Ernes en Belinda

Ernes en Belinda

Braaivleis

Bestanddele

boerewors (ons het Checkers se Champion-boerewors gebruik)

6 lamtjops

6 lendetjops (ons het A-graad-tjops by Checkers gekry)

braaispeserye van jou keuse

Metode

1 Plaas die wors op die rooster.

2 Seël die tjops oor baie warm kole aan die een kant.

3 Strooi braaispeserye oor die ander kant en draai om om dié kant te seël.

4 Braai die tjops soos verlang en die wors tot gaar.

kom ons braai

Aartappelslaai

Bestanddele

8 middelslag-aartappels, met skil aan gekook

4 gekookte eiers

1 pakkie spek, gekap

1 hand vol vars pietersielie

sout en vars gemaalde swartpeper

SOUS

Bestanddele

400 ml mayonnaise

100 ml kondensmelk

150 ml melk

Metode

1 Skil die gaar aartappels en sny in blokkies.

2 Dop die eiers af en sny in blokkies.

3 Braai die spek en voeg by.

4 Voeg die pietersielie by.

5 Geur met die sout en peper.

6 Sous Meng al die bestanddele, geur met die sout en peper en klits tot glad.

7 Voeg die res van die bestanddele by en meng goed. Bêre tot etenstyd in ’n koel plek of die yskas.

Braaibroodjies

Bestanddele

gesnyde brood

margarien

tamatie, in skyfies gesny

sout en vars gemaalde peper

kaas, gerasper

ui, in skyfies gesny

Metode

1 Smeer die brood aan die een kant met die margarien.

2 Plaas die tamatie op, geur met die sout en peper en sit dan die gerasperde kaas en ui op.

Bedek met nog ’n sny.

3 Plaas die toebroodjie in die rooster en braai oor matige hitte tot die brood buite krakerig en bruin is en tot die kaas gesmelt het. Onthou om dit gereeld te draai.

Koekies en room

Bestanddele

400 g Romany Creams

ekstra melk vir doop

500 ml vars room

125 ml melk

vla, room of roomys vir voorsit

Metode

1 Gebruik ’n swartpotjie. Doop die Romany Creams in die melk en plaas in die potjie.

2 Meng die room met die 125ml melk en giet oor. Maak die potjie toe en plaas oor baie lae hitte.

3 Laat prut tot die koekies sag is. Sit voor met die vla, room of roomys.

Leon en Letitia

Leon en Letitia

Espetada

Bestanddele

gekoopte gemarineerde espetada

Metode

1 Braai die espetada oor matige tot warm kole. Draai gereeld sodat die vleis aan alle kante gaar word.

2 Haal uitmekaar en braai 2 min. op die kouer deel van die vuur.

3 Plaas in ’n bak en laat rus voor opdiening.

Ribbetjies

Bestanddele

heuning

worcestersous

ribbetjies van jou keuse

growwe sout

Stappe

1 Meng die heuning en worcestersous tot ’n smeersous.

2 Vryf die ribbetjies goed met die sout. Braai tot amper gaar.

3 Smeer voortdurend met die smeersous tot die vleis gaar is en die sous ingetrek het.

Leon en Letitia

Hoenderskilpadjies

Bestanddele

ontbeende hoenderborsies bedek in netvet en speserye (so gekoop)

tandestokkies

1 suurlemoen

Metode

1 Steek die netvet met die tandestokkies vas sodat die vleis nie uitmekaarval nie.

2 Braai oor afgekoelde kole tot gaar.

3 Sny die suurlemoen in die helfte en druk die sap oor die gaar hoender uit.

Aartappelgereg

Bestanddele

spek

groen, geel en rooi soetrissie

uie

knoffel

speserye van jou keuse

10-12 aartappels, geskil en in skywe gesny

500 ml room/plein jogurt

500 ml melk

kaas, gerasper

Metode

1 Sny die spek, soetrissies en uie in ’n swartpot en voeg die knoffel en speserye by. Pak die aartappels in lae.

2 Meng die room/jogurt en melk en giet oor om die aartappels te bedek. Plaas die pot met die deksel op oor die kole.

3 Monitor heeltyd om seker te maak dit brand nie. Strooi die kaas ongeveer 15 min. voor opdiening oor en laat die deksel oop.

