Stephanie Bester en Laynne Botes

Stephanie Bester 

ASYNPOEDING

Bestanddele 

Sous

2 k water, 
2 k suiker 
½ koppie asyn

Poeding

1½ e botter
½ k suiker
2 eiers
2 t gemmer
¼ t sout
1½ k meel 
1 t koeksoda
fyn neut of kaneel na smaak
2 e appelkooskonfyt

Metode 

1.Sous Kook die water, suiker en asyn tot die suiker opgelos is en laat dit afkoel.
2. Poeding Klop botter en suiker saam en voeg geklitste eiers by.
3. Sif die droë bestanddele saam en voeg by.
4. Roer die konfyt by en meng deeglik. 
5. Plaas die deeg in die sous in ’n groot bakskottel.
6. Bak 30-40 min. of tot die poeding bruin raak oor middelmatige hitte op die kole of teen 180°C in jou oond.
7. Bedien met vla.

KNOFFELBALLE

Hierdie voorgereg/bygereg is so eenvoudig, jy het eintlik nie ’n resep nodig nie.

Bestanddele 

1 sak brooddeeg
1 cm-blokkies kaas van jou keuse 
1-4 knoffelhuisies, gekerf of gerasper
3 e botter
pietersielie, fyn gekap 

Metode

1. Breek die deeg op in porsies van ongeveer 4 cm.
2. Vul die binnekant van elk met ’n stukkie kaas en ’n bietjie knoffel.
3. Vou toe en maak ronde balletjies. Plaas die balletjies eenkant om ’n halfuur te rus.
4. Smelt intussen die botter, knoffel en pietersielie saam in ’n pan. Jy kan speserye ook byvoeg – enigiets wat jou smaak kielie.
5. Plaas die balletjies in ’n swart pot en bak ongeveer 10 minute oor matige kole tot hulle goudbruin verkleur het. Onthou om die pot se deksel op te sit en plaas ’n paar kole bo-op die deksel.
6. Sodra die balletjies uit die pot kom, verf dit met die bottermengsel en sit dadelik voor.
7. Knoffelverslaafdes kan knoffelsout bo-oor ook strooi.

Stephanie Bester en Laynne Botes se kos.

Laynne Botes se resepte:

HADJIE SE SOETSUUR-BRAAIHOENDER MET BRAAISOUS
GENOEG VIR 6-8 MENSE

Bestanddele

Sous
1½ L water
1 k asyn
½ bottel sterk blatjang (moenie suinig wees nie)
115 g tamatiepuree
2 k suiker
1 e BBQ-speserye
1 t sout
1 e knoffel 
1 e growwe peper
3 e worcestersous

Hoender

4 uie, fyn gekap 
8 hoenderboudjies
8 hoenderdye
kookolie
4 e Maizena

Metode

1. Sous Meng alles in ’n beker en roer goed deur.
2. Hoender Braai die uie in die olie in ’n pot tot ligbruin.
3. Voeg die hoenderstukke en sous by en laat prut so 20 min.
4. Haal die hoender uit en plaas dit in ’n braaibak.
5. Verdik die sous met die Maizena.
6. Doop die hoenderstukke in die verdikte sous en braai op die rooster oor warm kole.
7. Draai die hoender om nadat dit weer in sous gedoop is en braai totdat die stukke ’n lekker geskroeide tekstuur het.
8. Plaas hoenderstukke in ’n braaibak, skep ’n koppie sous daaroor en sit voor.

GEBRAAIDE PERLEMOENKOEKIES

Bestanddele

2 kg perlemoen, gemaal 
4 uie, gerasper 
4 groot aartappels, gekook en fyngedruk
3 e pietersielie, fyn gekap 
1 t sout
1 t growwe swartpeper
1 t knoffel, grof gekap 
knippie neutmuskaat
2 eiers, geklits
krummels

Metode 

1. Meng al die bestanddele behalwe die eiers en krummels, en rol dit in bolletjies.
2. Doop die bolletjies in die geklitste eier en dan in ’n bak met die krummels.
3. Pak soos vleiskoekies op die bord uit.
4. Spuit die rooster met kossproei en braai die koekies tot ligbruin oor matige kole.
5. Draai die koekies net twee keer om.

