Johann en Inez

Johann en Inez

Bestanddele (hoeveelhede na smaak)

lamsboud

bruinsuiker

vars koljander

repiespek

rooiwyn

botter

vars roosmaryn

1 houertjie suurroom

gedroogde perskes

babawortels

baba-aartappels

broccoli, in florette gebreek

Metode

Vryf die lamsboud goed met bruinsuiker, koljander.

Maak klein snytjies en druk repiespek daarin.

Marineer minstens12 uur in rooiwyn.

Smelt botter in ’n warm pot.

Braai die lam tot bruin op hoë temperatuur.

Voeg roosmaryn en rooiwyn by.

Kook 1½ uur oor lae hitte.

Roer gereeld en voeg rooiwyn by soos nodig.

Voeg helfte van die suurroom by en kook 30 min.

Voeg die gedroogde perskes by en kook vir 1 uur.

Voeg die groente en res van die suurroom by en kook tot sag.

Koeskoes

½ k uie, gekap

2 t vars knoffel

1 e olyfolie

½ t komyn

½ t rissiepoeier

½ k koeskoes

1 k hoenderaftreksel

Metode

Braai uie en knoffel in olyfolie oor matige hitte tot sag.

Roer komyn en rissiepoeier in en kook 1 min.

Roer die koeskoes en hoenderaftreksel in en haal van die hitte af.

Laat staan 5 min.

Johann en Inez

Churro’s met donkersjokoladesous

Bestanddele

1 k water

½ t sout

2 e bruinsuiker

1 k meel

3 eiers

kaneel na smaak

2 e olie

Metode

Kook die water, sout, suiker en olie op hoë hitte.

Haal van hitte af en voeg meel by.

Roer tot dit ’n bal vorm.

Laat dit afkoel.

Voeg eiers een-een by en kaneel na smaak.

Roer tot glad.

Plaas olie in groot swaarboompan op hoë hitte.

Verplaas churro-deeg na ’n pypsak.

Druk fyn repies deeg direk in die warm olie en braai tot goudbruin.

Plaas op servette om die ekstra olie te absorbeer.

Donkersjokoladesous

Bestanddele

2 groot blokke donkersjokolade

1 groot blok melksjokolade

1 koppie room

rissiepoeier na smaak

Metode

Plaas ’n klein potjie op matige hitte.

Voeg gebreekte sjokoladeblokkies en room by.

Roer to glad.

Gooi rissiepoeier by na smaak.

Johan en Tania

Johan en Tania

Ribbetjies

Bestanddele

ribbetjies van jou keuse – ons het varkliesribbetjies gebruik

1 k bruinsuiker

1 t rooi soetrissiepoeier

1 t knoffelpoeier

1 t uiesout

2 t gerookte paprika

1 t mosterdpoeier

braaisous van jou keuse

Stappe

Verwyder die vliesie aan die beenkant van die ribbetjie.

Meng al die speserye en vryf goed in die ribbetjie.

Laat staan oornag.

Voorverhit die oond tot 150 °C.

Voer oondpan uit met foelie, plaas die ribbetjie op die foelie en bedek die pan.

Plaas die ribbetjie in die oond en bak 45 min.

Verwyder en braai verder op die kole.

Gebruik ’n goeie braaisous en smeer of doop die ribbetjie gereeld in die sous.

Sny op en sit voor.

Hoendervlerkies

Bestanddele

sosatiestokkies

hoendervlerkies, punte verwyder

vryfmengsel soos bo genoem

Vir die doopsous

1 k mayonnaise

1 k suurroom

1 driehoek bloukaas, gekrummel

rissiesous van jou keuse

Metode

Smeer vlerkies in met vryfmensel soos bo.

Ryg 3 vlerkies in op elke sosatiestokkie.

Braai oor matige kole tot gaar.

Meng die bestanddele vir die sous goed en voeg soveel rissiesous by soos verlang.

Skep in bakkies en sit voor saam met vlerkies.

Gevulde aartappels

Bestanddele

6 groot aartappels

tinfoelie

1 houer sampioene

1 pakkie spek

1 ui, gekap

vars tiemie

1 houer uie-en-sprietui-roomkaas

1 blok sterk cheddar, gerasper

botter vir braai

sout en peper na smaak

Metode

Draai die aartappels toe in foelie en plaas in die kole om gaar te word.

Dit duur sowat 1 uur.

Haal uit die foelie en sny middeldeur.

Skep die sagte binnekant uit die skil.

Braai die ui, spek en sampioene in botter en geur met tiemie, sout en peper.

Voeg die aartappel by en meng goed.

Roer nou die roomkaas by en skep terug in die aartappelskille.

Strooi kaas oor en plaas terug op die vuur of bak in die oond tot die kaas gesmelt het.

