Ons kuier in Gordonsbaai waar almal spesifieke dieetvoorkeure het.

By Cobus en Chantel se braai word aparte potjies gemaak terwyl Hein en Leandi ’n banting-braai hou. Christina en Andries probeer aan almal se dieetvoorkeure te voldoen.

Resepte soos verskaf deur Via.

Andries en Christina Matthee se resepte

KOB andries christina MSIN

Rib eye biefstuk

Vir die marinade

Bestanddele

olyfolie

blasamieke asyn

knoffel

Knorr se Griekse slaaisous

KOB andries steak

Stappe

Marineer biefstuk en braai op die vuur soos verlang.

Vir die sous

Plaas ongeveer 250g egte, gesoute botter en olyfolie in pan.

Verhit tot botter dit smelt.

Plaas oortollige stukkies vleis (ongeveer 200g) in pan en braai tot die vleis se vet meng met die botter.

Voeg knoffel in die pan en braai vir 30 sekondes.

Voeg wit knopiesampioene by mengsel.

Voeg room by (ongeveer 400ml).

Voeg een doppie brandewyn by en kook tot kleur die verander van wit na roomkleur en die mengsel effe verdik.

Bedien warm.

Aartappels

Sny aartappels in die helfte.

Kook op stoof of in mikrogolf tot 90 persent gaar.

Plaas in plastieksak en bedek met bruismeel.

Plaas in plat skottel en versprei eweredig uit.

Voeg klonte egte gesoute botter bo-op aartappels.

Geur met growwe sout en peper.

Strooi vars roosmaryn oor.

Bak in pizza-oond of gewone oond tot goudbruin.

Gebruik kappokaartapel-drukker en kraak die aartappels in die bak tot ongeveer 2cm dik.

Voeg witwyn asyn bo-oor.

Sprinkel met olyfolie.

Sprinkel met roosmaryn.

Bak vir verdere halfuur tot goudbruin.

Slaai

Karameliseer gesnyde rooi uie in pan met bruinsuiker en balsamieke asyn. Sit eenkant.

Verbruin pampoen, in blokke gesny en met sout, peper en olyfolie gegeur, in die oond.

Laat afkoel.

Koop bababeet en sny in blokke

Rangskik verskillende slaaisoorte en babaspinasie op ’n plat bord.

Rangskik uie, pampoen en beet oor slaai.

Voeg komkommer, kersietamaties en verkrummelde feta by.

Slaaisous

Gekapte basilie

Knoffel

Olyfolie

Suurlemoensap

Sout en peper

Pizza-brood

Sny Franse brood in die middel deur.

Smeer met knoffelbotter.

Rasper mozzarellakaas oor.

Sny tamaties, groen of rooi soetrissie en plaas bo-op kaas.

Voeg olyfolie, sout, peper en Italiaanse spesery by.

Rol in foelie toe en bak.

KOB Andries pizza

Patattert

Rol een rol skilferdeeg oop.

Smeer gaar, fyngemaakte patat oor.

Rol liggies op.

Plaas in oond bak.

Gooi 2 blikkies room bo-oor.

Voeg stroop in roommengsel.

Sprinkel kaneel oor.

Bak in oond tot goudbruin (ongeveer 45 minute).

Sny in skywe en gooi sous bo-oor.

Roomys

Plaas 250ml room en 250ml volroom melk in kastrol en verhit op die oond.

Voeg een koppie strooisuiker by mengsel en roer tot gesmelt.

Skei 4 eiers en klits 250g strooisuiker by eiergeel tot dit lig van kleur raak.

Meng bietjies van die eiermengsel by die melkmengsel en verhit tot 170 grade.

Voeg mengsel in roomysmasjien en plaas en koelkas tot gestol.

KOB andries nagereg

Lees ook:  #KomOnsBraai-resepte: Strandbraai in Saldanha

Chantelle en Cobus se resepte

KOB Cobus chantelle main

Beesstertpot

Wenk: Gebruik rooikrans- of kameeldoringhout en ’n nommer-12-platboompot

Bestanddele

Rooi uie (4-7 uie, afhangende van potgrootte)

Vars knoffelhuisies

2-3 pakke beesstertvleis

Baba-aartappels

Rooiwyn

Wortels

Murgpampoen

Sampioene

Baba-mielies

Beesstertsoppoeier en maizena (om die sous dik te maak)

Appelkooskonfyt en blatjang

Sout en vleisspeserye

KOB cobus beesstert

Stappe

Smeer olyfolie in pot

Braai vleis in pot tot bruin en haal dan uit

Voeg rooiwyn by soos benodig vir vloeistof

Braai uie en fyngekapte knoffelhuisies tot ligbruin

Plaas vleis bo-op die uie in pot

Laat prut totdat die beesstertvleis van die been afval

Voeg aartappels by en laat kook tot halfgaar

Voeg wortels by en laat kook tot halfgaar

Voeg murgpampoen en baba-mielies by en kook tot halfgaar.

Voeg beesstertsoppoeier, speserye en maizena by indien nodig

Appelkooskonfyt en blatjang na smaak

Laastens, voeg sampioene by en prut tot sag

Goue reëls

  1. Handhaaf ’n konstante hitte met behulp van ’n vuur wat op die kant gemaak is en deur dan die warm kole onder die pot te plaas soos benodig. Nie te veel nie.
  2. Geduld is die geheim met ’n beesstert.Pak die pot in lae en moet nooit die pot roer nie.
  3. Gebruik genoeg uie in ringe gesny onder in die pot, om te verhoed dat die pot brand.
  4. Gaan op gevoel en smaak.
  5. Kook die vleis tot dit van die bene afkom.
  6. Vleis moet baie sag wees. Groente steeds ferm en jy moet ’n “lang sous” hê.
  7. Gebruik genoeg beesstert. Dit is nie n groentepot nie. Weereens gedulding
  8. Bedien met genoeg wyn en goeie geselskap.

