Vir ons spesiale sjefepisode raak Johan en Jana nostalgies met hulle tema terwyl Johann en Mathilda woordspeletjies speel by hulle braai wat die gaste baie geniet. Sebastian en Lizel is baie kompetetief en poog om fudge op die vuur voor te berei.

Johan en Jana

Johan en Jana

Kaap-Maleise lynvis met kerrieroom-en-kreefsous

VIS

Bestanddele

1 heel lynvis

2 e masala

growwesout

witpeper

2 suurlemoene, gesny

vars gemmer, gekap

5 knoffelhuisies, gekap

1 hand vol vars koljander

50 g botter

olyfolie

Metode

1 Vlek die vis oop en verwyder al die grate.

2 Strooi die masala, sout en peper oor die oop vis.

3 Vou toe en pak die suurlemoen, gemmer, knoffel, koljander en botter daarby.

4 Drup die olyfolie op ’n groot stuk tinfoelie en plaas die vis daarop. Draai toe en maak seker dit is goed geseël. Plaas in die yskas tot braaityd.

5 Braai die vis oor matige kole. Draai elke 5 minute tot gaar.

WENK: Vir ’n vis van omtrent 1,2 kg sal dit ongeveer 25-30 min. neem.

SOUS

Bestanddele

olyfolie

120 g botter

1 ui, fyn gekap

4 knoffelhuisies, fyn gekap

witwyn

1 t kerriepoeier

1 t masala

1 t gemaalde koljander

1 t gemaalde komyn

1 t witpeper

sout

500 ml kreefaftreksel (kan vervang word met visaftreksel)

250 ml room

2 e koringmeel gemeng met water (om die sous dik te maak)

3 krewe, fyn gekap (kan vervang word met garnale)

2 e vars koljander, fyn gekap

Metode

1 Plaas ’n bietjie olyfolie en botter in ’n pan oor matige hitte.

2 Voeg die ui en knoffel by en braai tot deursigtig.

3 Voeg die speserye by en braai 2 min.

4 Voeg die aftreksel by en bring tot kookpunt.

5 Voeg die room by en verlaag tot prutpunt.

6 Geur met die sout.

7 Verdik die sous met die koringmeelmengsel.

8 Voeg die kreef by en kook 2 min.

9 Voeg die koljander by en sit saam met die vis voor.

Notas

Kreefbereiding

Bring ’n pot soutwater of aftreksel tot kookpunt, plaas die kreef daarin en kook omtrent 8 min. As die kreef gevries is, kook 20 min. Verwyder en plaas eenkant.

Kreefaftrekselbereiding

Kap die kop en dop van die gekookte kreef in klein stukkies. In ’n groot pan, braai 1 ui, 2 selderystokkies, 1 wortel, 1 prei en 5 knoffelhuisies in ’n bietjie olyfolie tot sag. Voeg die kreefstukke by en braai 5 min.

Voeg 1 k witwyn by en maak die pot vol water. Laat 30 min. prut en dreineer.

Koljanderaartappels

Bestanddele

2 kg baba-aartappels

soutvlokkies

50 ml olyfolie

50 g botter

growwe swartpeper

20 g vars koljander, fyn gekap

Metode

1 Plaas die aartappels in ’n pot en bedek met koue water. Voeg die sout by.

2 Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat prut tot die aartappels sag is.

3 Dreineer en plaas eenkant.

4 Sodra die aartappels koud genoeg is om aan te raak, druk dit een-een liggies met jou hand plat.

5 Verhit die olyfolie in ’n potjie oor hoë hitte.

6 Voeg die aartappels by en braai 2 min.

7 Voeg die sout by en braai nog ’n minuut.

8 Voeg die botter, swartpeper en koljander by en braai tot die botter gesmelt het.

9 Verwyder van die hitte en sit voor.

Johan en Jana

Mediterreense groente in die potjie

Bestanddele

50 ml olyfolie

50 g murgpampoentjies, gesny

30 g rooi soetrissie, ontpit en in 2 cm-blokkies gesny

30 g geel soetrissie, ontpit en in 2 cm-blokkies gesny

30 g groen soetrissie, ontpit en in 2 cm-blokkies gesny

50 g eiervrug, in 2 cm-blokkies gesny

1 rooi-ui, grof gekap

4 knoffelhuisies

sout en swartpeper

Metode

1 Plaas ’n potjie oor hoë hitte tot warm. Drup die olyfolie daarin.

2 Voeg die bestanddele by, geur na smaak met die sout en peper en braai tot sag en effens bruin om die kante.

WENK: Die gereg kan ook in ’n groot pan oor die kole gemaak word.

Ouma Emmerencia se bruinpoeding

Bestanddele

750 ml vars uitgedrukte lemoensap

1 k bruinsuiker

2 e gemmer

125 ml botter, gesmelt

75 ml appelkooskonfyt

75 ml gouestroop

1½ e koeksoda

1 eier (geklits)

1 k koekmeel

5 ml sout

likeur

room of roomys vir voorsit

Metode

1 Plaas die lemoensap, suiker en gemmer in ’n groot kastrol. Meng goed en laat oor hoë hitte kookpunt bereik.

2 Meng die warm botter, appelkooskonfyt en gouestroop in ’n aparte bak. Roer die koeksoda by. Meng die gekliste eier in.

3 Sif die koekmeel en sout en vou dit by die bottermengsel in. Skep lepels vol beslag in die kokende stroop.

4 Draai die stoof tot op die laagste hitte. Sit die deksel op. Laat die nagereg 7 min. staan en stoom.

5 Voeg die likeur na smaak by (probeer gerus Van der Hum, Drambuie of Cointreau).

Sit dit met die room of roomys voor.

