Phil en Li

philenli

Gebraaide geelstert

Bestanddele

1 hele geelstert, oopgevlek

sout na smaak

vars suurlemoensap na smaak

origanum na smaak

Metode

Besprinkel die geelstert met sout. Laat dit ’n uur eenkant staan.

Plaas die geelstert op ’n rooster en braai die vleiskant 2-3 min.

Draai die vis om met die velkant ondertoe, geur met die suurlemoensap en origanum en braai 15 min.

Suurlemoen-knoffel-en-witwynbotter

Bestanddele

2-3 salotte, fyngekap

2 knoffelhuisies, fyngekap

3 e witwyn

250 g botter

fyngekapte dille, na smaak

gerasperde suurlemoenskil, na smaak

Metode

Soteer die salotte en knoffel in witwyn tot die vloeistof heelwat verminder het. Sit dit opsy om af te koel.

Meng sagte botter met dille en gerasperde suurlemoenskil.

Meng die verkoelde salotte, knoffel en witwyn by die botter in.

Rol die botter om ’n rolletjie te maak en plaas dit op ’n stuk bakpapier.

Draai die rolletjie styf toe en druk aan albei ente om dit lekker kompak te maak.

Draai die ente van die bakpapier in teenoorgestelde rigtings om die rolletjie te seël.

Plaas in die koelkas tot jy dit nodig het.

Sny die botterrolletjie in stukke, haal dit uit die bakpapier en plaas die stukke op die vuurwarm vis. Die hitte van die vis sal die botter laat smelt.

Kaneel-en-suikerbrood

Bestanddele

2 e bruinsuiker

625 ml louwarm water

1 e sout

I pakkie (10 g) kitsgis

2 e fyn kaneel

1 kg meel

Metode

Los die suiker in die helfte van die louwarm water op. Sit dit opsy.

In ’n bak, voeg die kitsgis, sout en kaneel by die meel. Voeg die res van die water by en meng die suikerwater by.

Strooi meel op ’n skoon oppervlak en knie dan die deeg 15 min. op hierdie oppervlak.

Plaas die meel in ’n geoliede bak en bedek met ’n klam vadoek sodat die deeg tot dubbel die grootte rys.

Sodra die deeg gerys het, knie die lug uit.

Plaas die deeg in ’n broodbak en los dit 45 min. om verder te rys.

Voorverhit die oond tot 200 °C. Plaas die brood in die oond. Moenie die oonddeur te hard toemaak nie, anders sal die brood lug verloor.

Bak 30 min.

Haal uit en laat die brood afkoel.

kob0511

Tuisgemaakte mayonnaise

Bestanddele

1 vars eier, kamertemperatuur

1 t sout

1 t asyn

1 k sonneblomolie

Dijon-mosterd na smaak

kruie en peper na smaak

Metode

Breek die eier in ’n beker en voeg die sout en asyn by.

Meng met ’n staafmenger en voeg die sonneblomolie stadig by terwyl jy meng. As die eier nie vars is nie, sal die mayonnaise nie verdik nie.

Voeg Dijon-mosterd, kruie en peper na smaak by.

Appels in ’n botterkaramelsous

Bestanddele

6 Granny Smith-appels, geskil en opgesny

6 e botter

1½ k bruinskuier

180 ml room

12 snye kaneelbrood

Metode

Skil die appels en sny in stukkies.

Plaas die botter in ’n braaipan oor matige hitte en kook tot dit skuimerig raak. Voeg die appels by en kook tot die botter verbruin het en die appels amper sag is.

Voeg die bruinsuiker by en kook en roer tot die suiker met die botter gesmelt het. Voeg die room by en roer tot ’n botterkaramelsousie gevorm het.

Sit dit opsy en laat dit afkoel.

Sit voor saam met die kaneelbrood en vla of roomys.

Danette en Julien

danette

Camarones á la Mexicana (Gebraaide garnale aan ’n stokkie)

Bestanddele

bamboesstokkies, een per gas

3 e plaasbotter, gesmelt

suurlemoen-en-lemmetjie-sap

2 knoffelhuisies, fyngekap

gemmer, fyn gerasper

2-3 brandrissies

2 e koljander, fyngekap

garnale, dop aan en dermpie verwyder

Metode

Maak ’n vuur met ’n hoë hitte.

Week die bamboesstokkies minstens 30 min. in koue water om te verhoed dat dit brand.

Meng die gesmelte botter, gemmer, brandrissies, suurlemoen-en-lemmetjiesap, knoffel en koljander goed in ’n middelslag-bak.

Voeg die mengsel by die skoongemaakte garnale en werk dit goed deur sodat die garnale behoorlik bedek is.

Bedek die garnale en marineer sowat ’n uur in yskas.

Ryg die garnale aan die stokkies. Maak seker die stokkies steek deur die stertpunt en bly onder die kop.

Braai sowat 3-4 minute op die rooster tot die garnale rooi verkleur en gaar is.

Sit warm voor saam met lemmetjiewiggies.