Vann se brood

Bestanddele

knoffelbotter

gekoopte deeg

Metode

1 Smeer ’n broodpannetjie met die knoffelbotter. Plaas die deeg daarin en versprei eweredig.

2 Laat rys 40 min. onder ’n tafeldoek. Plaas in die oond.

3 Bak ongeveer 40 min. tot gaar. Smeer voor opdiening nog ’n laag knoffelbotter oor.

Slaai

Bestanddele

roketblare

tamaties

kersietamaties

aarbeie

fetakaas met olywe

geblikte ertjies

slaaisous van jou keuse

Metode

1 Was al die bestanddele deeglik. Pak die blare in ’n bak en sny die ander bestanddele bo-op.

2 Krummel die fetakaas oor en sprinkel die ertjies oor.

3 Sit voor saam met die slaaisous.

Koeksisters met room

koeksisters

aarbeie

roomys of room

Metode

1 Plaas die koeksisters in ’n swartboompot en plaas op die vuur. Sny die aarbeie oor.

2 Laat prut ’n paar minute.

3 Sit voor saam met die roomys of room.

Rudolf en Nileta

Rudolf en Nelita

Varklies

Bestanddele

varklies

worcestersous

gemaalde koljander

sout en peper

Metode

1 Bestel by jou slaghuis ’n varklies. Vra hulle om die vel af te sny en die vleis in die lengte en in die breedte te halveer sodat dit soos klein reghoeke lyk.

2 Geur die vleis na smaak met die worcestersous, koljander, sout en peper.

3 Sit die deksel van die braaibak op en skud sodat die speserye die vleis heeltemal bedek. Braai en sit voor.

Rudolf en Nelita

Groentestokkie nommer 1

Bestanddele

sosatiestokkies

baba-aartappels, gaar gekook

rou spekrepies

kersies

knoffelbotter

soetrissiesous

Metode

1 Laat die stokkies 15 min. in water week. Draai elke aartappel in ’n repie spek toe. Ryg die aartappels en kersies om die beurt aan die stokkies.

2 Smelt die knoffelbotter en meng die soetrissiesous daarby.

3 Braai die stokkies op die kole. Smeer gereeld van die sous oor. Braai tot die spek gaar en effens krakerig is.

Groentestokkie nommer 2

sosatiestokkies

sampioene

ingelegde knoffelhuisies

uie, grof gekap

soetrissies van jou keuse

olyfolie

balsemieke reduksie

Funky Ouma-speserye

1 Laat week die sosatiestokkies 15 min. in water. Ryg om die beurt die sampioene, knoffel, uie en soetrissies aan elke stokkie.

2 Giet ’n klein bietjie olyfolie en balsemieke reduksie oor. Geur aan albei kante met die Funky Ouma-speserye.

3 Braai tot die groente gaar is.

Lolla se patat in die swartpot

Bestanddele

4 groot patats

margarien

triakelsuiker

’n knippie gemmer

’n knippie kaneel

1½ houertjies room

Metode

1 Skil die patats en sny dit in skywe.

2 Smeer die swartpot baie goed met die margarien. Pak ’n laag patat en strooi die suiker en gemmer oor. Herhaal tot jy drie lae het.

3 Strooi nog suiker en gemmer oor die boonste laag, asook ’n bietjie kaneel.

4 Giet die room oor, sit die deksel op en plaas op die kole. Die gereg moet stadig oor matige kole gaar word.

Croissant-poeding

Bestanddele

margarien

4 groot croissants

4 e water

200 g suiker

250 ml room

4 eiers, geklits

room of roomys vir voorsit

Metode

1 Smeer jou swartpot goed met die margarien. Breek die croissants in stukke in die pot.

2 Giet die water en suiker in ’n klein potjie. Roer heeltyd tot die suiker opgelos is.

3 Sit die potjie oor matig tot hoë hitte en roer die suikermengsel tot dit begin karamelliseer en borrel.

4 Stel die plaat laer en roer die room by. Hou aan met roer.

5 Verwyder van die hitte en roer die eiers by. Roer heeltyd.

6 Gooi die mengsel oor die croissants en laat dit ’n rukkie staan. Sit die pot dan in die kole.

7 Pak kole rondom en bo-op en laat ongeveer 20 min. kook. Sit voor met die room of roomys.