Melissa en Gerhard

melissaengerard

Jingle Bell lamtjops

Bestanddele

9 lamtjops van jou keuse

Marinade:

1 bottel Jimmy’s braaisous

Robertsons vleis-en-tjopsspeserye, na smaak

Metode

  1. Meng die bestanddele vir die marinade in beker.
  2. Braai die lamjtoppies oor medium kole.
  3. Net voor die lamtjoppies van die kole afgehaal moet word, smeer die tjoppies met die marinade.

Kersvader-kaaswors

Bestanddele

1 pakkie Joostenberg-kaasworsies

Metode

  1. Braai die kaasworsies oor medium kolle tot dit gaar is.

Feestlike braaibroodjies

melissa

Bestanddele

1 witbrood

Botter

2-3 tamaties

2 uie

1 bottel blatjang

Applekooskonfyt

Kaas van jou keuse

Metode

  1. Smeer die gesnyde witbrood met botter.
  2. Draai die snye brood om sodat die botterkante van die brood na mekaar kyk.
  3. Smeer dan die brood met blatjan en appelkooskonfyt.
  4. Sny die tamaties en uie en rasper die kaas. Pak die snye brood met die tamaties, uie en kaas. Sit twee snye brood bymekaar om toebroodjies te maak.
  5. Braai die broodjies oor koue koele tot hulle gerooster is.

Lindie en Susan

lindi

Kruisstuk

Bestanddele

Verouderde kruisstuk

Metode

  1. Braai oor die kole tot gaar na jou smaak.
  2. Bedien met ’n chimichurri- of reënboog-pepersous.

Chimichurri-sous

Bestanddele

1 koppie vars koljander

1 koppie Italiaanse blatblaar-pietersielie

’n Halwe lemmetjie se sap

2 eetlepels sojasous

2 eetlepels rooiwynasyn

’n Kwart koppie olyfolie

Sout en swartpeper na smaak

lindiekob

Metode

  1. Blits al die bestanddele saam tot ’n sous gevorm het.

Reënboog-pepersous

Bestanddele

’n Halwe koppie reënboogpeperkorrels

250 ml room

3 eetlepels botter

2 eetlepels meel

Sout na smaak

’n Koppie volroommelk

Metode

  1. Smelt botter en roer dit by die meel.
  2. Gooi room by en roer konstant.
  3. Voeg soutpeper, en peperkorrels by en roer.
  4. Indien die sous te dik word, voeg volroommelk by en roer.

Aspersies

Bestanddele

’n Pakkie aspersies

’n Pakkie prosciutto

Metode

  1. Draai die vars aspersies in prosciutto toe.
  2. Rooster die aspersies oor medium kole.

Sampioene-sosaties

Bestanddele

6 groot sampioene

2 knoffelhuisies, fyngekap

’n Kwart koppie balsemieke asyn

Growwe sout

Swartpeper na smaak

Metode

  1. Meng die balsemieke asyn, fyngekapte knoffelhuisies, sout en peper saam.
  2. Marineer die sampioene in die bogenoemde mengsel.
  3. Steek die sampioene op sosatiestokkies en rooster oor die kole.

Murgpampoentjies

Bestanddele

3 murgpampoentjies

Olyfolie

Metode

  1. Sny die murgpampoentjies in diagonale skywe.
  2. Smeer die skywe met olyfolie en rooster dit op ’n roosterplaat.

Slaai

Bestanddele

Komkommer, in blokkies gesny

Fetakaas

Baba-ertjies

Avokadopeer, opgesny

Sampioene

Mayonaisse

Metode

  1. Voeg die komkommer, fetakaas, baba-ertjies, avokadopeer en sampioene by in ’n slaaibak.
  2. Roer die mayonnaise in na smaak.

Soet voukos

Bestanddele

12 “wraps”

1 piesang

1 pakkie malvalekkers

1 blikkie karamel

1 fles Nutella

1 pakkie bessie van jou keuse

Metode

  1. Sit al die bestanddele vir jou gaste voor. Elkeen kan besluit hoe hulle hul eie voukos kan bou.
  2. Bedek een “wrap” met bestanddele van jou keuse.
  3. Sit dan ’n tweede wrap bo-oor.
  4. Braai die soet voukos oor die kole tot dit lekker gerooster is.

Anita en Jaco

kobverander

Geurige lamsboud

Bestanddele

3 kg lamsboud

Gemaalde koljander

Gemaalde neutmuskaat

Gemaalde naeltjies

Growwe koljander

Sout en peper na smaak

Olyfolie

1 suurlemoen

Metode

  1. Meng al die speserye saam. Besprinkel die lamsboud met olyfolie en vryf dan die speserymengels oor die vleis.
  2. Sny die suurlemoen in skywe en pak dit op die vleis vir smaak en garnering.
  3. Plaas die lamsboud in die yskas vir twee ure.
  4. Braai die lamsboud oor medium kole tot dit gaar is.

Aartappelgereg

Bestanddele

1 pakkie spek

1 kg baba-aartappels

Sout en peper na smaak

3 eetlepel paprika

1 teelepel koljander

2 teelepel komyn

200 g spek

1 soetrissie

Metode

  1. Soteer die spek in ’n potjie op die stoof.
  2. Voeg asl die speserye by die spek en soteer liggies.
  3. Sny die soetrissie fyn op en voeg by die spek-mengsel.
  4. Sny 1 kg baba-aartappels op in klein blokkies en voeg by die spek en soetrissies.
  5. Maak klein foeliepakkies vir elkeen van jou gaste. Verdeel die mengsel tussen die foelie-pakkies en maak die pakkies toe.
  6. Plaas die foelie-pakkies op die kole vir 15 minute.
  7. Bedien sodra die aartappels gaar is.

Sjokoladepoeding oor die kole

anitaenjaco

Bestanddele

Deeg:

1 eier

3 eetlepel gesmelte botter

125 ml melk

10 ml vanieljegeursel

250 ml selfrysende meël

15 ml kakao-poeier

’n Knippie sout

125 ml suiker

2 blokke donkersjokolade (in blokkies gebreek)

Vir die sous:

375 ml bruinsuiker

35 ml kakao-poeier

375 ml kookwater

Metode

  1. Meng die deeg-bestanddele saam en plaas die deeg in ’n swart pot en laat dit vir so 20 minute staan terwyl jy die sous aanmaak.
  2. Meng nou die sousbestandele saam en gooi die sous bo-oor die deeg. Moet niks roer nie.
  3. Plaas die swart pot op ’n rooster oor genoeg kole en ook op die omgedraaide deksel vir eweredige gaarheid.
  4. Bak die poeding vir 20 minute.
  5. Bedien met roomys.