Abe en Maryke

abe-en-maryke

Dronk-hoender

Bestanddele

heel hoender

1 blikkie bier

Coke

olyfolie

knoffel-kruie-spesery

growwe sout

growwe peper

uiflokkies

suurlemoen-krui-spesery

gemengde-spesery

suurlemoen-swartpeper-spesery

Metode

Smeer die hoender met olyf olie.

Sny langwerpige snitte oor die hoender se bors, rug en boudjies (beide kante).

Sprinkel spesery (na smaak) oor die hele hoender en vryf goed in al die snitte in.

Gooi ’n kwart van die bier uit en top die blikkie op met Coke.

Plaas die hoender oor die blikkie met die bier en coke mengsel in.

Krap die kole in ’n sirkel en plaas die hoender regop daarin (Weber verkieslik).

Plaas die deksel op en braai vir 35 – 45 minute tot die hoender deurgaar is.

Sny die hoender in stukke, plaas in oondbak en gooi van die bier-Coke-mengsel oor. Sit vir ’n verdere 5-10 minute op kole.

Boerewors soesjierol

Bestanddele

2 20cm-stukke kaasboerewors

lang repies spek

gerasperde kaas

tandestokkies

Metode

Vleg spekrepies om ’n kombersie te vorm.

Braai die kaasboerewors tot medium gaar.

Plaas kaasboerewors op die spek en bedek met kaas.

Rol die wors en kaas toe met die spek kombersie.

Steek die tandestokkies deur die soesjierol om alles bymekaar te hou.

Plaas op nie te warm kole vir 25 – 35 minute tot spek gaar is.

Amarula-patats

Bestanddele

1 klein sakkie patats

Amarula

Muscovado bruinsuiker

25ml botter

Metode

Kook die patats sag.

Sny patats in ringe met skil aan.

Plaas die patats in ’n foeliebakkie.

Gooi botter oor die patats.

Strooi bruinsuiker ligtelik oor die patats (na smaak).

Gooi rofweg die Amarula oor.

Plaas ’n foeliedeksel oor die bakkie.

Plaas op indirekte kole tot die sousie dik is.

Broccolislaai

Bestanddele

Vir die slaai

1 koppie broccoli, in blommetjies gebreek

1 koppie blomkool, in blommetjies gebreek

200g kersietamaties, gehalveer

5 t papawersaad

2 rooi uie, in ringe gesny

abe-en-maryke

Vir die slaaisous

½ k suiker

½ k witasyn

1 k sonneblomolie

1 t sout

2 t Dijon-mosterd

Metode

Meng slaaisous-bestanedele saam en plaas in yskas.

Meng slaai-bestanedele saam (vars).

Gooi slaaisous oor en bedien.

Lemoen-braaipoeding

Bestanddele

6-8 lemoene

2 eiers

250ml suiker

500ml bruismeel

5ml sout

1 blikkie grenadellamoes

Vir die stroop

30ml botter

125ml water

250ml suiker

5ml vanieljegeursel

Metode

Vir die lemoenvulsel

Sny die lemoene se deksels af.

Hol die lemoen uit.

Meng die eiers, suiker, bruismeel, sout en grenadellamoes saam.

Skep koekmengsel tot in helfde van die lemoen.

Sit die deksels terug.

Steek vas met tandestokkies.

Draai in foelie toe.

Plaas tussen warm kole en bak tot gaar.

Vir die sous

Verhit alle bestanddele saam in potjie.

Haal deksels van warm lemoene af.

Druk gaaitjies in die koek vulsel in.

Strooi die sous oor.

Hannes en Ursula

hannes-en-ursula

Uie-en-peper-filet

Bestanddele

½ blik uie-marmalade

1 blik Hollandaise-sous

2 pakkies pepersous

1 hele beesfilet (verourderd)

olyfolie

suurlemoensap

growwe sout

swartpeper

steak-spesery koljander

Metode

Laat filet vir 30 minute asemhaal buite die verpakking.

Smeer filet met olyfolie en bewerk met sout, peper en steak-spesery.

Bedruip suurlemoen oor en vryf in.

Laat staan vir 20 minute.

Braai die hele filet op warm kole tot onder-medium gaar (ongeveer 5-10 minute afhangende van die dikte van filet)

Terwyl die vleis braai, gooi jou souse bymekaar in ’n swaarboom pot en laat dit prut op die vuur.

Sny die punte in skywe en vlinder die middel van die filet.

Plaas die gesnyde porsies in die swaarboom pot, roer deur en laat prut tot gaar na smaak.

Bedien met potsous op vleis.

Mieliegereg

Bestanddele

60ml koekmeel

60ml suiker

60ml margarien

15ml bakpoeier

4 eiers

2 blikke suikermielies

190ml melk

Metode

Meng alles saam en gooi in gesmeerde foeliepan.