Slaai?

Enige bestanddele van jou keuse om jou slaai lekker te maak. Hulle het die volgende gebruik:

Kropslaai

Komkommer

Rosa-tamaties

Wortels

Beet

Kasjoeneute

Seesout en swartpeper

Lees ook: #KomOnsBraai-resepte: Pollie, ons gaan Paarl toe!

Maklike kaaspotbrood

Bestanddele

1 sak winkelbrooddeeg

1 blok Mozzarellakaas (of enige ander kaas van jou keuse)

Basiliekruid

1 pakkie Royco-parmesaan en knoffel-aartappel-gebak

250ml room

400ml melk

Parmesaan

KOB cobus kaaspotbrood

Stappe

Deel brooddeeg in balletjies en sit ’n stuk van die kaas en kruie binne in. Vou deegballetjies goed toe sodat die kaas nie uitloop as dit bak nie.

Plaas deegballetjies in gesmeerde swart pot.

Meng aartappelgebak, room en melk en giet bo-oor die deeg.

Sprinkel parmesaan bo-oor.

Bak soos gewone potbrood op vuur tot gaar.

Soetgereg

Melktert-jaffels

Lewer 6 tot 8 jaffels

Bestanddele

600ml melk

8 eiergele

60g koekmeel

20g maizena

240g suiker

20ml vanielje-geursel

12 tot 16 snye witbrood

botter, vir smeer

kaneelsuiker

KOB cobus melktertjaffel

Stappe

Klits 250ml van melk met die eiergele.

Gooi die meel, maizena en suiker daarby en klits tot glad.

Verhit die res van die melk oor lae hitte tot dit begin kook.

Roer vinnig die eiermengsel daarby en hou aan roer tot verdik. Kook saam vir een minuut, roer aanhoudend.

Die vla kan baie maklik aanbrand. Gooi die vanielje-geursel by en roer goed saam.

Botter die brood en sorg dat die gebotterde snye na buite wys.

Skep van die melktertpap in die middel en bedek met nog ’n sny.

Rooster in ’n jaffelpan tot bros en goudbruin.

Sprinkel kaneelsuiker oor en geniet dadelik.

Leandi en Hein se resepte

KOB Hein leand MAIN

Fillet en wors

Vir die fillet

Smeer die fillet van jou keuse met olyfolie, sout en peper.

Braai dit vinnig.

Moenie dit so gaar maak as wat jy normaalweg sou nie.

Vir die wors

Koop die wors van jou keuse en braai dit oor die kole tot gaar.

KOB Hein Leandi Main

Braaibroodjies

Ons het lae-koolhidraat brood gebruik met sesamsaad, sonneblomsaad, macadamia-neute, amandels, hawermout, gluten, sout.

Smeer die snye met roomkaas.

Plaas rooi uie, cheddarkaas en tamatie op.

Strooi sout, peper en origanum oor.

Draai toe in tinfoelie en braai.

KOB hein braaibrood

Groente

Bestanddele

patats

spinasie

sampioene

uie

room

fetakaas

Kap uie en plaas saam botter in ’n pan.

Kap spinasie en sampioene op en plaas eenkant.

Draai patas in tinfoelie toe en druk dit in die kole.

Braai die uie in botter op die vuur.

Gooi die spinasie en sampioene by.

Haal patat uit skil en braai saam met spinasie, uie en sampioene wanneer dit gaar is.

5 minute voor opskeptyd: gooi room en feta in en laat dit dik word.

Slaai

Sny waatlemoen uit sy skil uit en in blokkies.

Sit roketblare op die waatlemoenskil.

Sny fetakaas in blokkies.

Rangskik alles op die roketblare in die waatlemoenskil.

KOB hein slaai

Sous

Bestanddele

botter

knoffel

sampioene

spek

room

bloukaas

Smelt botter en knoffel in ’n pot.

Sny sampioene op en voeg by.

Braai tot gaar op oop kole.

Voeg spek by en braai tot gaar op oop kole.

Boeg room en bloukaas by.

Bring tot kookpunt vir so 2 minute.

Roomys

Vanielje roomys

Plaas room, versoeter en eiergeel saam in ’n pan.

Bring tot kookpunt vir ’n minuut.

Gooi in vormpies en vries.

Sjokolade roomys

Plaas room, versoeter, eiergeel, kakao-poeier en 70% donkersjokolade in ’n pan.

Bring tot kookpunt vir ’n minuut.

Klits aanhoudend.

Gooi in vormpies en vries.

Wafels

Braai vir 2 minute op die kole.

Haal ’n piesang uit die skil en braai vir so 5 minute.

KOB hein banting

Sjokoladesous

Kap neute van jou keuse op.

Voeg botter, versoeter, cacao-poeier, 70% donkersjokolade en neute bymekaar.

Smelt alles saam oor die kole.

Gooi room by en meng goed saam.

Bedien die wafel met twee soorte roomys en ’n gebraaide piesang.

Kom ons braai word op Vrydagaande om 18:00 op Kanaal 147 uitgesaai.