Tannie Mossie en Riaan Bester .

Tannie Mossie se resepte

CIABATTA-BRAAIBROOD

Bestanddele

1 ciabatta
botter
kaas, gerasper 
uie, in skywe gesny
tamatie, in skywe gesny
sout en peper na smaak

Metode

1. Sny die brood horisontaal in die helfte deur en smeer die binnekant met botter.
2. Pak ’n lagie kaas, dan tamatie, sout en peper. Pak ’n lagie uie. Eindig met ’n laag kaas.
3. Maak die brood toe en braai stadig oor die kole sodat die kaas lekker gesmelt is.
4. Sodra die broodjie goudbruin van kleur en die kaas gesmelt is, haal dit af van die rooster, sny in skywe en sit voor.

GEBRAAIDE GROENTE

Bestanddele 

kookolie 
1 ui, in skywe of blokkies gesny
3 soetrissies (een elk rooi, groen en geel)
1 pakkie vars sampioene (nie die blikkie nie)
sout en peper
worcestersous 

Metode 

1. Plaas jou swart pot op die kole en laat die olie warm word.
2. Braai die ui tot sag en glasig, voeg dan die soetrissies by en roer deur.
3. Gooi laastens die sampioene by en laat stadig prut tot sag.
4. Voeg sout, peper en worcestersous by. 
5. Sit warm voor.

MENGELSLAAI

Bestanddele

1 kropslaai, in stukkies gebreek en gewas
1 tamatie, in wiggies gesny
1 ui, in ringe gesny
1 wiel feta, in blokkies gebreek
komkommerstukkies 
paar olywe

Metode 

1. Meng alles behalwe die olywe versigtig in ’n slaaibak.
2. Strooi die olywe bo-oor die slaai.
3. Sit voor saam met slaaisous en balsemieke asyn.

GEKOOKTE SAGOPOEDING

Bestanddele 

Sago
? k sago
1½ k water
3 eiers
½ k suiker
1 t vanieljegeursel
½ t sout
1 blik ingedampte melk
1 k volroommelk
½ t kaneel

Vla

1 L volroommelk
½ k suiker 
3 e vla-poeier 
sout
’n bietjie water
vanieljegeursel

Metode

1. Week die sago twee uur in die water.
2. Skei die eiers en klits die gele. Roer dit by die suiker, vanieljegeursel en sout. Voeg by die sago.
3. Verhit die ingedampte en volroommelk tot kookpunt in ’n dikboompot. 
4. Roer die sago-mengsel by en sit die pot se deksel op.
5. Laat prut 10 min. oor lae hitte en roer af en toe.
6. Klits die eierwitte tot styf, maar nie droog nie. Roer by die sago-mengsel.
7. Skep uit in ’n dienbak, strooi kaneel oor en bedien met vla of stroop.
8. Vla Verhit die volroommelk tot kookpunt.
9. Meng die suiker, vla-poeier en sout met ’n bietjie water tot ’n gladde pasta.
10. Sodra die melk kook, voeg die vla-mengsel by en kook tot gaar. 
11. Roer gedurig. Voeg vanieljegeursel by en roer deur.

Tannie Mossie en Riaan Bester se kos.

Riaan Bester se resepte

RIAAN SE HOENDERVLERKIES

Bestanddele 

2-3 pakkies hoendervlerkies, skoongemaak
soetrissiesous
knoffel 
geelsout 

Metode

1. Swaai die vlerkies drie minute in jou mikrogolfoond.
2. Meng die soetrissiesous en die knoffel in ’n bakkie. Rol die helfte van die vlerkies deur die mengsel.
3. Braai die soetrissievlerkies op die rooster oor matige hitte.
4. Strooi net die geelsout oor die ander helfte van die vlerkies en braai.

GEBRAAIDE LAMSTJOPS

Bestanddele

2 e. olyfolie
1 e. asyn
braaispeserye (soos koljander, braaivleissous, peper en sout)
1 e worcestersous
enige snit lamstjops (Ons is lief vir die blad- en rugtjops.)

Metode 

1. Meng die eerste vier bestanddele in ’n plastieksak. 
2. Plaas die vleis in die sakkie en marineer twee uur.
3. Braai oor warm kole terwyl jy tussendeur nog speserye oor strooi.