Lucas en Micale se resepte

Lucas en Micale

Kruisskyf

6 porsies kruisskyf?30 ml olie?1 teelepel sout?1 teelepel peper?1 teelepel Aromat

Stappe

Meng al die bestanddele en smeer elke stukkie vleis individueel.?Laat 1 of 2 uur marineer.

Braai oor warm kole soos verlang.

Hoender-en-spek-sosaties met heuningmosterdsous

6 sosaties in heuningmosterdsous (berei deur ’n slaghuis)

Stappe

Braai die sosaties oor middelslag tot warm kole en smeer die orige marinade deurlopend oor.

Romerige knoffelaartappels

1 kg baba-aartappels

1 groot ui

200 g repiesspek, opgekap

200 g sampioene

30 ml knoffel, fyn gemaal?250 ml room?30 ml meel?30 ml melk?sout en vars gemaalde peper

Stappe

Spoel die aartappels af en sny in die helfte.

Kook die aartappels in ’n kastrol of potjie op die kole tot dit sag is.

Plaas ’n aparte kastrol of pot op die kole en braai die gekapte ui, spek, sampioene en knoffel tot dit goudbruin is.

Voeg die room en aartappels by die pot.

Meng die meel en melk, voeg by die mengsel en roer gereeld tot die sous ’n bietjie dikker word.

Voeg die sout en vars gemaalde peper by volgens smaak.

Haal die pot van die kole af en laat staan 5 min. met die deksel op.

Lucas en Micale collage

Braaibroodjies

botter

vars bruin- of witbrood?goudakaas, gerasper?tamatie, gesny?uie, gesny?blatjang

mayonnaise?sout en vars gemaalde peper

Stappe

Smeer die botter aan die een kant van elke sny brood.?Plaas die gerasperde kaas, gesnyde tamatie en uie op die brood; die bottergedeelte moet bo wees.?Smeer die blatjang en mayonnaise aan die ander kant van die brood.?Voeg die sout en vars gemaalde peper by na smaak.?Plaas die broodjies met die botterkant buite op die rooster en braai.?Draai die broodjies elke 2 min. tot dit goudbruin is.?Sit warm voor.

Mengelslaai

blaarslaai?tamaties?uie?1 komkommer?avokadopeer?goudakaas?fetakaas

slaaisous van jou keuse

Stappe

Berei die slaai 15 min. voor etenstyd voor.?Sny al die bestanddele op en voeg in ’n slaaibak.?Sit voor saam met die slaaisous van jou keuse.

Malvapoeding met roomys en liefde

30 ml botter?250 ml suiker?2 eiers

60 ml appelkooskonfyt?30 ml asyn?10 ml koeksoda?500 ml koekmeel?250 ml melk?knippie sout

Sous

250 ml room?185 ml kookwater?185 ml suiker?30 ml botter?25 ml vanielje-ekstrak

500 g Lindt-sjokolade?vanieljeroomys

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Bespuit ’n oondvaste bak met kleefwerende sproei.

Meng die botter, suiker, eiers en appelkooskonfyt.

Meng die asyn en koeksoda.

Sif die meel in ’n bak.

Voeg die geroomde botter-en-konfytmengsel by en meng terwyl die melk en sout ingegooi word om ’n beslag te vorm. Giet die beslag in die bereide bak.

Bak 55 min. of tot goudbruin.

Bring die sousbestanddele tot kookpunt in ’n klein kastrol op die kole, roer gereeld.

Giet die sous oor die nagereg wanneer dit uit die oond kom.

In ’n klein kastrol of pot, verhit die Lindt-sjokolade tot dit gesmelt het.

Met ’n inspuitnaald, trek Lindt-sjokolade deur, plaas in die middel van die nagereg en spuit die sjokolade in.

Herhaal met elke bakkie.

Skep ’n groot porsie vanieljeroomys bo-op die nagereg.

Plaas die nageregbakkies op ’n groot bord en versier.

Sit warm voor.

Renick en Nadia se resepte

Renick en Nadia

Gevulde beesfilet

2 kg beesfilet

sout en vars gemaalde peper

5-6 repies gerookte spek

1 koppie cheddarkaas (middelslag), gerasper

1 teelepel swartpeper

2 eetlepels roosmaryn, gekap

Stappe

Berei die braai vir aanvanklike, direkte braai en stabiliseer die temperatuur by 260-270 °C.

Sny enige ekstra vet of vel van die bees af.

Sny ’n opening in die middel van die beesfilet. Maak seker jy sny nie deur nie.

Strooi die sout en vars gemaalde peper in die opening en smeer tot eweredig versprei.

Meng die spek en kaas in ’n aparte bak en plaas in die opening.

Bind die filet toe met tou en maak seker die opening is goed geseël.

Meng die sout, peper en roosmaryn bymekaar en vryf oor die buitekant van die filet.

Laat die vleis rus terwyl jy die braai se temperatuur stabiliseer.

Plaas 2 min. direk bo die hitte, bedek.

Draai die vleis en braai nog 2 min., ook bedek.

Verwyder en maak die braai reg vir indirekte braai en plaas die vleis terug op die hitte.

Plaas ’n termostaat in die dikste deel van die vleis, maar probeer om die kaas te vermy, want dit raak vinniger warm as die vleis.

Maak die braai toe en stabiliseer die temperatuur by 200 °C.

So 2 kg vleis behoort 40-45 min. te neem om 55 °C te bereik.

Sodra dit gebeur, verwyder van die hitte en plaas 15 min. in ’n bedekte bak.

Sny in dun snye om voor te sit.

