 
Bespuit klein potjies met kossproei. Sit sowat twee eetlepels van die mengsel in elke potjie. 
Bak dit op ’n stadige hitte met die deksels op in ’n braaioondjie. 
Bak 20 tot 30 min. 
Haal van kole af en gooi warm ganache-sous oor.
Sit voor saam met room of roomys.

Metode vir die sjokolade-ganache

Verhit die room tot net voor kookpunt. 
Haal van die hitte af en voeg sjokoladeblokkies by. Laat staan tot gesmelt en roer dan tot al die sjokolade heeltemal gesmelt is en die sous lekker glad is. 

Soetpatatrol
Bestanddele

1 kg patat 
melasse-suiker
stroop 
botter 
500 ml room 
kaneel 
sout 
1 rol skilferdeeg

Metode

Skil en sny die patat in skywe. 
Sit in die pot met 60 ml (¼ k) water en 125 ml (½ k) botter. Voeg ook dadelik 60 ml (¼ k) stroop en 60 ml (¼ k) melassesuiker by. Voeg kaneel en suiker by vir smaak. 
Prut op baie lae hitte tot bruin en so bietjie taai. 
Wanneer die patat reg is, maak dit fyn en laat dit heeltemal afkoel. 
Rol die skilferdeeg uit en smeer die afgekoelde patat eweredig oor die deeg. 
Rol dan soos ’n Switserse rolletjie op en plaas vir sowat 30 min. in vrieskas. 
Haal die rol uit en sny dit in skywe soos jy ’n Switserse rol sou sny. Plaas die rolletjies plat in ’n bak. Maak seker daar is genoeg spasie tussen die rolle. 
Gooi die room oor.
Sit dan so bietjie melassesuiker op elke rolletjie asook ’n bietjie in die room tussen die rolletjies. 
Bak 40 min. oor ’n matige hitte op die kole. 

Andre en Marcelle

Broodjies 
Bestanddele

winkeldeeg
aartappelgebakpoeier
room 
cheddar 

Metode

Smeer die bak. 
Maak klein rolletjies en plaas in ’n bak. 
Meng die room en aartappelgebakpoeier en gooi oor die rolletjies.
Sprinkel die cheddar oor. 
Bak sowat 30 min. op die kole. 

Slaai 
Bestanddele

komkommer 
Deense feta 
gedroogde, gekaramelliseerde uie 
rooi, geel en oranje soetrissies 
gemengde blaarslaai met roket 
kersietamaties 
wortel en beet, gerasper 

Slaaisous
Bestanddele 

Bestanddele 
mayonnaise 
asyn 
olyfolie 
knoffel-en-kruie-speserye
stroop 

Filet-"medallions"

heel filet 
worcestersous 
braaispeserye 
olyfolie 
roosmaryn 
roomkaas 

Metode

Geur die filet met die braaispeserye en die worcestersous. Voeg olyfolie by en smeer dit mooi in. 
Plaas die filet op die kleefplastiek en sit stukke roosmaryn daarop. 
Draai die filet baie styf met die kleefplastiek toe.
Knoop albei kante en los oornag in die koelkas. 
Haal dit uit die koelkas en sny in medallion. 
Haal dan die plastiek af en sny in klein sakkies in die middel en stop met roomkaas. 
Braai oor baie warm kole.

BERNICE EN BARRY

Barry en Bernise

Filet-oor-die-kole met drie souse
Bestanddele

1,5-2 kg beesfilet, vou die dun kant dubbel en maak met ’n tou vas
60 ml (4 e) olyfolie
15 ml (1 e) knoffelpeper-speserye
15 ml (1 e) beesaftrekselpoeier

Metode

Vryf die filet met olyfolie in. Meng die speserye en aftreksel saam en sprinkel dit dan oor die vleis. Smeer dit goed by die vleis in. Laat die vleis sowat ’n uur by kamertemperatuur rus.
Verbruin die vleis in ’n pot aan alle kant oor opgehoopte kole. Draai met ’n braaitang en moenie die deksel opsit nie. Sodra die vleis heeltemal bruin gebraai is, skuif dit na die koeler kant van die braai en plaas “smoke chips” aan die warm kant van die braai, bo-op die rooster.
Maak die deksel toe en maak die lugopening ? oop en posisioneer dit so dat die lugopening aan die teenoorgestelde kant van die rook is sodat die rook na die vleis getrek word.
Werk die kooktyd hiervolgens uit: 15 minute per 500 g. Ons glo die beste metode is om ’n vleistermometer in die dikste deel van die vleis te druk sodra die vleis driekwart gekook is. Mediumgaar sal ’n temperatuur van 70-71 °C aandui.
LW: Moenie die deksel te veel oopmaak nie, anders sal jy rook verloor.

Pepersous

Braai gemaalde swartpeper in botter en voeg meel by. Kook die roux en roer ’n bietjie room in. Verhit voor jy dit voorsit.

Sampioensous

Braai knoffel, ui, sampioene in botter en voeg meel by om ’n roux te maak. Verdun dit met so bietjie room en verhit voor jy bedien.