Johan en Tania

Mexikaanse mielies

Bestanddele

6 geelmielies

2 e botter

½ k mayonnaise

2 knoffelhuisies, fyngedruk

2 skywe feta, gekrummel

rissiesout

Metode

Braai die mielies op die vuur tot gaar of kook 10 min. in water met botter tot gaar en plaas dan op die vuur om te verbruin.

Haal die mielies van die vuur af.

Meng die mayonnaise met die knoffel en smeer oor die mielies.

Rol die mielies in die feta en strooi die rissiesout oor.

Groenslaai

Bestanddele

Vir die slaai

1 pak baba spinasie of baba-slaaiblare

250g broccoli, geblansjeer

250g groenboontjies, geblansjeer

1 houer mange tout, suikerertjies of albei

1 avokadopeer, in skywe gesny

’n hand vol groen druiwe, in helfte gesny

’n hand vol seldery, gekerf

’n hand vol bosbessies

’n hand vol okkerneute, gekap en gerooster in ’n pan

feta (opsioneel)

Vir die slaaisous

3 e heuning

2 e Dijon-mosterd

2 e rooiwynasyn

6 e olyfolie

Metode

Gooi die sousbestandele in ’n botteltjie en skud goed.

Rangskik die slaaibestanddele in ’n plat bak en giet die slaaisous oor.

Strooi die bosbessies, neute en feta laaste oor.

Churro’s met sjokoladesous en roomys

Bestanddele

no. 10-platboompot

1½ L olie

Vir die churros

1 k water

2 e botter

½ t sout

½ k suiker

1 k meel

2 eiers, geklits

1 t vanieljegeursel

kaneelsuiker

Metode

Kook die water, botter, sout en suiker 2 min. en laat effens afkoel.

Voeg meel by en meng tot ’n deegbal vorm.

Voeg eiers en vanieljegeursel by en gebruik ’n elektriese klitser om ’n gladde mengsel te vorm.

Skep die deeg in ’n spuitsak met groot, stervormige neus.

Maak die olie goed warm op die vuur.

Spuit stukke van 5 cm direk in die olie en braai tot bruin.

Rol in kaneelsuiker.

Vir die sjokoladesous

Bestanddele

250 ml room

100 g rissiegegeurde Lindt-donkersjokolade

Metode

Smelt die sjokolade en room saam oor matige hitte.

Giet die sous in klein bakkies en siet die churro’s warm saam met die sous vir doop voor.

Renier en Lianda

Renier en Lianda

Saddle-tjops

vars roosmaryn

suurlemoenskil

olyfolie

worcestersous

2 suurlemoene se sap

tjops

Metode

Meng die bestanddele en vryf die tjops in daarmee.

Laat 3-4 uur marineer.

Braai soos verlang.

Baba-aartappels en uie

Bestanddele

baba-uie

baba-aartappels

sout en peper na smaak

gemengde kruie

grasuie

botter

olyfolie

suurroom en grasuie vir voorsit

Metode

Prik die uitjies en aartappels drie keer aan elke kant met ’n vurk en plaas in foeliebak.

Geur met sout, peper en gemengde kruie.

Voeg grasuie, botter en olyfolie by en plaas op die kole oor matige hitte vir 1 uur.

Sit voor saam met suurroom en vars grasuie.

Opgestopte sampioen

Bestanddele

boerewors van goeie gehalte

roomkaas, gerookteham-geur

groen soetrissie, in blokkies gesny

tamaties, in blokkies gesny

bruinsampioene

Renier en Lianda

Metode

Druk boerewors uit die derm.

Meng roomkaas, soetrissies en tamaties by die boereworsvulsel.

Vul die sampioene met die mengsel sodat dit effens uitstaan bo.

Plaas in ’n foeliebak en strooi kaas oor.

Bedek en plaas op die kole vir 45 min. tot 1 uur.

Slaai

Bestanddele

cos-slaaiblare

1 groot peer, geskil en gesny

1 avokado, geskil en gesny

gorgonzolakaas, in blokkies gesny

versuikerde grondboontjies, opgebreek

saadmengsel

balsemieke reduksie

Metode

Rangskik die slaaiblare op ’n bord.

Pak die peer en avokadosnye bo-op.

Krummel die kaas en versuikerde grondboontjies oor.

Strooi saadmengsel oor en sit voor saam met die balsemieke reduksie

Melkkos

Bestanddele

1 L melk

5 ml sout

125 ml botter

1 blik kondensmelk

5 ml vanieljegeursel

1 koppie meel

kaneelsuiker vir voorsit

Metode

Plaas die melk in swartboompot op matige hitte tot dit amper kookpunt bereik.

Voeg sout, botter, kondensmelk en vanieljegeursel by die meel in ’n bak.

Voeg dan bietjies water op ’n slag by en vorm die gewenste hoeveelheid klonte met ’n vurk.

Roer die warm melk by en roer gereeld.

Wanner die mengsel dik is, bedek vir 30 min. sodat die klonte kan gaar word.

Krap kole weg as hitte te warm is; dit moet net prut.

Strooi kaneelsuiker oor en sit voor.