Greame en Sonja

sonja-en-graeme

Wildswors

Bestanddele

wildswors – gemsbok en springbok met vetstertskaap gemeng

Metode

Rooster oor matige hitte en sny as ’n versnapering op.

Koedoefilet

Bestanddele

koedoefilet

karringmelk

vars knoffel

suurlemoensap

Metode

Marineer die filet drie dae lank in karringmelk, knoffel en suurlemoensap om van die ergste wildsmaak ontslae te raak.

Braai as geheel oor warm kole en sny in dik skywe.

Sit saam met sampioensous voor.

Sampioensous

Bestanddele

ui, fyn gekap

botter

sampioene, gekap

1 e vars tiemie

1 steranys

sout en vars gemaalde swartpeper

3 e parmesaankaas, fyn gerasper

2 e truffel-olie

Metode

Braai die ui saam met die botter in ’n pan tot ligbruin.

Voeg die sampioene, tiemie, steranys en sout en vars gemaalde peper by.

Voeg die parmesaankaas en truffel-olie by en meng goed deur.

Skaapribbetjie

Metode

heel ribbetjie

Worcestersous

suurlemoensap

sout

Geur die ribbetjie met die Worcestersous, suurlemoensap en sout.

Braai 2 uur op sy sy langs ligte kole.

Die vet moet stelselmatig uitdrup om die krakerige tekstuur te verkry.

sonja-en-graeme

ChowChow (TjouTjou)

Bestanddele

aartappels

uie

1 e botter

vars pietersielie

Metode

Draai heel aartappels en uie individueel in tinfoelie toe.

Plaas in matige kole en braai tot sag.

Kap alles fyn.

Smelt die botter in ’n pan op die kole en voeg die aartappels en uie by.

Braai tot ligbruin.

Versier met die vars pietersielie voor jy dit voorsit

Slaai

Bestanddele

rooi soetrissie

geel soetrissie

6 klein eiervrugte

fetakaas

roketblare

Metode

Braai die groente op die kole tot sag.

Verwyder die vel van die soetrissies en sny in lang skywe.

Sny ’n gleufie in die eiervrugte en sit ’n blokkie fetakaas binne-in.

Plaas die soetrissies en eiervrugte bo-op die roket.

Slaaisous

Bestanddele

1 knoffelhuisie

1 e okkerneutolie

2 e wynasyn

1 t heuning

Metode

Kap die knoffel fyn.

Meng die res van die bestanddele.

Taaitoffiepoeding

Bestanddele

190 g koekmeel

knippie sout

1½ teelepels bakpoeier

120 g sagte bruinsuiker

120 ml melk

2 eiers

2 teelepels vanielje-ekstrak

6 eetlepels gesmelte botter

Vir die toffiesous

120 g botter

200 g bruinsuiker

250 ml volroom room

Metode

Sif en meng die meel, sout en bakpoeier in ’n groot mengbak.

Voeg die suiker by en meng goed.

Voeg in ’n ander mengbak melk, eiers, vanielje en gesmelte botter.

Meng goed tot dit ’n skuim vorm.

Voeg die melkmengsel by die meelmengsel.

Giet in ’n bakpan wat goed met botter gesmeer is.

Bak in ’n varkoondjie oor matige kole tot die beslag rys en gaar word, ongeveer 30 tot 50 min.

Maak die toffiesous deur al die bestanddele saam te laat prut in ’n klein potjie oor matige kole.

Haal die bakpan uit die oond en bedek met die toffiesous.

Laat staan. Kan ook saam met roomys voorsit.

Gary en Jackie

gary-en-jackie

Lentekadetjies

Bestanddele

1 geel soetrissie

1 groen soetrissie

1 rooi soetrissie

3 wortels

1 klein ui

4 repies spek

4 sampioene

speserye

deeg vir Oosterse rolletjie

olie

Metode

Sny al die groente behalwe die sampioene en ui in repies en braai tot amper gaar.

Kap die ui, spek en sampioene fyn en braai apart tot gaar. Geur met die speserye.

Wag tot alles afgekoel het.

Rol die kadetjie deur albei mengsels in die deeg te plaas en toe te rol.

Braai in warm olie tot gaar.

