Hier is al die episodes uit vanaand se episode:

Christopher en Leilanie

Chris en Leilani

Beesvleis-espetadas

Bestanddele

beesvleissnit van jou keuse

bees-tamatiesop, ons het Royco gebruik

75 ml appelkooskonfyt

4 eetlepels kerriepoeier

¼ koppie asyn

1 koppie kookwater

4 lourierblare

Sny die vleis in blokkies.

Maak ’n marinade met die sop, konfyt, kerriepoeier, asyn, water en lourierblare.

Laat die vleis oornag of ’n paar ure marineer.

Ryg aan lang espetada-stokkies en braai soos verlang.

Smeer die marinade deurentyd oor die espetadas.

Gevulde aartappels

Bestanddele

6 groot aartappels

repiesspek

knoffelbotter

sprietuie, gekap

grasuie, gekap

kaas van jou keuse, gerasper

Stappe

Kook die aartappels tot sag.

Sny die spek in stukkies en braai tot gaar.

Sny die aartappels in die helfte en skep die binnekant uit.

Meng die sagte binnekant met die spek, knoffelbotter, sprietuie, grasuie en kaas.

Plaas terug in die skil en bak ’n paar minute op die kole tot die kaas gesmelt is.

Chris en LeilaniGEBRUIK

Slaai

Bestanddele

tamaties, verskeidenheid van jou keuse

sprietuie, gekap

agurkie, gekap

blaarslaai van jou keuse

avokadopeer, in skyfies gesny

songedroogte uie, gekap

kaas van jou keuse, in blokkies gesny

slaaimielies

Stappe

Berei al die bestanddele en rangskik in ’n slaaibak.

Malvapoeding

Bestanddele

1 eier, geklits

1 teelepel vanielje-ekstrak

1 koppie bruismeel

1 hand vol grondboontjies

roomys vir voorsit

Meng die eier en vanielje en voeg dit by die meel.

Meng goed, plaas in individuele, hittebestande bakkies.

Strooi die grondboontjies bo-oor.

Plaas 15 min. op die vuur.

Giet die stroop (onder) oor en sit voor saam met die roomys.

Stroop

Bestanddele

1 houertjie vars room

1 koppie bruinsuiker

1 teelepel vanielje-ekstrak

Stappe

Meng al die bestanddele in ’n klein pot.

Plaas op die hitte tot dit kookpunt bereik.

Giet warm oor die nagereg.

Adriaan en Yolande

Yolande¦ü en Adriaan

Ribbetjie

Bestanddele

’n goeie ribbetjie van jou keuse

olyfolie

ribbetjie-marinade

Stappe

Vryf die ribbetjie met ’n bietjie olyfolie.

Marineer in die ribbetjie-marinade.

Plaas oor warm kole op die braai en borsel deurentyd met die marinade.

Hoenderboudjies

Bestanddele

hoenderboudjies

olyfolie

hoenderspeserye, ons het die Chicken Rub van Woolworths gebruik

Stappe

Vryf die olyfolie in die hoenderboudjies.

Vryf die hoenderspeserye in.

Laat staan vir 1 uur.

Braai oor matige kole tot gaar.

Groente met Franse kaas

Bestanddele

broccoli

blomkool

wortels

rooi-ui

groen soetrissie

sampioene

groenboontjies

olyfolie

margarien of botter

2 skywe Boursin-kaas

Stappe

Sny al die groente behalwe die sampioene en boontjies in blokkies.

Meng in ’n tinfoeliebak saam met die Boursin-kaas.

Braai een uur op die kole.

Roer van tyd tot tyd.

Roombroodjie op die kole

Bestanddele

vetkoekdeeg

goudakaas, in blokkies gesny

bruinsuiker

room

knoffelvlokkies

gemengde kruie van jou keuse

Yolandie en Andriaan

Stappe

Rol die deeg in klein balletjies.

Druk ’n gaatjie in en plaas die kaasblokkies in die middel.

Maak seker om ’n bietjie kaas oor te los en rasper dit.

Strooi die suiker bo-oor.

Plaas in ’n tinfoeliebak en giet die room bo-oor.

Strooi die gerasperde kaas, knoffelvlokkies en kruie bo-oor.

Bak 1 uur op die kole.

Kraakvars slaaistokkie

Bestanddele

blaarslaai

Italiaanse tamaties

komkommer

kersietamaties

sosatiestokkies

Stappe

Sny al die slaaibestanddele in happiegrootte blokkies.

Ryg een vir een aan ’n sosatiestokkie om ’n kleurvolle, vars slaaistokkie te maak.

Sjokoladeverrassing

Bestanddele

Moirs se sjokoladekoekmengsel

Moirs se sjokoladepoedingpakkie

2 eiers

100 ml olie

400 ml melk

vanieljeroomys vir voorsit

Stappe

Meng al die bestanddele (behalwe die roomys) en bak 20 min. op die kole.

Sit saam met vanieljeroomys voor.

Michael en Antoinette

Michael en Antoinette

Slaai

Bestanddele

tamaties

komkommer

blaarslaai

avokadopeer

croutons

fetakaas

geel soetrissie

rooi soetrissie

Stappe

Sny al die bestanddele en rangskik in ’n slaaibak.

Slaaisous

Bestanddele

125 ml asyn

125 ml suurlemoensap

150 ml suiker

3 eiers, geklits

12,5 ml mosterdpoeier

1 knippie sout

Stappe

Verhit die asyn, suurlemoensap en suiker saam.

Voeg die geklitste eiers, mosterd en sout by.

Verhit oor stadige hitte tot die sous verdik.

Laat afkoel en giet oor die slaai net voor jy dit voorsit.

Maak ’n aand voor die tyd en laat in die koelkas verkoel.

Kaas-en-spek-wors

Bestanddele

12 repies spek

75 g cheddarkaas, gerasper

150 g boerewors

Stappe

Weef die repies spek in ’n plat blok.

Bedek met die kaas, maar los ’n ruimte oop sodat dit maklik kan oprol.

Plaas die boerewors bo-op die kaas.

Rol toe.

Braai 20-30 min. op indirekte hitte.

Sny in skywe en sit voor.

Michael en Antoinette GEBRUIK

Gevulde pampoen

Bestanddele

½ pampoen

kaas van jou keuse, gerasper

egte botter

blomkool

broccoli

sout en vars gemaalde peper na smaak

Stappe

Haal die pampoenpitte uit.

Plaas die gerasperde kaas onder in.

Voeg soveel blomkool, broccoli en botter in soos jy verkies.

Geur met die sout en vars gemaalde peper.

Maak toe met tinfoelie en plaas ongeveer 1 uur op ’n rooster op ’n warm vuur.

Romany Cream-poeding

Bestanddele

2 pakkies Romany Creams-koekies

125 ml melk

ekstra melk om koekies in te doop

500 ml room

room of vla om voor te sit

Stappe

Doop die koekies in die melk.

Pak in ’n platboom swartpot.

Giet die melk en room bo-oor.

Plaas langs die vuur of op baie lou kole en bak tot die koekies sag en die sous dik is.

Sit voor saam met vla of ekstra room.