Erina en Mona

mona

Hoendersosatiemarinade

Bestanddele

500 ml (2 k) water

150 ml olie

10 ml (2 t) asyn

30 g sout

20 g paprika

150 ml soja

50 g suiker

15 g mosterdpoeier

80 ml (? k) worcestersous

70 ml appelkooskonfyt

30 g kerriepoeier

250 g uie

Metode

  1.  Kook alles saam tot die uie sag is.
  2. Laat afkoel en meng in ’n voedselverwerker tot ’n sous.
  3. Bedek die sosaties met die sous en los drie dae in die yskas.

Slaai

Bestanddele

blaarslaai gemeng met roketblare

pepergeur-feta-blokkies

grondboontjiebroslekkers

vars aarbeie, gehalveer

balsemieke reduksie

kobmona

Metode

  1. Pak die blare, feta, broslekkers en aarbeie in lae en giet van die reduksie bo-oor.

Gevulde filet en wildebeerwors van Hooikraal Farm Butchery buite Heidelberg.

Papstronk

Maak stywe mieliepap en meng die volgende in:

1 blikkie soetmieliepitte

250 g spek, gebraai

1 groot ui, gekap en gebraai

250 g sampioene, gesny en gebraai

300 g cheddar, gerasper

80 g biltongpoeier

sout en peper na smaak

Metode

Vorm ’n broodjie en maak in tinfoelie toe. Verhit oor warm hitte. Draai dit gereeld.

Werner en Marelize

werner

Bestanddele

Ontbeende lamsboud

1 ontbeende lamsboud

olyfolie

balsemieke asyn

growwe sout

grof gemaalde peper

4 knoffelhuisies

vars roosmaryntakkies

Metode

  1. Vlek die boud sodat dit oral ewe dik is. Sprinkel aan albei kante genoegsaam met die olyfolie en asyn en vryf goed in.
  2. Vryf daarna goed met die sout en peper in. Maak snytjies oraloor en stop met die knoffel en roosmaryn.
  3. Braai 25-30 min. oor matige kole tot halfgaar. Draai ongeveer elke 5 min.

Hoender-souvlaki

Bestanddele

hoenderdye, ontbeen, ontvel en in blokkies gesny

MARINADE

1 kg ongegeurde natuurlike jogurt

½ suurlemoen se sap

10 ml (2 t) sout

4 takkies vars origanum

5 ml (1 t) droë origanum

62,5 ml olyfolie

4 vars knoffelhuisies, gekap

vars gemaalde swartpeper

Metode

Week die sosatiestokkies voor die braai minstens 30 min. in water.

  1.  Meng al die marinadebestanddele en voeg die hoenderblokkies by. Meng goed deur.
  2. Bedek met kleefplastiek en hou minstens 2 uur in die yskas.
  3. Ryg aan die sosatiestokkies en braai 30 min. oor matige kole tot gaar.

Baba-aartappels

Kook die aartappels tot sag. Laat afkoel en sny middeldeur. Smelt botter in ’n pan en voeg die aartappels by. Geur na smaak met vars gemaalde sout en peper. Voeg vars gekapte knoffel by en braai ongeveer 2 min. Voeg vars gekapte pietersielie by en braai nog 5 min.

kobwerner

Bestanddele

Pitabrood

1,75 kg (7 k) koekmeelblom

25 ml (5 t) suiker

15 ml (3 t) sout

10 g kitsgis

50 ml olyfolie

500 ml (2 k) louwarm water

Metode

  1. Meng die meel, suiker en sout goed. Voeg die kitsgis by.
  2. Maak ’n holte in die meelmengsel en voeg die olie en water gelyk by. Knie goed (±10 min) tot glad en elasties. Bedek en laat rys tot dubbel die volume.
  3. Knie af en verdeel in ewe groot stukke. Rol in bolletjies rol uit tot ongeveer 5 mm dik.
  4. Pak op ’n gesmeerde bakplaat en bedek. Laat rys 15-20 min. Braai ongeveer 10 min. oor matige kole.

Griekse slaai

Bestanddele

50 ml balsemieke asyn

100 ml olyfolie

4 takkies vars origanum, blaartjies gestroop

2 rooi-uie, in ringe gesny

1 kg babatamaties

10 ml (2 t) growwe sout

20 ml (4 t) bruin suiker

1 komkommer, in stukke gesny

1 elk rooi en groen soetrissie, ontpit en in repies gesny

100 g ontpitte kalamata-olywe

2 e kappertjiesaad

2 wiele fetakaas, in stukke gebreek

vars ment en origanum vir oorsprinkel

Metode

  1. Meng die asyn, olie en origanum en giet oor die uieringe. Bedek met kleefplastiek en laat staan sowat 2 uur in die yskas.
  2. Halveer die tamaties, sprinkel die sout en suiker oor en laat staan sowat 30 min.
  3. Meng die tamaties, komkommer en soetrissie. Voeg die uie met die marinade en die olywe by en meng deur. Voeg die kappertjiesaad, feta en kruie by.

Tzatziki

Bestanddele

1 groot komkommer

10 ml (2 t) sout

500 g ongegeurde jogurt

10 ml (2 t) knoffelpasta

10 ml (2 t) suurlemoensap

45 ml (3 e) olyfolie

Metode

Rasper die komkommer en sprinkel die sout oor. Laat staan in ’n vergiettes tot heeltemal ontwater. Meng die res van die bestanddele en voeg die komkommer by.

Braaipasteie met karamel, piesang en sjokolade

Bestanddele

1 vel blaardeeg, ontvries

karamelkondensmelk

100 g sjokolade

2 piesangs, in wieletjies gesny

1 eier, geklits

Metode

  1. Rol die blaardeeg oop en sny in agt ewe groot stukke. Skep ’n lepel vol kondensmelk op die een helfte van elke stuk deeg.
  2. Pak ’n blokkie sjokolade op, gevolg deur 2 piesangwiele.
  3. Vou die ander helfte bo-oor en druk met ’n vurk styf vas. Smeer ’n bietjie eier oor en braai ongeveer 12 min. oor stadige kole tot goudbruin.