Danie en Janine

janineendanie

Vleis

Word eers met olyfolie in gesmeer en dan weer in gesmeer met braaispeserye.

Braaibroodjie

Gemmer

Knoffel

Chilli

Uie

Kaas

Mayonnaise

Tamatie

Metode

Rasper eers jou kaas, sny die tamaties en uie op.

Smeer botter op jou broodjies voor jy ’n baie klein hoeveelheid gemmer opsit. Gebruik knoffel en chilli tot eie smaak. Smeer ’n lagie mayonnaise op en sit dan jou uie, tamatie en laastens kaas op. Braai op die vuur tot mooi bruin.

kobep2

Soet

Maak jou gunsteling pannekoek-resep en bedien met dun gesnyde kiwi-vrug en sousie.

Soet: vir die sous

100 g suiker

1 e botter

1 kaneelstokkie

Kwartkoppie suurlemoensap

1 k van der Hum likeur (Lemoengeur)

Metode

Smelt die botter. Voeg die suiker, likeur, suurlemoensap en kaneelstokkie by. Bring dit tot kookpunt. Verwyder van die plaat en laat koel af.

Stephaan en Lana

stephaanenlana

Tabbouleh

1 k bruinrys

1 bossie grasuie, gesnipper (groen gedeelte ook)

125ml vars pietersielie, gekap

30ml vars mint, gekap

2 medium gekapte tamaties of twee hande vol gekapte kersietamaties

1 groen soetrissie, gekap

1 geel soetrissie, gekap

50ml gedroogte, geel sultanas

Sous

60ml olyfolie

1 knoffelhuisie, gekap

2ml fyn komyn

30ml suurlemoen sap

Sout en swart peper, vars gemaal na smaak

Sonneblomsade vir versiering. (Gerooster of net so)

Kook bruinrys in drie koppies water op die kole tot gaar en laat afkoel. Sodra rys gaar is en effens afgekoel is, voeg res van die bestanddele by. Bedien teen kamertemperatuur.

kob2twee

Lagies melktert op die kole

1liter volroommelk

2 kaneelstokkies

60 ml vlapoeier

80 ml mielieblom

1 blik volroomkondensmelk

100 g botter

1 eier, geklits

1 pakkie tennisbeskuitjies

Gemaalde kaneel gemeng met bietjie fyn suiker vir afronding.

Metode

Plaas 750 ml melk in gietyster pot op die kole saam met kaneelstokkies en verhit. Meng intussen die vlapoeier, mielieblom en kondensmelk en 250 ml melk. Sodra melk naby kookpunt is, voeg die kondensmelkmengsel by en kook tot effens verdik en gaar. Voeg dan botter en geklitste eier by tot glad en blink. Dan kan jy Amarula of enige geursel na smaak byvoeg. Laat effens afkoel. Maak tennisbeskuitjies fyn en maak lagies van beskuitjies en kondensmelktertpap in ’n ramekins of tertbak. Strooi fynkaneel tussen lagies.

Versier met vars vrugte en bedien.