Carol en Thomas

carolenthomas

Bikini Beach surf 'n' turf

Bestanddele

lendestuk, by kamertemperatuur

olyfolie

sout

Metode

Vryf die steaks met olyfolie en sout en braai soos verlang

Garnale

Bestanddele

garnale

suurlemoensap

knoffel

rissiesous

suurlemoentakkies

Metode

Marineer garnale in ’n bietjie suurlemoensap met knoffel en rissiesout.

Vat ’n suurlemoentakkie en ryg drie garnale op elke stokkie.

Maak vinnig op die kole gaar.

Sampioensous

Bestanddele

1 pakkie kaassous

sampioene, gesny

carolenthomaskos

Metode

Maak die kaassous volgens die instruksies op die pakkie.

Voeg die sampioene by en kook tot sampioene gaar is.

Wes-kaap ribbetjies

Bestanddele

ribbetjies

Griekse-slaaisous

sout

Metode

Laat lê die ribbetjies oornag in Griekse-slaaisous.

Braai stadig en sout so af en toe.

Suid-oosterse aartappels

Bestanddele

aartappels

botter

sout en peper na smaak

knoffel

room

Metode

Kook aartappels tot amper gaar.

Sny in stukkies.

Sit botter in pan en voeg aartappels by.

Geur met sout en peper na smaak.

Voeg bietjie knoffel by.

Voeg bietjie room by net voor die aartappels van die vuur afgehaal word.

Bedien in die pan.

Springgety-slaai

Bestanddele

tamaties

uie

komkommer

blaarslaai

fetakaas

slaaisous van jou keuse

Metode

Sny tamaties, uie, komkommer en blaarslaai op en meng alles saam.

Voeg fetakaas by en giet met slaaisous.

Roomys in skulpies

Bestanddele

filodeeg

botter

roomys van jou keuse

olie

versiersuiker

Metode

Smeer filodeeg met botter.

Sit ’n balletjie roomys in een hoek en vou soos ’n samoesa.

Sit in die vrieskas vir ’n paar uur sodat roomys weer hard word.

Braai vinnig in baie warm olie.

Sif versiersuiker oor en bedien.

Kevin en Jeanette

kevinjeanette

Dad se Biesie Biltongpot

Bestanddele

2 ui, gekap

1 pak spek, versnipper

1 pakkie Spaanse-rys

½ pakkie noedels

3 k kookwater

2 blokkies hoenderaftreksel

1kg nat biltong, gekap

1 houertjie room

4 koppies cheddarkaas, gerasper

500ml Coca Cola (nie dieet nie)

olyfolie

Metode

Gebruik ’n nommer 2 of 3 pot.

Braai uie en spek in olyfolie tot bruin.

Gooi Spaanse-rys en noedels in pot.

Meng kookwater en hoenderaftreksel by.

Voeg biltong by.

Meng room by en prut potjie vir ongeveer 1 uur.

Voeg kaas en Coca Cola by.

Prut vir 15 minute en geniet.

Ses-laag slaai

Bestanddele

2 pakkies spek, versnipper

6 eiers

1 k mayonnaise

groentesout en peper na smaak

1 k cheddarkaas, gerasper

blaarslaai

1 blikkie ertjies, gedreineer

kevinenjeanette

Metode

Braai spek op die vuur tot bros.

Kook eiers tot hard, dop af en sny in klein blokkies.

Maak die ses lae in ’n deursigtige glas slaaibak in hierdie volgorde: blaarslaai, spek, eiers, ertjies, kaas en mayonnaise.

Sit bietjie swartpeper oor vir garnering.

Casabranca ratatouille

Bestanddele

30ml olyfolie

1 groot ui, opgekerf

1 knoffelhuisie, fyngedruk

12 vlapampoentjies

1 groen soetrissie, in repies gesny

250g murgpampoentjies, in repies gesny

1 x 400g geblikte heel kersietamaties

4 eetlepels soetrissiesous

1 t bruinsuiker

1 t swartpeper

sout na smaak

1 t vars tiemie, gekerf

Metode

Verhit die olyfolie in ’n diep braaipan oor die kole of in ’n skottelbraai.

