Jeanine en Leandro

Jeanine en Leandro

Makgoro-kaaswors

Bestanddele

3 eetlepels heel koljandersaad
2½ eetlepels sout
1 eetlepel vars gemaalde swartpeper
2 teelepels gemaalde wonderpeper (piment of allspice)
2 teelepels garam masala
1 kg beesvleis, drie of vier keer gemaal
1 blok cheddarkaas, in klein blokkies gesny
6-7 varkderms

Metode

Rooster die heel koljandersaad in ’n pan.
Maal die koljandersaad saam met die ander droë speserye fyn.
Meng die speserye met die vleis en laat oornag in die yskas verkoel.
Voeg die blokkies kaas by die maalvleis.
Stop die vleis in die bereide derms.

Riboog-steak

Bestanddele

2 riboog-steaks, met baie vet aan die vleis
braaispeserye na smaak

Metode

Plaas die steak net so oor die kole en, terwyl jy die vleis seël, besprinkel dit met die braaispeserye van jou keuse.
Haal die vleis van die rooster af en laat 5 min rus.

Sampioenroomsous

Bestanddele

1 blok plaasbotter
2 uie, fyn gesny
’n pakkie vars sampioene, in skywe gesny
2 koppies room

Metode

Plaas ’n pot op die rooster oor die kole. Smelt die plaasbotter in die pot en voeg die uie by. Braai tot die uie geurig is en voeg die sampioene by. Sodra die sampioene gaar is, voeg die room by en laat prut.

Jeanine en Leandro se disse

Ciabatta-braaibroodjie

Bestanddele

2 groot ciabatta-brode
botter
mayonnaise
koljanderpesto
basiliepesto
mozarellakaas, gerasper
wit cheddarkaas, gerasper

pikantrissie (peppadew)

babatamaties, in die helfte gesny

basilieblare

Metode

Sny die ciabatta-brode oop en smeer met ’n laag botter, mayonnaise, koljander- en basiliepesto.
Vul die brood met die kaas, pikantrissie en babatamaties en pak twee of drie basilieblare bo-op die kaasvulsel.
Maak die brood toe en braai op die rooster tot lekker bros.

Botterskorsie-en-beetslaai

Bestanddele

1 pakkie opgesnyde botterskorsie

botter

1 pakkie roketblare
Deense fetakaas, in groot stukke opgebreek
beet, geskil en gekook
gemengde neute en sade van jou keuse

Metode

Braai die botterskorsie in die botter in ’n pan oor die kole tot gaar.
In ’n slaaibak, meng die roketblare, fetakaas en botterskorsie saam.

Meng die beet in.

Braai die neute en sade liggies in die botter en besprinkel oor die slaai.

Bar One-rolletjie met roomys

Bestanddele

’n pakkie Bar One-sjokoladestafies, elkeen in die helfte gesny

1 groot laag filodeeg

kookolie vir diepbraai

Metode

Rol die stukkies Bar One in die filodeeg toe om ’n rolletjie te maak.
Knyp die kante van die rolletjie mooi toe sodat die sjokolade nie uitloop nie.
Diepbraai die rolletjies in die kookolie oor die kole tot die deeg lekker bros is.
Sit voor saam met sjokoladeroomys en ’n laventeltakkie.

Janine en Anthony

Janine en Anthony

Marokkaanse lamsboud

Bestanddele

1 groot lamsboud
sout en vars gemaalde peper
komyn
kaneel
vinkelsade
vars gemmer, gerasper
gemengde speserye
paprika

Metode

Geur die lamsboud met die sout en peper en sit die vleis eenkant.
Voeg die res van die bestanddele in ’n mengbak.
Vryf die lamsboud goed in met die speserye.
Braai tot gaar.

Janine en Anthony se disse

Gebraaide eiervrug met saffraanjogurt

Bestanddele

eiervrug, in skywe gesny
olyfolie
sout en vars gemaalde peper na smaak

saffraan-drade in kookwater geweek

Griekse jogurt
2 knoffelhuisies, fyn gekap

sap en skil van 1 suurlemoen
granaatpitte, vir garnering
basilieblare, vir garnering

Metode

Bedruip die eiervrugskywe in die olyfolie en geur met die sout en peper.
Week die saffraan-drade in kookwater tot die water geel is. Haal die naalde uit.
Meng die Griekse jogurt, saffraanwater, knoffel en suurlemoensap en -skil saam. Meng goed deur.
Braai die eiervrugskywe op die rooster tot gaar.
Bedruip die eiervrug op ’n bord met die jogurtmengsel en garneer met die granaatpitte en basilieblare.

Platbrode

Bestanddele

500 g bruismeel 
1 eetlepel sout 
1 eetlepel bakpoeier 
500 g jogurt 

Metode

Meng al die bestanddele goed en knie tot dit ’n sagte deeg vorm.
Verdeel die deeg sodat jy verskeie brode kan maak, rol die deeg plat en braai die brode op die rooster.


Petro en Norton

Petro en Norton

'Catch of the day' met ’n vinkel-béarnaisesous

Bestanddele

snoek, gesout
suurlemoenbotter

Vir die vinkel-béarnaisesous:
? koppie witwynasyn
1 salot, fyn gekap
2 eetlepel vinkel, fyn gekap
3 eiergele

1 stokkie botter
1 eetlepel dragon
½ suurlemoen se sap

Metode

Plaas die vis op die rooster en bedruip met die suurlemoenbotter terwyl dit braai.
Om die vinkel-béarnaisesous te maak, laat die asyn prut en voeg die salot en vinkel by. Laat die asyn afkook en laat afkoel. Giet in ’n pan en voeg die eiergele by. Meng goed. Voeg die botter stuk-stuk by en roer goed deur tot al die botter goed gemeng is. Meng die dragon en suurlemoensap by. Roer goed deur en sit voor saam met die vis.

Dubbelgebraaide aartappels

Bestanddele

aartappels

olyfolie

sout en vars gemaalde peper
kruie van jou keuse

Metode

Kook die aartappels tot sag. 
Druk die aartappels plat, bedruip met die olyfolie en besprinkel met die sout, peper en kruie.
Braai tot lekker bros en krakerig.

Petro en Norton se disse

'Tikkie roos'-roomys met amandels en warm vye

Bestanddele

vanieljeroomys
rooswater
donkersjokolade, opgebreek
amandels
vye, in kwarte gesny

Metode

Skep die vanieljeroomys in bakkies en besprinkel met ’n bietjie rooswater en donkersjokoladestukkies.
Braai die amandels vinnig in ’n pan.
Braai die vye op die rooster tot net-net gaar.
Besprinkel die roomys met die amandels en sit voor saam met die warm vye.