Ludwig en Sonja

Ludwig en Sonja

Roosterkoek

Bestanddele

1 kg koekmeel
10 gm gis
¼ koppie suiker
knippie sout
louwarm water

Sonja en Ludwig se kos.

Metode

Meng die meel, gis, suiker en sout saam in groot mengbak.
Maak ’n klein gaatjie bo en gooi ’n bietjie van die louwarm water in.
Knie die deeg en voeg nog water by soos verlang.
Plaas die deeg in plastiekhouer met die deksel op en plaas dit in regstreekse sonlig.
Laat die deeg ongeveer een uur lank rys.
Rol klein balletjies en maak dit plat in betreklik groot vierkante.
Braai op die rooster en draai om wanneer die onderkant bruin is. Die deeg sal steeds rys.
Sit voor met botter.

PIERRE & NATASHA

Pierre en Natasha.

Skaaptjops

Genoeg vir agt skaaptjops
Marinade
Bestanddele

20 ml olyfolie
3 knoffelhuisies 
100 ml suurlemoensap 
paar takkies roosmaryn 
paar blaartjies tiemie

Metode

Maal die knoffel fyn en voeg suurlemoensap en olyfolie by. Kap die roosmaryn en die tiemie fyn en voeg by die mengsel.
Smeer die marinade oor die vleis en laat dit oornag in die yskas staan.
Braai oor medium kole tot elkeen se voorkeur.


Geroosterde broodjies met camembert

Broodjies
Bestanddele

Franse brood 
botter
Metode
Sny die Franse brood in snytjies en smeer met botter.
Plaas die broodjies op die rooster en braai aan albei kante totdat dit bruin is.

Camembert-pakkie nommer een
Bestanddele

camembert-ring 
2 teelepels heuning
paar blaartjies vars tiemie
vars vye

Metode

Plaas die camembert-ring op ’n stuk tinfoelie wat groot genoeg is om dit heeltemal toe te draai. 
Sny die vye in kwarte en plaas bo-op die camembert.
Breek die tiemieblaartjies van die plantjie af en sit dit bo-op die vye.
Gooi twee teelepels heuning bo-oor die hele wiel.
Maak die ring met die tinfoelie toe en plaas ongeveer vyf minute lank op die vuur sodat die ring ’n bietjie smelt. Moenie die ring so lank op die vuur los dat dit bars nie.
Maak oop en sit voor met die geroosterde broodjies. 

Camembert-pakkie nommer twee
Bestanddele

camembert-ring 
biltongpoeier 
gekarameliseerde uie

Metode

Plaas die camembert-ring op ’n stuk tinfoelie groot genoeg om hom heeltemal toe te draai. 
Skep die biltong en gekarameliseerde uie bo-op die ring.
Maak die ring met die tinfoelie toe en plaas vir so vyf minute op die vuur sodat die ring ’n bietjie smelt. Moenie die ring so lank op die vuur los dat dit bars nie.
Maak oop en sit voor met die geroosterde broodjies.

Bloubessie en fetaslaai
Bestanddele

1 koppie bloubessies 
groen blare
1 gekapte rooi ui 
1 teelepel papawersaad 
¼ koppie amandels 
fetakaas

Metode

Meng die bloubessies, groen blare, rooi ui, papawersaad, amandels en feta in ’n medium grootte slaaibak.

Slaaisous
Bestanddele

?  koppie balsamieke asyn
1 teelepel heuning
1 teelepel suurlemoensap
¼ teelepel peper 
? koppie olyfolie

Metode

Meng die balsamieke asyn, heuning, suurlemoensap, peper en olyfolie saam en gooi bo-oor die slaai. Wag tot net voordat die slaai voorgesit word om die slaaisous oor te gooi sodat die blare nie pap word nie. 

Melktertjaffels met ietsie warms en ietsie kouds
Bestanddele

150 ml melk 
2 eiergele
20 g koekmeel
60 g suiker 
5 ml vanieljegeursel 
8 snye witbrood 
botter, vir smeer 
kaneelsuiker

Metode

Klits vier eetlepels melk saam met die eiergele. Gooi die meel en suiker daarby en klits tot glad. 
Verhit die oorblywende melk oor ’n lae hitte totdat dit begin kook. Roer vinnig die eiermengsel daarby en hou aan roer totdat dit verdik. Kook saam vir een minuut, roer aanhoudend. Die vla kan baie maklik aanbrand. Gooi die vanieljegeursel by en roer goed saam. 
Smeer botter op die brood en sorg dat die gebotterde snye na buite wys. Skep van die melktertpap in die middel, besprinkel met kaneelsuiker en bedek met nog ’n sny. Rooster in ’n jaffelpan tot bros en goudbruin en sit voor met roomys en koffie.