Braai uie en knoffel tot sag en deursigtig.

Voeg die vlapampoentjies, groen soetrissie en murgpampoentjies by.

Braai vir ’n paar minute tot groente sag is.

Voeg die res van die bestanddele by en roer.

Prut vir ongeveer 10 minute.

Nutella Franse-roosterbroodjie

Bestanddele

1 witbrood

3 eiers, geklits

1 koppie bruinsuiker

kaneel

3 e botter

Nutella-smeer

Metode

Meng suiker en kaneel.

Sny die korsies van witbrood af.

Neem koekroller en rol broodsnye tot plat.

Smeer dun lagie Nutella-smeer op elke sny brood.

Rol gesmeerde broodjies op sodat dit soos ’n pannekoekie lyk.

Plaas pan met botter op gasbraai tot botter gesmelt is.

Doop opgerolde broodjies in eiermengsel.

Braai in ’n pan met botter tot bruin.

Doop gebraaide broodjies in kaneelsuiker.

Plaas twee broodjies op ’n nageregbordjie en versier met roomys en sjokoladesprinkels.

Pieter en Rene

pieterenrene

Verwelkomingsdrankie

Bestanddele

10 medium wortels

4 appels

1 beet

vinkel

1 duim-grootte vars gemmer

½ suurlemoen

Metode

Versap al die bestanddele en bedien

Kombucha

Bestanddele

2 liter water

4 gewone teesakkies

½ koppie suiker

1 scoby

1 k bestaande kombucha

Metode

Kook water met teesakkies in en laat afkoel.

Haal teesakkies uit en gooi in glashouer.

Gooi suiker by en roer tot opgelos.

Plaas scoby in oplossing.

Bedek met handdoekpapier en rekkie.

Bêre in koel plek by kamer temperatuur vir +/- 8dae.

Haal scoby uit.

Gooi kombucha deur sif in bottels.

Verkoel in yskas en bedien.

Kalahariduin-filet

Bestanddele

heel filet

sout

paprika, gewoon of gerook

olyfolie

1 bos pietersielie, gekap

suurlemoen

Metode

Verhit jou braaiplaat op vuur tot baie warm.

Sny filet in hanteerbare stukke.

Sout na smaak en gooi toe met die paprika dat hy lyk soos ’n Kalahariduin.

Kap die pietersielie op, meng met lekker baie olyfolie en sit eenkant.

Gooi olyfolie op die braaiplaat en braai filet, draai gereeld tot gaar soos verlang.

Haal filet af, sny in eetbare repies en sit terug op plaat om te seël.

Haal vleis af en meng goed met pietersielie en olyfolie.

Druk suurlemoen sap oor dit uit.

Onthou die suurlemoensap kook die vleis verder, so moet dit nie té gaar braai nie.

Geroosterde mielies met chipotle-sous en parmesaankaas

Bestanddele

mielies

60ml botter

sap van 2 suurlemoene

grasuie, gekap in ringetjies

parmesaankaas

Chipotle-sous

120ml mayonnaise

80ml jogurt

60ml koljanderblare, gekap

¼ teelepel komyn

2 eetlepels heuning

sout

1 stukkie chipotle (gerookte rissie), gekap

Metode

Verwerk al die bestanddele vir die chipotle-sous in ’n hoëspoed-voedselverwerker en plaas eenkant.

Smelt botter en voeg suurlemoensap by.

Braai mielies tot gaar.

Hou aanvanklik die blare aan. Dit sal hopelik aan die brand slaan en die mielies heerlik rook.

Smeer deurentyd die mielies met botter-suurlemoen-mengsel.

Bedien die mielies met chipotle-sous, gerasperde parmesaankaas en grasuie.

