Denver en Karin braai op die maat van jazz klanke terwyl Elmarie en Pieter se tema bietjie verwarring veroorsaak by hul gaste.

 Elmarie en Pieter se resepte

KOB kobus en elmarie

Stifado – Griekse uiebredie

Bestanddele

beesvleis

tamaties

1 ui

1kg klein uie

naeltjies

1 kaneelstokkie

knoffel

rooiwyn asyn

droë rooi wyn

tamatie-puree

lourierblare,

korente

fetakaas

komyn

KOB uie

  1. Braai vleis in olie tot bruin.
  2. Voeg alles behalwe uitjies, korente en fetakaas by. ?Voeg korente en uitjies heel aan die einde by. ?Krummel fetakaas oor en roer deur. Dit gee die bredie ’n romerige tekstuur.
  3. ?Bedien saam met kappokaartappels of soet patat met gemmer

Gebraaide kaalperske

Bestanddele

perskes

bruinsuiker

botter

room

room

kondensmelk

2 eierwitte

KOB perskes

  1. Sny perskes in die helfde en haal die put uit.
  2. Strooi bruinsuiker oor en laat staan.
  3. Plaas op die braai, skil kant onder.
  4. Draai om sodat die suiker kan karameliseer.
  5. Smelt die botter in die pan saam met die suiker tot die oplos.
  6. Voeg room by vir die sous.
  7. Vir die roomys:
  8. Klits een houer room en voeg 1 blik kondensmelk by.
  9. Vou 2 styfgeklitste eierwitte by.
  10. Laat vries en bedien.

Lees ook: #KomOnsBraai-resepte: Strandbraai in Saldanha

Rozelle en Kobus se resepte

KOB rozelle

Lamskenkel

Bestanddele

lamskenkel

rooiwyn- en roosmaryn marinade

taai braaisous

KOB rozelle kobus

  1. Laat lam skenkels vir twee dae in n rooiwyn- en roosmaryn- marinade lê.
  2. Daarna moet die skenkels vir 3 en ’n half ure in ’n pot op die vuur gekook word in die marinade.
  3. Maak seker die skenkels is bedek met die marinade.
  4. Haal af en laat afkoel vir ongeveer ’n uur.
  5. Braai die skenkels op die kole.
  6. Smeer ’n taai braaisous oor die skenkels terwyl jy dit braai sodat die skenkels lekker krakerig kan raak.
  7. Braai vir ongeveer 15 minute.
  8. Draai die skenkels gereeld sodat dit nie vas brand nie.

Ciabatta braaibroodjie

Bestanddele

ciabatta-broodjies

botter

uie

tamatie

fetakaas

cheddarkaas

soetrissiesous

blatjang

swartpeper

KOB broodjie

  1. Sny die broodjie in die helfde deur en smeer die een kant met botter.
  2. Sny uie in dun ringe vir jou eerste laag op die broodjie.
  3. Plaas skywe tamatie bo-op die uie.
  4. Gooi growwe swart peper bo-oor die tamatie.
  5. Krummel ’n laag fetakaas bo-oor die tamatie.
  6. Rasper dan ’n laag cheddarkaas bo-oor die feta.
  7. Meng soetrissiesous en blatjang en smeer ’n laag op die anderkant van die broodjie.
  8. Jou broodjie is dan reg vir die vuur.
  9. Braai die broodjie in n toe knyp die rooster totdat jou kaas lekker gesmelt het.

Uie, tamatie en sampioene

Bestanddele

klein uie

kersietamaties

eksotiese sampioene

vars roosmaryn

knoffel

egte botter

  1. Smelt die botter in ’n pan of pot op die vuur.
  2. Braai die uie in die botter en voeg ’n teelepel knoffel en ’n handvol roosmaryn by.
  3. Braai todat dit begin sag raak.
  4. Voeg die tamaties en sampioene by.
  5. Roer lekker deur die botter en braai totdat als sag is.
  6. Bedien warm

Koeksisters op die vuur

Bestanddele

koeksisters

room

KOB nagereg

  1. Spuit ’n swart platboom pot met kossproei.
  2. Bedek die hele bodem van die pot met koeksisters. Jy kan 2 lae ook pak.
  3. Gooi vars room bo-oor die koeksisters.
  4. Die koeksisters moet heeltemal bedek wees met room.
  5. Sit pot op die vuur.
  6. Prut op lae-hitte kole vir ongeveer 30 minute.
  7. Die koeksisters moet van die room intrek en uitswel.
  8. Haal die pot van die kole af na 30 minute en laat staan vir 15 tot 20 minute.
  9. Die room sal verdik in hierdie tydperk.
  10. Bedien met vanilja roomys en ’n skyfie perske of bessies van jou keuse.