Danelle Stoffberg en Philip Nel 

Danelle Stoffberg en Phillip Nel .

Worcestersous-filet

Bestanddele 

filetsnit 
balsemieke asyn 
worcestersous
bruinsuiker 
knoffel 
botter  
olie

Metode

Plaas die filet in ’n braaiskottel. Meng die balsemieke asyn, worcestersous en bruinsuiker saam en bedruip die filet met die marinade. Braai die knoffel in die botter en olie. Vryf dit dan oor die filet en laat dit oornag staan.

Danelle Stoffberg en Phillip Nel se kos.

Hawaise sosaties 
Bestanddele 

uie 
tamaties
sampioene 
soetrissies
pynappel
jong murgpampoentjies 
hoender, in stukke gesny 
peper 
 

Kokoleka ’ohana en ys-holika 
Bestanddele 

malvalekkers 
roomyshorinkies
sjokolade, in stukkies gebreek
tinfoelie 

Metode 

Skep die sjokoladestukkies en malvalekkers in die roomyshorings. Bedek met tinfoelie en braai op die kole tot gaar. 

Stephanus Lingenfelder en Amé Coetzee

Stephanus Lingenfelder en Amé Coetzee.

Beesvleis-frikkadelbroodjies en sampioensous
Bestanddele

patties 
olyfolie
broodrolletjies, oopgesny

Metode

Besmeer die patties met olyfolie en braai tot gaar. Plaas elke patty op ’n broodrolletjie.

Sampioensous 

sampioene, opgesny
botter 
uie, fyngekap
room
bruinuiesop 

Metode 

Braai die sampioene en uie in botter en plaas die pot oor die kole. Voeg dan die room en bruinuiesop by en roer goed deur.

Stephanus Lingenfelder en Amé Coetzee se kos.

Blaarslaai 
Bestanddele

tamaties
kaas 
avokadopeer
balsemieke asyn
suurlemoen 

Metode 

Voeg alles saam in ’n slaaibak en sit voor. 

Patatwiggies
Bestanddele 

patat, in wiggies gesny
sap van een suurlemoen
roosmaryn
kaneel

Metode 

Geur die patat met suurlemoensap en besprinkel met roosmaryn en kaneel. Draai toe in tinfoelie en braai tot gaar.

Piesang en Nutella toegedraai in ’n tortilla en voorgesit met roomys 
Bestanddele

piesangs, in repies gesny
Nutella-sjokoladesmeer
tortillas

Metode

Vul die tortillas met piesangrepies en Nutella. Draai dit dan toe in tinfoelie en braai oor die kole tot gereed.

Attie Louw en Raché Stoffberg

Attie Louw en Rache Stoffberg.

Springbokfilet
Bestanddele 

springbokfilet
Jimmysous of lappiesous
worcestersous
peper
roosmarynblare 

Metode 

Voeg al die bestanddele saam en laat dit oornag staan. Braai die volgende dag tot gaar.

Ciabatta-braaibroodjies
Bestanddele

ciabatta-broodjies
soetrissies, in repies gesny
blatjang
botter
fetakaas, gekrummel
cheddarkaas, gerasper
uie, in ringe gesny
tamatie, gesny
sout
peper
basiliekruid 

Metode 

Sny die ciabatta-broodjies oop. Aan die binnekant, smeer die bokant met botter en die onderkant met blatjang. Pak die ciabatta-broodjies vol kaas, soetrissies, tamatie, uie en basiliekruid en geur dan met sout en peper na smaak. Braai oor die kole soos ’n braaibroodjie tot gereed.

Attie Louw en Rache Stoffberg se kos.

Sjokolade-modderkoek
Bestanddele

sjokolade-kolwyntjie-mengsel (te koop by die meeste supermarkte)
sjokoladesous
okkerneute
vanieljeroomys

Metode

Meng die sjokolade-kolwyntjie-mengsel volgens die aanwysings op die pakkie.
Skep die sjokolademengsel in ’n muffinpan. Maak ’n bakpan vol kookwater, plaas die muffinpan bo-op en bedek die twee panne met tinfoelie. Braai oor die kole tot gaar. Sodra dit gereed is, dop die muffinpan baie versigtig om om die koekies uit te kry. Sit die modderkoekies voor met sjokoladesous, okkerneute en vanieljeroomys.