Skaapkotelette

Bestanddele

braaispeserye van jou keuse

olyfolie

Worcestersous

suurlemoensap

skaapkotelette (ribbetjiestuk)

Metode

Maak ’n marinade uit die speserye, olyfolie, Worcestersous en suurlemoensap en laat staan die vleis oornag daarin.

Bring tot kamertemperatuur voor braaityd.

Braai oor hoë hitte tot gaar en die vet krakerig.

Kruisskyf

Bestanddele

kruisskyf

growwe sout

olyfolie

Metode

Marineer die vleis in die sout en olyfolie en laat rus teen kamertemperatuur tot braaityd.

Braai oor warm kole soos verlang.

gary-en-jackie

Kersies in spekkombersies

Bestanddele

kersies

repies spek

10 ml olie

Metode

Draai elke kersie toe in ’n repie spek en steek stewig vas met ’n peuselstokkie.

Braai op die vuur in ’n pannetjie met olie tot die spek krakerig is.

Aartappels in bottersousie

Bestanddele

baba-aartappels

knippie sout

500 g botter

knoffel, gekap

speserye van jou keuse

koekmeel

melk

vars koljander, fyn gekap

Metode

Kook die aartappels in ’n pot met water en ’n knippie sout op die vuur.

Maak die sous deur die botter te smelt en die knoffel en speserye daarin te braai.

Voeg die koekmeel en melk by om die sous te verdik.

Giet die sous oor die aartappels en laat rus sodat die smaak kan intrek. Meng die koljander deur.

Verhit in die oond net voor jy dit voorsit.

Aarbeie-fetaslaai

Bestanddele

aarbeie

spekboomblaartjies

fetakaas

sprietuie

Metode

Sny al die bestanddele in stukkies en voeg bymekaar.

Sit voor saam met die slaaisous van jou keuse.

Laventel-gegeurde roomys

Bestanddele

3 eiers

100 ml strooisuiker

250 ml melk

laventelblommetjies

400 ml room

Metode

Klits die eiers en strooisuiker saam.

Maak die melk warm, maar moenie kook nie.

Voeg die laventel in en laat staan.

Giet die melk stadig by die eiermengsel en klits.

Verhit die mengsel weer, maar moenie kook nie.

Laat afkoel en giet die room by.

Laat in die vrieskas verkoel.

Suikerkuns

Bestanddele

300 ml suiker

Metode

Smelt die suiker op die vuur in ’n pannetjie.

Spin oor ’n kleinerige pot om drade te vorm.

Sit voor saam met die roomys.

Emily en Henning

henning-en-emily

Emily se paptert

Bestanddele

½ rooi-ui, fyn gekap

2 pakkies spek, gekap

1 blikke tamatie-puree

½ koppie witwyn

2 e suiker

2-3 vars tamaties, opgesny (opsioneel)

roosmaryn-en-olyf-speserysout

vars basiliekruid (opsioneel)

8 k koue water

sout na smaak

4 k mieliemeel

2 blikkies geroomde soetmielies

parmesaankaas, gerasper (opsioneel)

250 ml vars room

3 k sterk cheddarkaas, gerasper

Metode

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Verbruin die rooi-ui oor matige hitte.

Braai die spek in ’n aparte pan bruin tot die vet krakerig is.

Laat die tamatie-puree, wyn, suiker en vars tamaties prut oor ’n lae hitte met die roosmaryn-en-olyf-speserysout en vars basiliekruid.

As dit te dik raak, voeg ’n bietjie water by, maar dit moet die agterkant van ’n lepel kan bedek.

Maak die pap. Wanneer die soutwater begin kook, voeg die meel koppie vir koppie by en roer tot die klonte verdwyn.

Verlaag die hitte na matig en plaas die deksel op om gaar te word. Roer elke 10 min.

Die pap moet ’n gladde tekstuur hê en sag genoeg wees om gesmeer te word; nie te styf nie. As dit te styf is, voeg nog ’n koppie water by.

Voeg 1 blikkie mielies (asook die parmesaan indien verkies) by die pap en meng deeglik deur.

Begin die tert in ’n diep oondbak bymekaarsit deur eers kossproei te spuit en dan die eerste laag pap te smeer.

Sprinkel die spek en uie oor en dan een of twee eetlepels soetmielies gevolg deur tamatiesmoor en ’n bietjie room. Sprinkel genoeg kaas oor.

