Johan en Marita

maritaenjohan

Sampioensous

Bedien 6 mense

3 Groot uie

2 Vars knoffelhuisies, fyngemaak

½ Teelepel neutmuskaat

½ Teelepel komyn

1 Groot pak sampiioene, gekerf

Sout en peper na smaal

500 ml Room

Metode:

  1. Sweet uie eers af in olyfolie en ‘n teelepel regte botter.
  2. Voeg knoffel by, asook speserye
  3. Voeg sampioene by en verlaag temperatuur. Laat prut tot gaar.
  4. Voeg room by en verlaag temperatuur verder, kook tot dik en romerig.

Tiemie Aartappels

Bedien 6

4 Uie in wiggies gesny

6 Groot aartappels in wiggies gensy

1 Bossie vars tiemie

1 ½ Koppie balsamiese asyn

4 Eetlepels regte botter

4 Eetlepels olyfolie

Sout en peper na smaak

johanenmarita

Metode:

  1. Smelt botter en olyfolie in ‘n swart gegote ysterpot.
  2. Voeg aartappels en uie in pot. Roerbraai tot aartappels begin kleur kry.
  3. Voeg asyn en tiemie by en sit deksel op.
  4. “Vergeet” daarvan op die vuur vir sowat 1 ½ ure.

“Alf” braaibroodjie

Brood

500g Eureka bruinbroodmeel

500ml Water

1 Pakkie gis

1 Teelepel sout

1 Eetlepel Za’atar speserye

Metode

  1. Meng alle bestanddele in ‘n menger to deeg ‘n bol vorm – ongeveer 10 minute.
  2. Laat rys tot deeg verdubbel in grootte.
  3. Bak in voorverhitte oond teen 180 grade Celcius vir 30 minute.

Braaibroodjie

Tamaties in skywe gesny

Uie in skywe gesny

Bloukaas

Cheddarkaas

Sweet chili-sous

Metode

  1. Sny afgekoelde brood in die lengte
  2. Pak tamaties, uie en kaas op die brood
  3. Smeer mayonnaise en sweet chili sous op die brood
  4. Plaas in ‘n toeknyprooster en braai oor stadige hitte

Vanessa en Billy

billyenvenessa

Volstruis Marinade

Goeie bottel rooiwyn

1 Koppie olyfolie

Knertsie sojasous

Knertsie Worcestershire sous

Sout en pepper

Marineer volstruisvleis oornag

Hoender kebabs

Lemmetjie sap

Goeie kwaliteit hoenderspeserye (nomu) en (Woolworths chicken rub)

Olyfolie

Organiese hoenderborsies, in blokkies gensny en op sosatiestokkies geryg.

Meng die sap, speserye en olyfolie saam en mariner hoendersosaties oornag daarin.

Blouekaas Feta Biltong Slaai

Roketblare – of enige blare van jou keuse

Bloukaas

Okkerneute, of enige neute van jou keuse

Klam beesbiltong

Groen vye

Slaaisous – mosterd vinaigrette werk goed

billyenvanessa

Koekstruif

Madeirakoek (Woolworths)

Baie groot Bar One sjokoladestafie, gesny

Kersies of aarbeie

Amarula likeur

Vla

Botter

Metode:

Sny Madeirakoek in blokkies en braai in skottel oor kole in botter, draai aanhoudend tot bruin en verwyder dan van hitte. Voeg gesnyde Bar one en bessies by en roer tot gesmelt. Voeg dan bietjie Amarula by en roer deur. Skep in bakkies en bedek met vla.

Sampioen bruchetta

Ciabatta

Botter

Knoffel, fyngekap

Mengsel sampione

Uie, gekap

Room

Metode:

Sny ciabatta in skywe en rooster in oond tot effens bruin. Braai uie, knoffel en sampioene in botter tot gaar. Voeg bietjie room by en kook af. Skep sampioenmengesel op bruchetta.