Eksotiese groente-kruieslaai met lemoen-gemmersous

Bestanddele

slaaiblare (ons het uit ons groentetuin gepluk)

pynappel

salie

sjokoladement

beet, half-gekook, geskil en in skywe gesny

botterskorsie, geskil en in skywe gesny

pekanneute

suiker

vrugte, soos aarbeie, lemoen en/of nektarien

rosyntjies

fetakaas

pampoen en sonneblomsaad, gerooster

granaat, ontpit

Vir die lemoen-gemmersous

Bestanddele

sap van 2 lemoene

50ml olyfolie

25ml rysasyn

1 e heuning

2 t vars gemmer, versap

bietjie suurlemoen sap na smaak

varsgemaalde sout en peper na smaak

Metode

Vir die slaai

Rooster beet en botterskorsie op die vuur tot gaar, maar nie pap nie.

Sny in eetbare stukkies vir die slaai.

Smelt suiker in ’n pan, moenie roer nie.

Gooi pekanneute in en roer deur. Haal dadelik uit.

Laat bietjie afkoel en strooi dan sjokoladement oor.

Breek slaaiblare fyner en rangskik in bord.

Pak al die bestanddele bo-op met geroosterde sade, granaatpitte, feta en neute bo-oor gestrooi.

Vir die sous

reneenpieter

Verwerk al die bestanddele in hoëspoed voedselverwerker en bedien saam met slaai.

Wortelkoek in grondoond

Bestanddele

250ml suiker

250ml olie

3 eiers

375ml koekmeel

10ml bakpoeier

5ml koeksoda

3-5ml sout

250ml piesang, fyngedruk

250ml grof gerasperde wortels

125ml pekanneute, gekap

Metode

Wenk: doen al die klitswerk van die beslag met die hand en ’n tafelvurk.

Klits eiers en suiker tot romerig. Voeg olie by en klits weer.

Sif al die droëe bestanddele by en klits.

Voeg piesang, wortel en neute by en roer.

Smeer pan en sit deeg in.

Sit die pan op ’n draadstaandertjie binne ’n nommer-3 platboom swartpot en bedek met foelie.

Bak en laat goed afkoel.

Smeer versiersel oor.

Versiersel

Bestanddele

100g margarien

375ml versiersuiker

100ml roomkaas

5ml vanilje-ekstrak

Metode

Klits margarien tot romerig, voeg die res van die bestanddele by en klits goed.

Versier koek, sny in skywe en geniet die beste wortelkoek ooit!

Rene se grondoond

Boumetode

Grawe ’n gat in die grond van 45cm (hoogte) x 60cm (breedte) x 60cm (lengte).

Lê ’n vloer van tuintëel 60x60 cm. Kraak die teel om te verhoed dat dit ontplof.

Voer die gat uit met plaveiselstene.

Bedek met ysterplaat wat gat toemaak.

Boor gaatjie in deksel waarin ’n suikertermostaat kan inpas.

Voorbereiding vir bak

Haal deksel af en maak ’n vuur in die oond met 20 na 25 stukkies hout.

Laat vuur uitbrand (so 1½ na 2 ure).

Skep al die kole uit in sit op die deksel.

Laat oond afkoel vir +/-10 minute (sit deksel terug met termostaat in en kyk hoe warm jou oond is, 180-200 grade is goed)

Sit ’n driepootstaander in die gat.

Sit platboom swartpot in en sit die gat se deksel terug.

Bak vir 25min en verwyder die foelie.

Hou die hitte van jou oond dop. ’n Klein bietjie kole kan in die hoeke van die gat teruggesit word as nodig.

Bak weer 20-30 min.

Haal uit en laat afkoel.

Wenk: Hou maar dop wanneer jou wortelkoek reg is. Toets met ’n mes. Die deeg moenie vasklou nie. Hy sal begin wegtrek van die kante en dit sal baie lekker ruik.