Kruiderysous (‘Monkey gland’)

1 groot ui, fyn gekap
4 knoffelhuisies, fyn gekap
15 ml (1 e) vars gemmer, gerasper
45-60 ml (3-4 e) olie
125 ml (½ k) blatjang
125 ml (½ k) tamatiepuree
15 ml (1 e) sojasous
30 ml (2 e) mosterd
30 ml (2 e) worcestersous
45 ml (3 e) tamatiesous
25 ml (5 e) port of muskadel
80 ml (? k) hoenderaftreksel
30 ml (2 e) rooiwyn
sout
swartpeper

Metode

Braai die uie, knoffel en gemmer in die olie tot die uie deursigtig is.
Voeg die res van die bestanddele by en kook 7-10 min. oor hoë hitte. Roer gereeld.
Proe vir geur. Jy kan ½ t suiker, genoeg sout en swartpeper byvoeg, indien nodig.
Hierdie sous kan warm of koud voorgesit word saam met enige steak.

Barry en Bernice kos

Baba-aartappels-in-’n-pot
Bestanddele

1 kg baba-aartappels
1 salotui
4-5 knoffelhuisies, fyn gerasper
1 teelepel sout
1 ml (¼ t) vars gemaalde swartpeper
1 ml (¼ t) droë dille
1 ml (¼ t) droë tiemie
droë basilie
45 ml (3 e) olyfolie

Metode

Voeg al die bestanddele in ’n groot bak en meng goed deur.
Skep die mengsel in ’n potjie oor die kole en roer elke 10 tot 15 minute tot die aartappels sag en bruin is.

Gebakte groente
Bestanddele

1 sakkie vars groente
1 bakkie room
1 pakkie wit-uiesoppoeier
kaas van jou keuse vir garnering
Plaas die groente in ’n pot. Meng die room en soppoeier en giet dit oor die groente. Bak tot gaar en besprinkel dan met kaas. Laat die kaas smelt. Sit voor.

Nagereg “braai pie”
Bestanddele

2 rolle skilferdeeg
½ blikkie karamel
½ geblikte pere
hand vol pekanneute, fyn gemaal

Metode

Ontvries die deeg en rol die eerste een op die rooster uit. Wenk: Moet dit nie te lank in die mikrogolf ontdooi nie. Smeer olyfolie aan die rooster voor jy die deeg opsit.
Smeer met karamel oor die deeg.
Plaas ’n dun laag peerskywe bo-op die karamel.
Sprinkel die pekanneute oor die pere.
Bedek met die tweede laag skilferdeeg en seël asof jy ’n pastei maak. 
Plaas dit op hoë hitte oor die kole en draai konstant tot goudbruin. Dis nie ’n steak dié nie; draai dus liewer te veel as te min kere om.

Henry & Adele

Henry en Adele


Steak
Bestanddele

steak van jou keuse
rooiwyn
olyfolie
braaisout

Metode

Marineer die steak oornag in rooiwyn. Draai af en toe om.
Net voor dit op die kole gaan, giet olyfolie oor. Maak seker die kole is bloedig warm as jy dit wil braai oor die vlamme. Jy hoef net gewone braaisout oor te gooi vir smaak.

Sosaties

Bestanddele

sampioene
soetrissies
kersietamaties
murgpampoentjies
olyfolie
roosmaryn
braaisout

Metode

Maak die sosaties so kleurryk moontlik. Giet olyfolie en vars roosmaryn oor. Sit op lae hitte en sprinkel ’n bietjie braaisout oor. 

Braaipizza
Bestanddele

2 pizzabasisse
tamatie
uie
kaas
blatjang of appelkooskonfyt
tamatie-en-basiliesous
cheddar en mozzarella

Metode

Smeer die tamatie-en-basiliesous op die basisse en gooi ’n bietjie blatjang of appelkooskonfyt by. Sit tamaties en uie op en dan ook baie kaas. Geur met sout soos verlang. 
Braai oor lae hitte. Die pizza moet regdeur warm wees en die kaas gesmelt het. 

Henry en Adele

Aartappel-en-uie-pot
Bestanddele

olyfolie
baba-aartappels, geskil
klein uie, geskil

Metode

Verhit olie in ’n pot. Gooi die uie eerste in en voeg dan die aartappels by. Voeg sout en enige kruie by wat jy byderhand het. Roer gereeld. Wanneer die ui soos ’n gesmoorde ui lyk en die aartappels gaar is, is die pot gereed. 

Avo-en-neutslaai
Bestanddele

avokado’s
neute
kersietamaties
blaarslaai
feta
komkommer
soetrissies

Metode

Sny alles op en meng als goed deur in ’n slaaibak.

Poeding 
Bestanddele

125 ml (½ k) wit suiker
1 eier
25 ml (1½ e) appelkooskonfyt of gouestroop
250 ml (1 k) koekmeel
5 ml (1 t) bakpoeier
’n knippie sout
5 ml (1 t) koeksoda
250 ml (1 k) melk

Stroop

¼ koppie botter
1 koppie suiker
½ koppie kookwater
1 koppie Amarula
’n knippie sout

Metode

Poeding

Klits die eiers en suiker saam met ’n klitser (“whisk”) tot liggeel en romerig. Voeg die konfyt, bakpoeier, meel en sout by en roer tot gemeng. Gooi die melk by, sprinkel die koeksoda oor en klits alles vinnig saam. Gooi in ’n klein swart pot, sit die deksel op en sit op matige kole. Stapel ook kole op die deksel. Bak sowat ’n uur tot goudbruin en ’n skerp mes skoon uit die middel kom.

Stroop

Smelt die botter in ’n pot oor die vuur en roer dan al die ander bestanddele by. Maak deurwarm, maar moenie kook nie. Gooi stadig oor die poeding en laat dit intrek. Sit voor saam met klaargemaakte vla of geklopte room.