Natasha en Chris

chrisennatasha

Varknektjops

Geur varknektjops met jou eie speserymengsel.

Bierpotbrood

Bestanddele

1 kg bruismeel

15 ml olie

1 ml suiker

10 ml sout

750 ml bier

1 eier

Metode

Meng alles en bak 45 min. teen 180 ºC tot gaar.

Aartappels

Kook klein aartappels vooraf. Maak ’n holte aan die bokant van elke aartappel en vul met suurroom, botter en knoffel.

Bestanddele

Sampioene

1 k koekmeel

aartappelspeserye na smaak

4 eiers

1 pakkie sampioene

olie vir diepbraai

gouda, mozzarella en cheddar (of enige ander drie soorte kaas van jou keuse)

blaarslaai vir voorsit

chrisennatashakos

Metode

  1.  Meng die koekmeel en die aartappelspeserye in een bak. Klits die eiers in ’n ander bak.
  2. Doop die sampioene in die eier en dan in die meelmengsel. Diepbraai in die warm olie tot goudbruin.
  3. Sny die kaas in repe. Sit die sampioene saam met die kaas in die blaarslaaiblare voor.

“Angel kisses”

Bestanddele

2 houers kersies

1 pakkie spek

SOUS

1 k room

10 ml stroop

15 ml brandewyn

Metode

  1. Draai die helfte van die kersies een-een met die spekstukkies toe en bak teen 180 ºC in die oond tot die spek goudbruin is.
  2. Druk die kersies in die ander houer fyn. Meng oor hoë hitte in ’n kastrolletjie met die room. Voeg die stroop ná 5 min. by wanneer die room verdik het. Voeg die brandewyn by wanneer die sous afgekoel het.

Marlon en Michelle

michelleenmarlon

Hoender kebabs

Bestanddele

Hoenderborsies in blokkies gesny

¼ k sojasous

1 t knoffel granules

½ t chili flakes

Marineer die hoender en braai tot gaar.

Ribbetjies

Geur die ribbetjies met Robertson Shisanyama-speserye.

Sampioene

Bestanddele

Vulsel (na smaak)

Fetakaas

Mozzarella

Knoffel

Swartpeper

Gebruik die doppie van die sampioene en vul dit met die vulsel-mengsel.

Braaibroodjie

Bestanddele

Tamatie

Uie

Cheddar-kaas

Sout en peper na smaak

Slaai

Bestanddele

1 pak gemengde groenblare

Fetakaas

Kersietamaties

michellenemarlontwee

Tuisgemaakte slaaisous

Bestanddele

Sojasous

Olyfolie

Asyn

Sout en peper na smaak

Meng al die bestanddele saam vir die slaaisous.

Braaipaai

Bestanddele

2 skilferdeeg

1 blikkie karamel

1 boksie sjokolade skyfies

1 eier, geklits

Plaas al die bestanddele op die deeg en vou goed toe. Braai op die rooster tot bestanddele gesmelt is.

Charmain en Billy

billytwee

Laaglêhoender en koedoewors

Bestanddele

2 heel hoenders, gesny vir laaglê

hoenderspesery

VULSEL

1 groot ui, fyn gekap

gemengde kruie

oestersampioene

botter teen kamertemperatuur

Metode

  1. Vulsel Meng die bestanddele goed.
  2. Maak die hoendervel liggies los en stop met die vulsel.
  3. Steek die velopenings met tandestokkies stewig toe.
  4. Geur die vleis na smaak met die spesery. Spitbraai 75 min. tot gaar. Sny en sit voor.

Sit die koedoewors 15 min. voor hoender afgehaal word op die kole.

Broodverrassing

Bestanddele

1 kg deeg

1 blok Longwood-roomkaas

1 k mozzarella

ekstra mozzarella vir oorsprinkel

½ k parmesaan

½ k ricotta

rooi rissie

basilie, fyn gekap

knoffel na smaak

½ k botter

pietersielie, fyn gekap

billy

Metode

  1. Maak deegballetjies so groot soos tafeltennisballetjies. Rol in ’n silindervorm van so 15 cm lank, knoop en vou die ente onder knoop in. Pak aan die kant van ’n gesmeerde, vuurvaste bak sodat die middel van die bak oop is.
  2. Meng die kase met die rissie en basilie en knoffel. Skep die mengsel in die middel van die bak.
  3. Smelt die botter en meng nog knoffel en die pietersielie daarby. Borsel die mengsel oor die hele brood en bak ongeveer 20 min.

Somerslaai

Bestanddele

aarbeie, gesny

fetakaas met swartpeper

roketblare

amandels, gevlok

2 e heuning

Metode

  1. Sprinkel die aarbeie en fetakaas oor die roketblare.
  2. Braai die amandels tot ligbruin en voeg die heuning by tot gekaramelliseer.
  3. Strooi die amandels oor die slaai en sit voor saam met balsemieke asyn.

Churros

Bestanddele

1 k water

1 e witsuiker

½ t sout

2 e sonneblomolie

1 k koekmeel

olie vir bak

½ k witsuiker

Metode

  1. Meng die water, suiker, sout en olie in ’n klein pot. Laat kook en verwyder van hitte.
  2. Roer die meel in tot die mengsel ’n bal vorm.
  3. Verhit die olie oor die vlamme en druk met ’n sak repies deeg in die warm olie. Diepbraai tot goudbruin en laat dreineer op kombuispapier.
  4. Rol die gedreineerde churros in die suiker en sit voor met Bar One-sous en tuisgemaakte roosroomys.