Gevulde calamari-buisies

Bestanddele

1 hele chorizo-worsie, in klein blokkies gesny

calamari-buisies, 2-3 per gas

roomkaas

bamboesstokkies

lemmetjiesap

kersietamaties

soetrissies

kob0511twee

Metode

Kap die chorizo-worsie in blokkies.

Vul die calamari-buisies met roomkaas en chorizo-blokkies.

Gebruik ’n tandestokkie om die gaatjie toe te maak. Verwyder die tandestokkie voor jy dit voorsit.

Ryg die gevulde calamari deur die sosatiestokkies met tamaties en soetrissies asook ’n snytjie chorizo.

Marineer met lemmetjiesap.

Braai 3-4 min. per ’n kant op ’n warm, oop vuur.

Julien se vars Mexikaanse slaai

Bestanddele

ryp tamaties

geel en rooi soetrissies, gerooster op die vuur

rooi bone

rissies en vars knoffel, fyngekap

olyfolie

Metode

Kap tamaties in stukkies, rooster die rissies op die vuur, verwyder die skil en kap op. Voeg die rooi bone by en bedruip met vars olyfolie, knoffel en brandrissie na smaak.

Onderstebo vyetert met mascarpone en amandels

Bestanddele

? k botter

1 k suiker

6 vars vye

skilferkorsdeeg

mascarpone

amandels

Metode

Smelt die botter en suiker saam.

Skep die stroop in ’n vuurvaste braaibak.

Sny die vars vye middeldeur.

Plaas die vye platkant onder bo-op die botter-suiker-stroop.

Plaas die braaibak op ’n oop rooster oor matige hitte tot die mengsel borrel en die vye saggebak het.

Rol die skilferkorsdeeg uit en plaas die plat op die vuur. Draai dit om sodra een kant gaar is.

Plaas die gaar skilferkorsdeeg bo-op die vye en sit ’n nageregbord onder. Draai die braaibak om sodat die deeg onder is en die stroop oor vye versprei.

Sit voor saam met gekapte amandels en mascarpone. Meng ’n titseltjie sterk rissiesous of tabasco by die mascarpone vir ekstra skop.

Danette en Julien se wenke vir ’n Mexikaanse onthaal

  • Kombineer twee ryp avokado’s met suurlemoensap, suurroom, kruie van jou keuse, ’n fyngekapte rooi-ui en tabasco in ’n voedselmenger vir ’n vinnige, maklike guacamole.
  • Kap tamaties, uie en pietersielie fyn op vir ’n vinnige en maklike salsa.
  • Plaas ’n bakkie suurroom op die tafel wat jou gaste as ’n doopsous kan gebruik.
  • Die wit, rooi asook groen souse is kleurryk en lyk mooi in keramiekbakkies.

Shaun en Laurel

shaun

Aspersies-en-eiervrug-oor-die-kole

Bestanddele

1 groot eiervrug

sout na smaak

18 – 20 aspersies

5 e olyfolie

2 knoffelhuisies, fyngekap

Metode

Sny die eiervrug in dik stukke op. Besprinkel die snye mildelik met sout en sit dit vir ’n uur opsy.

Was die aspersies en sny die ongewenste punte af.

In ’n mengbakkie, voeg die olyfolie en knoffel bymekaar.

Plaas die eiervrug en aspersies op die rooster en bedruip met die olyfolie-en-knoffel-mengsel terwyl dit oor die kole is.

Ontbeende lamsboud

Bestanddele

1 groot lamsboud

sout en peper na smaak

2 knoffelhuisies, fyngekap

vars suurlemoensap

2 takkies roosmaryn

Metode

Ontbeen die lamsboud ’n dag voor die braai.

Vryf die lamsvleis goed met sout, peper en knoffel in.

Druk vars suurlemoensap oor die lamsvleis uit en plaas die vleis met die roosmaryntakkies in ’n geseëlde plastiek sak.

Laat die vleis oornag marineer en draai die vleis so elke dan en wan om.

Sodra die kole gereed is, braai die vleis sonder om dit te veel te draai.

Mediterreense braaibrood

Bestanddele

1 sakkie (500 g) winkeldeeg

100 g droë olywe, ontpit

100 g sondroë tamaties

2 knoffelhuisies, fyngekap

2 takkies roosmaryn

kob0511drie

Metode

Vou die ontpitte olywe, sondroë tamaties, knoffel en roosmarynblare by die winkeldeeg in.

Plaas die deeg onder ’n klam vadoek tot dit gerys het.

Draai die deeg in foelie toe en plaas dit op die kole tot dit gebak is.

Heuning-en-geroosterde-vye-gelato

Bestanddele

Vir die gelato-basis:

2 k melk

1 k room

½ k suiker

1 t mielieblom

vanieljepoeier na smaak

Vir geur:

2 e heuning

3-4 vye, gerooster en fyngekap

Metode

Meng al die bestanddele vir die gelato-basis oor matige hitte tot die basis verdik het.

Haal die pot met die basis van die hitte af en laat dit oornag afkoel.

Voeg die heuning en geroosterde, fyngekapte vye by die gelato-basis en plaas die hele mengsel in ’n gelato-masjien.

Meng die gelato tot dit gevries is.

Sit koel voor.