Die geheim lê in die pap-sous-verhouding sodat die tert nie droog is nie, maar ook nie te loperig sodat dit vorm verloor nie.

Herhaal die lae tot die bak amper vol is. Die boonste laag moet genoeg sous hê; voeg dus die oorblywende smoor en room by.

Sprinkel die boonste laag met genoeg cheddarkaas om die hele tert te bedek en plaas in die oond.

Bak 10 min. op 180 °C en daarna onder die rooster tot goudbruin.

Beet-en-okkerneutslaai

Bestanddele

1 pakkie bababeet

gesoute botter

sout en vars gemaalde peper

1 pakkie rou okkerneute

2 e suiker

2 e heuning

1 pakkie roketblare

1 houertjie fetakaas

olyfolie en suurlemoensap

Metode

Vir die beet

Was die bababeet goed onder die kraan af en sny die growwe kante af.

Kook die beet ongeveer 15 min. tot halfgaar. Moet dit nie kook tot sag nie.

Sny blokkies tinfoelie groot genoeg om elke beet individueel toe te vou en maak seker die tinfoelie is groot genoeg om die beet mooi te seël.

Plaas ’n klontjie gesoute botter, sout en vars gemaalde peper saam met elke stukkie beet in die tinfoelie.

Wanneer die kole lekker warm is, kan jy die beet op die kole gooi.

Nie te naby aan die vlamme nie en los dit ongeveer 10 min. op die kole.

Dit is belangrik dat die beet afkoel voor dit voorgesit word.

Vir die neute

Kneus die neute sodat dit ’n bietjie fyner word en nie te groot stukke is nie.

Plaas in die pan oor lae hitte of min vlamme.

Sprinkel die suiker en heuning oor die neute.

Jy moet die hitte fyn dophou sodat die neute nie te vinnig brand nie. Roer aanhoudend.

Wanneer die neute bruin is, en op ’n paar plekke ’n bietjie swart, is dit reg.

Bou die slaai

Dit is jou keuse of jy een groot slaai wil maak of vir elke bord apart wil maak. Pak eers die roketblare.

Sny elke beet in die helfte en pak in die slaai.

Krummel die fetakaas oor die slaai en daarna die neute.

Sprinkel ’n bietjie olyfolie en suurlemoensap oor die slaai.

Wagyu-beesvleis

Bestanddele

Wagyu-beesfilette

olyfolie

vars roosmaryn

sout of braaisout van jou keuse

Metode

Laat die filette oornag in olyfolie, vars roosmaryn en sout.

Moenie te veel met die vleis karring nie.

Braai oor warm kole soos verlang.

henning-en-emily

Botter-, wyn- en roosmarynsous

Bestanddele

1 e ingelegde groen peperkorrels

100 ml droë witwyn

1 t suurlemoensap

¼ blok gesoute botter

Metode

Kneus die peperkorrels met die plat kant van ’n mes op jou bord.

Plaas dit in die pan en begin oor matige hitte braai.

Voeg die wyn by. Dit is belangrik dat die wyn tot kookpunt kom.

Voeg die suurlemoensap en botter by oor baie stadige hitte en roer goed in.

Eiervrye plaatkoekies met gebraaide vrugte

Bestanddele

1 k meel

1 eetlepel bakpoeier

1 e suiker

knippie sout

1 k melk

1 e olie en ekstra vir vlakbraai

Vir die gebraaide vrugte

mengsel van vars vrugte (om by die tema te pas, is alles groen en geel)

1 k suiker

1 k witwyn

mascarpone-kaas vir voorsit

Metode

Meng al die droë bestanddele. Voeg die melk en olie by.

Maak seker jou pan is warm en deeglik met olie bedek.

Skep lepels vol beslag in ’n pan oor matige hitte, wag tot borrels bo-op vorm, draai om en braai vinnig aan die anderkant tot gaar.

In ’n aparte pan, voeg die vrugte en suiker in.

As dit begin braai, voeg die wyn by. Dit is belangrik dat jou wyn tot kookpunt kom en die alkohol uitkook. As jy meer vloeistof in jou vrugte wil hê, kan jy altyd water byvoeg.

Sit voor saam met ’n eetlepel vars mascarpone-kaas.