Maak toe met foelie.

Braai op medium kole vir 30 minute.

Maak dan oop en laat dit verder braai.

Onthou om die foeliepan gereeld te draai op die kole.

hannes-en-ursula

Sampioene

Bestanddele

6 groot braaisampioene

1 pakkie gekapte spek

kaas, gerasper

knoffelbotter

Metode

Braai jou gekapte spek tot gaar

Smeer die sampioene met knoffelbotter

Skep die spek oor die sampioene

Rasper die kaas oor.

Plaas in foeliebak op lae hitte.

As die kaas gesmelt is, sal die sampioene gaar wees.

Poeding in ’n blik

Bestanddele

6 blik bekers

12 karamel sjokolades (klein Bar-one)

gekrummelde mariebeskuitjies

12 malvalekkers

tuisgemaakte vla (sien onder)

gesoute gekrummelde kasjoeneute

Metode

Spuit blikbekers met kossproei

Krummel mariebeskuitjies in. Ongeveer 3 per koppie

Plaas sjokolade, malvalekkers, vlae en neute in.

Bedek met foelie.

Plaas op kole wat amper dood is.

As die malvalekkers gesmelt is, is die poeding reg!

Bedien en geniet

Tuisgemaakte vla

Bestanddele

3 e suiker

3 e Meizina/koringmeel

2 eiers

3 k melk

1 t vanielje-ekstrak

Metode

Gooi die melk, Meizina en eiers in ’n swaarboompot.

Plaas op medium kole.

Roer gereeld tot dik.

Verwyder van kole en voeg suiker en vanielje by.

Roer tot suiker gesmelt is.

Plaas eenkant en laat dit afkoel.

Geniet warm of koud.

Stefan en Mariana

stefan-en-mariana

“Don’t let me down” gerookte varknek op die spit

Bestanddele

gerookte varknek

foelie

Metode

Steek die varknek deur op die spit.

Draai die varknek toe met foelie. (Onthou blink kant vleis toe)

Sit die varknek op ’n indirekte vuur.

Braai die varknek vir ±1 uur met die foelie om.

Haal die foelie af na ’n uur en braai dan die nek vir ongeveer nog ’n halfuur om bruin te word aan die buitekant.

Maak seker dat jou vuur nie die laaste halfuur té warm is nie, anders gaan die nek brand.

Haal die nek af en sny in fyn skywe. (As jy nie direk gaan eet nie, hou warm. Pasop net dat die vleis nie uitdroog nie)

Hoender

Bestanddele

Hoederstukke (enige stukke van voorkeur)

Aromat

tamatiesous

blatjang

droeë witwyn

Metode

Braai die hoenderstukke op ’n matige vuur.

Na elke draai, gooi bietjie Aromat op al die stukke hoender.

Meng die tamatiesous en die blatjang 50/50 en roer goed deur.

Voeg ’n klein bietjie droeë witwyn by na smaak, maar die mengesel moet nogsteeds dik wees.

Vier draaie voor die hoender gaar is, begin om die mengsel deeglik met ’n kwas op al die stukke te smeer.

Maak seker dat kwaswerk gedoen word voor die hoender te droog braai.

Draai die hoender vinnig om dat die sous nie aanbrand nie. (Vuur is nou kouer as matig)

Ná elke draai, kwas die hoender deeglik met die sous, nie meer as vier draaie nie.

Bedien direk na braai.

Warm mosterdsous

Bestanddele

2 eiers

100ml water

20ml mosterdpoeier

10ml mielieblom

3ml sout

50ml suiker

100ml witasyn

Metode

Klits eiers in ’n bak en voeg res van die bestanddele by.

Klits goed.

Plaas bak oor kastrol met kookwater en roer sous tot dik.

Sit warm voor by die varknek.

“Electric Avenue” slaai

Bestanddele

Vars druiwe – omtrent 500g

3 pakkies jellie

Metode

Maak die jellie volgens die pakkie se instruksies.

Gooi druiwe by en laat stol.

stefan-en-mariana

“Hungry Eyes” aartappels

Bestanddele

8-10 aartappels

Worcestersous-spesery

botter

olyfolie

Kook aartappels tot sag.

Sny op plat kant oop.

Sny met mes klein blokkies op aartappelhalwes sonder om deur te sny.

Gooi Worcestersous-spesery oor.

Sit hompies botter op elke aartappel helfte en gooi olyfolie oor.

Bak oop vir 40 minute met indirekte kole.

Banana-ramas

6 tortillas

Nutella

6 piesangs

room

kakaopoeier

kersies

kruisementblare

Smeer elke tortilla dikkerig met Nutella.

Rol piesang daarin toe.

Braai op kole.

Klits room bietjie styf, gooi bo-oor as opdien met kakaopoeier, kersie en kruisementblare