Johann en Mathilda

Mathilda en Johann

Lamslende

Bestanddele

ontbeende lamsribstuk

sout en peper

Basiliepesto

Bestanddele

3 k vars basiliekruid

½ k kasjoeneute

2 knoffelhuisies

1 t sout

1 t swartpeper

1 t balsemieke asyn

½ k olyfolie

½ k parmesaankaas

1 rol skilferkorsdeeg

eiergeel

Metode

1 Geur die lam na smaak met die sout en peper. Seël op warm kole tot die vet bros is, maar die vleis steeds binne rou is. Laat die vleis afkoel.

2 Basiliepesto Meng al die bestanddele buiten die deeg en eier in ’n voedselverwerker tot fyn. Smeer oor die lamsvleis.

3 Bedek met die skilferkorsdeeg en hou tot braaityd in yskas. Smeer met die eiergeel. Braai in ’n Weber met geen kole direk onder nie; net rondom. Plaas die deksel bo-op en braai 20 min. of tot die deeg bros is.

Botterskorsiepuree

Bestanddele

botterskorsie

olyfolie

sout

suiker

¼ k vars room

vars rooi rissie

Metode

1 Kook die botterskorsie tot amper sag.

2 Gooi die olyfolie, sout en suiker oor en braai oor warm kole tot bruin.

3 Verwyder die skil en verwerk saam met die room en rissie (na smaak) in ’n voedselverwerker.

Soutgebakte aartappels

Bestanddele

4 eierwitte

1 sakkie sout

heel aartappels

Metode

1 Meng die eierwitte met die sout en bedek die rou aartappels daarmee.

2 Plaas 2-3 uur op kole tot ’n klipharde laag vorm.

3 Breek oop en sit voor met die olyfmayonnaise.

Olyfmayonnaise

Bestanddele

½ k kanola-olie

1 knoffelhuisie

1 t sout

1 t suiker

1 t mosterd

½ k Kalamata-olywe, ontpit

Metode

Verwerk alles in voedselverwerker tot ’n dik, gladde mayonnaise vorm.

Mathilda en Johann

Trostamaties

Bestanddele

tamaties aan die tak

olyfolie

sout

balsemieke asyn

suiker

Metode

Smeer die tamaties met die olyfolie, sout, asyn en suiker. Braai stadig oor die kole tot sag.

Malvalekkerpoeding

Malvalekkers

Bestanddele

2 e gelatien

koue water

2 k suiker

¼ t sout

2 t vanieljegeursel

klapper of strooisuiker

Metode

1 Bedek die gelatien met 8 e water en laat stol.

2 Gooi die suiker in ’n kastrol en bedek met ½ k koue water.

3 Kook tot die suiker opgelos is en voeg die sout by.

4 Meng die gelatien by die suikerwater en kook 1 min.

5 Voeg die vanieljegeursel by en klits met ’n elektriese klitser tot dubbel die volume en afgekoel.

6 Laat stol in ’n roomysbak uitgevoer met kleefplastiek en met ’n lagie klapper of strooisuiker oor. Sny nadat dit gestol het met ’n warm mes in blokke.

Soutkaramelsous

Bestanddele

½ k suiker

3 e water

¼ k room

1 t vanieljegeursel

1 groot knippie sout

Metode

1 Kook die suiker en water tot ’n ligbruin karamel vorm. Voeg die room by.

2 Laat afkoel en voeg die vanieljegeursel en die sout by.

Klapperskaafsels

Bestanddele

klapperskaafsels

room

karamelsous

malvalekkers

Metode

1 Braai die klapperskaafsels op die vuur in ’n pan tot ligbruin. Gooi die skaafsels onder in ’n glas, skep die room bo-op, dan die karamelsous en dan ’n malvalekker wat liggies gebraai is.

Sebastian en Lizel

Sebastian en Lizel

Gevulde varktjops

Bestanddele

1 houer sampioene

1 ui

1 knoffelhuise

1 bossie pietersielie

1 hand vol pikantrissies

sout en peper

6 varktjops

Metode

1 Braai al die bestanddele buiten die varktjops in ’n pan tot sag en geurig.

2 Maak ’n keep in elke varktjop en voeg die vulsel in.

3 Braai oor matige tot warm kole tot so gaar soos verlang.

Braaibrood

Bestanddele

2 k broodmeel

½ pakkie gis?

2 t sout?

1 e olyfolie

fyn gekapte roosmaryn

growwesout

Metode

1 Meng die broodmeel, gis, sout en olyfolie in ’n groot bak met jou hande om ’n deeg te vorm.

2 Laat die deeg in ’n warm area tot dubbel in grootte rys.

3 Rol uit, smeer nog olyfolie bo-op en sprinkel die roosmaryn en sout oor.

4 Bak op die vuur tot goudbruin.

Sebastian en Lizel

Malvalekkers

Bestanddele

100 g glukose

150 g suiker

30 ml heuning

30 ml water

3 gelatienvelle ?

Metode

1 Kook al die bestanddele buiten die water en gelatien saam tot dit begin dik raak.

2 Voeg die bereide gelatien by en klits tot styf.

3 Laat stol in ’n bak en sny in blokkies.

Potjie-fudge

Bestanddele

2 k suiker?

1½ k melk

½ blok botter?

vanielje-ekstrak ?

Metode

1 Voeg alles saam in ’n pot en plaas op hoë hitte.

2 Hou aan roer tot dit effens begin verkleur en baie dik raak.

3 Los in die yskas om te set.