Pierre en Natasha se kos.

Vispakkie
Bestanddele

1 vars groot snoek
klein bevrore garnale
3 eetlepels appelkooskonfyt
3 eetlepels worcestersous
1 teelepel visspeserye
2 eetlepels gesoute botter (nie margarien)
knippie sout

Metode

Berei die vis voor deur die kop en stert te verwyder en die rugkant oop te sny en skoon te maak.
Smelt die botter. Meng die botter, worcesterous en konfyt saam. Gooi die garnale by die mengsel.
Vul die vis met die mengsel.
Gooi die visspeserye oor en draai toe in foelie.
Braai stadig oor die kole vir ongeveer 40-50 minute en draai gereeld om.
Sit voor met vars skyfies suurlemoen.

Patats
Bestanddele

patats (genoeg vir 6 mense), geskil en in skywe gesny
3 eetlepels gesoute botter, gesmelt
swartpeper na smaak

Metode

Braai op die rooster oor stadige vuur.
Moet nie die patats omdraai nie.
Bedruip kort-kort met sous en braai tot sag.
Swartpeper kan bo-op gesprinkel word.

Seekatslaai
Bestanddele

1 groot rooi soetrissie
klein worteltjies
komkommer, in skyfies gesny
fetakaas, in blokkies gesny
klein tamaties
1 appelliefie, in die helfte gesny
1 tandestokkie

Metode

Sny ’n klein stukkie af aan die onderkant van die rooi soetrissie.
Sny die stuk wat afgesny is, in agt repies om die pote van die seekat te maak.
Rangskik die tamaties, worteltjies en die komkommer in ’n opdienbord.
Plaas die fetakaas in rye tussenin  as afskortings tussen die verskillende groentes.
Maak twee ogies deur die appelliefiehelftes deur dit met tandestokkie aan die rooi soetrissie vas te maak.
Rangskik die repies rooi soetrissies rondom die rooipeper om die voetjies van die seekat te vorm.
Sit voor met slaaisous.

Verrassingspakkie (nagereg)
Bestanddele

suiker roomyshorinkies
klein malvalekkers
Rolo-sjokolade
sjokoladeklontjies
frambose

Metode

Vul die horinkies met al die bestanddele.
Draai die onderkant toe met tinfoelie.
Laat staan in ’n rooster oor die kole totdat die sjokolade gesmelt is.
Sit voor met vanieljeroomys.

Gareth en Lizelle

Lizelle en Gareth.

Soetsuur boerewors
Bestanddele

1 x 44 g-blik pynappelringe, gedreineer (hou die sous eenkant)
1 kg wors
6 sosatiestokkies
12 kersietamaties
12 matige pikantrissies
1 teelepel mosterdpoeier
1 eetlepel suiker
1 eetlepel suurlemoensap
1 eetlepel sojasous

Metode

Ryg die wors op die stokkies. Sny die pynappelringe in kwarte. Deel die wors in ses ewe groot stukke en ryg elkeen op sy eie sosatiestokkie. Sit die stukkie pynappel, ’n kersietamatie en pikantrissies in elke vou. Meng die res van die bestanddele saam en marineer die wors in die mengsel.

Lizelle en Gareth se kos.

Kondensmelk-vla-en-koeksister-roomys
Bestanddele

380 g blikkie Ideal-melk
160 ml kondensmelk
80 ml vanieljevla
5 ml vanieljegeursel
125 ml koeksisters
250 ml room

VIR DIE HORINKIES

120 g donkersjokolade, fyngekap
7,5 ml botter
6 suikerhorinkies

Metode

Vir die roomys, meng die Ideal-melk, kondensmelk, vla en vanielje goed deur tot glad. Sny die koeksisters fyn op en voeg by die mengsel.
Klop die room totdat dit styf word en vou dit by die roomysmengsel in. Plaas die mengsel in ’n plasiekhouer sonder ’n deksel op en vries ongeveer twee uur lank. Roer dit om al die bestanddele eweredig te versprei en los dit oornag in die vrieskas.

Om die sjokoladehorinkies te maak, smelt die sjokolade en botter saam en roer tot glad. Doop die bokant van die horinkies in die sjokolademengsel en plaas dan die sjokoladekant op bakpapier en laat dit vir ongeveer 45 minute afkoel. Sit voor met roomys.