Jan en Elna

Snoek met ’n sousie

Bestanddele

2 e botter
1 knoffelhuisie, fyn gekap of gerasper
mayonnaise na smaak
sap van 1 suurlemoen
1 snoek

Metode

Smelt die botter in ’n pot oor ’n matige hitte en voeg dan die knoffel by. 
Voeg die mayonnaise en die sap by en roer goed deur.
Plaas die vis op ’n rooster wat met foelie oorgetrek is. Vorm die foelie so dat dit ’n bakkie op die rooster maak.
Bedruip die vis mildelik met die sous en plaas die rooster op die kole.
Braai die vis ongeveer 20-25 min. of tot so gaar soos verkies.

Slaai

Bestanddele

babaspinasie, roketblare en blaarslaai
komkommer, in skywe gesny
tamaties, in skywe gesny
wit- en rooi-uie, gekap
geel, rooi en groen soetrissies, gekap
feta, gekrummel
olywe
pikantrissies
sade
slaaisous

Metode

Meng al die bestanddele in ’n slaaibak en sit voor.

Gebraaide sampioene

Bestanddele

portobello-sampioene
wit- en rooi-uie, fyn gekap
cheddar, gerasper
gouda, gerasper
Metode
Vul die sampioene met die uie en kaas.
Draai die sampioene in foelie toe en laat rus 15-20 min. op die rooster. 

Roosterkoek

Bestanddele

winkeldeeg
kaas van jou keuse, gerasper
botter
appelkooskonfyt
Metode
Maak balletjies met die deeg en braai 15-20 min. op die rooster.
Sit voor met die kaas, botter en appelkooskonfyt.

Gevulde roomyshorings

Bestanddele

roomyshorings
malvalekkers
sjokoladestukkies
Nutella
roomys van jou keuse

Metode

Vul die horings met die malvalekkers, sjokoladestukkies en Nutella. Draai die horings in foelie toe en braai ongeveer 10-15 min. of tot alles gesmelt is.
Sit voor saam met die roomys


Kim en Alphonso

Skaapstertjies

Bestanddele

worcestersous
olyfolie
swartpeper
suurlemoensap
gemaalde koljander
rissievlokkies
mosterd
growwe sout
skaapstertjies
Metode
Meng alles in ’n pot en kook die skaapstertjies 1 uur daarin.
Verwyder die pot van die hitte en pak die skaapstertjies op die rooster.
Bedruip met die sous terwyl jy dit blitsig braai.

Filet

Bestanddele

½ k olyfolie
¼ k worcestersous
swartpeper
2 knoffelhuisies, fyn gekap
skaapstertjiegeurmengsel (sien bo)
filet
Metode
Meng die olyfolie, worcestersous, swartpeper en knoffel met die geurmengsel wat jy vir die skaapstertjies gebruik het. Vryf die filet goed daarmee in en marineer sowat 2 uur in die yskas.
Maak die vuur baie warm.
Seël die hele steak 60 sek. per kant oor die kole.
Verwyder van die hitte en sny in eweredige skywe.
Bedruip die vleis met die marinade. Braai 3 min. per kant.
Verwyder van die hitte en laat rus 5 min. Sit voor.

Peperroomsous met sampioene

Bestanddele

1 ui, fyn gekap
botter of olyfolie
’n hand vol gemaalde swartpeper
’n hand vol gewone sampioene, gesny
’n hand vol droë sjiïtake-sampioene
biefaftreksel met ’n ¼ k kookwater
¼ k konjak
2 k room

Metode

Braai die ui in die botter of olyfolie tot sag en geur met die swartpeper.
Voeg die sampioene by en braai tot sag.
Giet die aftreksel by en kook tot die vog amper op is.
Gooi die konjak by en flambé. Wanneer die vlamme dood is, gooi die room by en kook af tot ’n romerige sous. (Dis romerig genoeg wanneer dit aan die agterkant van die lepel vassit.)
Geur met ’n klein bietjie sout, indien verkies.

Kreefstertjies met ’n doopsous
Vir die doopsous:
Bestanddele

1 ui, fyn gekap
’n lekker klont botter
1 k visaftreksel
1 glas goeie droë witwyn
1 k dik room
gruyère-kaas, gerasper
1 e Dijon-mosterd
’n hand vol gekapte pietersielie
sout en peper
paprika (opsioneel)

Metode

Braai die ui in die gesmelte botter.
Voeg die visaftreksel, witwyn, room en kaas by en laat dit tot so twee derdes afkook.
Voeg die mosterd, pietersielie, sout en peper by.
Voeg die paprika by, indien verkies.

Vir die kreef:

Bestanddele

soutwater
kreefstertjies
Metode
Sodra die soutwater in ’n diep pot kook, voeg die stertjies by en laat prut 10-15 min.
Kook af en knip om die rugkant en onder om die dermpie uit te haal.
Sit voor saam met die doopsous.

Appelsnye

Bestanddele

3 appels, geskil en gesny
2 k meel
1 k suiker
125 g botter
1 eier

Metode

Voorverhit die oond tot 180 °C.
Meng die appels, meel en suiker in ’n mengbak.
Smelt die botter in ’n pan en roer die eier by.
Meng die bottermengsel goed deur die appelmengsel.
Skep in ’n koekpan wat goed met olie gesmeer is.
Bak 35-40 min. of tot die bokant goudbruin is.


Adriaan en Lezelle

Plankie-steak

Bestanddele

2 steaks van jou keuse
worcestersous-braaispeserye
Metode
Vryf die steaks oraloor baie goed met die braaispeserye in en laat rus ongeveer ’n uur.
Braai tot so gaar soos verlang, verwyder van die rooster en laat rus 5 min. voor opdiening.

Gemarineerde varkrib

Bestanddele

½ k appelsap
½ k tamatiesous
½ k heuning
paprika
1 e sojasous
2 kg varkrib

Metode

Meng die bestanddele vir die marinade en marineer die varkrib oornag in die yskas.
Braai oor warm kole tot bros en gaar.

Gestokte, verstopte stukkie Van Der Merwe-hoendertjie

Bestanddele

hoenderfilet
smeerkaas
cheddarkaas
spinasie
bloukaas
spek

Metode

Sny die filet in die helfte, smeer met smeerkaas en sit ’n blokkie cheddarkaas bo-op die smeerkaas.
Sit ’n spinasieblaar op die kaas en krummel dan bloukaas bo-oor.
Vou die filet toe in spek en steek toe met stokkies.
Draai toe in tinfoelie en braai oor matige kole vir ongeveer 40 minute.

Paw-paw-vir-my-darling-slaai

Bestanddele

1 paw-paw, in blokkies gesny
2 avokadopere, in blokkies gesny
soetrissiesous
fetakaas, gekrummel
roketblare
Metode
In ’n slaaibak, pak eers ’n laag paw-paw en dan ’n laag avokadopeer-blokkies. Bedruip met ’n laag soetrissiesous. Krummel ’n laag fetakaas oor en eindig af met ’n laag roketblare.

Koeskoesslaai

Bestanddele

koeskoes
babatamaties
groen, geel en rooi soetrissies
sampioene
murgpampoentjies
olyfolie

Metode

Berei die koeskoes voor volgens die instruksies op die verpakking.
Braai die res van die bestanddele tot gaar.
Voeg die koeskoes by.
Geur met speserye en olyfolie en bedien as ’n warm gereg of as ’n koue slaai.