Soutribbetjie

20 ml bruinsuiker

200 ml growwe sout

2 ml salpeter (opsioneel, gee ’n mooi pienk kleur)

50 ml geskroeide koljandersaad

20 ml bruinasyn

1 skaapribbetjie van sowat 1,5 kg

’n bietjie wonderpeper vir ekstra geur

Stappe

Meng die suiker, sout, salpeter, koljander en asyn en vryf in die vleis.

Plaas die vleis in ’n bak, bedek en plaas 2-3 dae in die koelkas.

Draai dit soggens en saans om.

Hang die vleis in ’n koel, lugtige plek waar dit winddroog kan word.

Spoel die ribbetjie af en plaas in ’n groot kastrol.

Bedek dit heeltemal met water en bring tot kookpunt.

Verlaag die hitte en laat sowat 1 uur prut.

Haal die ribbetjie uit die vloeistof en laat afkoel.

Druk die vleis droog met kombuispapier, strooi ’n bietjie wonderpeper oor en rooster die ribbetjie oor matige, stadige kole tot goudbruin en gaar.

Sny in porsies en sit voor.

Renick en Nadia kos

Gevulde botterskorsie

1 groot botterskorsie

sout

1 eetlepel gesoute botter

½ rooi-ui

vars gemaalde swartpeper na smaak

200 g spek, gekap

5-6 pikantrissies (peppadews), gekap

½ pakkie sampioene

Stappe

Sny die botterskorsie in die helfte en verwyder die pitte.

Strooi die sout oor.

Kap al die ander bestanddele.

Verhit die botter in ’n braaipan en braai die rooi-ui tot sag.

Voeg die swartpeper en spek by en braai tot die spek verbruin.

Voeg die pikantrissies en ’n bietjie van die pikantrissies se sous by vir ekstra smaak.

Voeg die sampioene by en braai tot alles bruin is.

Plaas die vulsel in die botterskorsie en draai in tinfoelie toe.

Plaas op die kole tot die vel sag is.

Gebraaide pynappel met kokosneutroom (bestaande resep)

250 ml room

80 ml geroosterde kokosneut

2 groot pynappels, in kwarte gesny met stronk

heuning na smaak

60 ml kasjoeneute

Stappe

Meng die room en geroosterde kokosneut goed en plaas eenkant.

Braai die pynappels liggies oor die kole tot hier en daar bruin.

Sny die vleis van die vel af en sny in happies.

Drup die heuning oor na smaak.

Strooi die gekapte neute oor en sit voor saam met kokosneutroom. Sit louwarm voor.

Tyron en Janelle se resepte

Janelle en Tyron

Gevulde beeslendestuk

lendestuk (sirloin)

1 pakkie sampioene, gekap

cheddarkaas, gerasper

1 pakkie repiesspek

olyfolie

suurlemoensap

Stappe

Meng die gekapte sampioene en chedderkaas.

Sny ’n opening in die lendestuk en plaas die sampioen-en-kaasvulsel daarin.

Draai die gevulde lendestuk toe in repiesspek en marineer oornag in olyfolie en suurlemoensap.

Braai oor warm kole soos verlang.

Mosterdsous

knoffel na smaak

botter vir braai

500 ml room

Dijon-mosterd na smaak

2 eetlepels meel

Stappe

Braai die knoffel in die botter tot bruin.

Voeg die room by en kook 10 min.

Voeg Dijon-mosterd en twee eetlepels meel by om die sous te verdik.

Kook nog 15 min. op ’n lae hitte.

Janelle en Tyron geregte

Potbrood

500g koekmeelblom

500 ml karringmelk

speserye van jou keuse

olie om broodpan te smeer

Stappe

Voeg die meelblom en karringmelk bymekaar en meng goed.

Voeg die speserye van jou keuse by om die brood ’n lekker smaak te gee.

Smeer die broodpan met die olie of botter en plaas die deeg daarin.

Plaas 30 min. op die vuur.

Maak ná 15 min. seker die hitte is reg.

Broccolislaai

1 pakkie broccoli

4 repies spek

1 hand vol kasjoeneute

Griekse jogurt

Stappe

Kook die broccoli 3 min. in water en laat afkoel.

Braai die spek in ’n pan tot gaar.

Voeg die broccoli, spek, kasjoeneute en Griekse jogurt bymekaar en laat in die koelkas verkoel.

Aartappelstokkies

baba-aartappels

1-2 oranje soetrissies

kersietamaties

Stappe

Kook die aartappels 15 min. tot amper gaar.

Sny die soetrissies in groot blokkies.

Ryg 1 aartappel, 1 soetrissie en 1 tamatie aan ’n sosatiestokkie en herhaal.

Braai op die kole tot die aartappels gaar is.

Portobello-sampioene

2-3 Portobello-sampioene per persoon

knoffelbotter

cheddarkaas, gerasper

Stappe

Vul die sampioene met knoffelbotter.

Strooi gerasperde cheddarkaas oor en draai in tinfoelie toe.

Plaas op die kole tot sag.

Braaipastei

2 rolle skilferkorsdeeg

1 blikkie karamel

piesangs, pere of vrugte van jou keuse

1 eier, geklits

room en roomys vir voorsit

Stappe

Rol 1 rol rolskilferkorsdeeg oop op ’n toeklaprooster.

Smeer 1 blikkie karamel oor die deeg.

Pak gesnyde vrugte op die karamel. Piesangs en pere werk goed, maar jy kan enige vrugte van jou keuse gebruik.

Rol nog ’n laag skilferkorsdeeg bo-op die vrugte uit.

Borsel geklitste eier oor die deeg.

Plaas 20 min. op die vuur of tot goudbruin.

Sny in blokkies en sit voor saam met room en roomys.