In die noorde van Pretoria stook André en Annelia ’n geheimsinnige potjie terwyl gaste boeresport geniet. Op Wouter en Minki se spyskaart speel hulle met woorde terwyl daar by hulle braai “musical chairs” gespeel word met ’n ander soort stoel. Denis en Jacqueline toets hul gaste se vuurmaak vermoëns.

Hier is al vandeesweek se resepte:

André en Annelia

Andre en Annelia

Sampioene in spek toegedraai

Bestanddele

repiespek

sampioene

knoffelbotter

Metode

1 Halveer die spekrepies en draai elke sampioen afsonderlik daarmee toe.

2 Smeer die knoffelbotter oor en braai oor die kole tot die spek krakerig is.

Potjie

Bestanddele

olie

uie

groen, geel en rooi soetrissie

ribbetjie, gemarineer met marinade van jou keuse

wortels

klein mielies

aartappels

sampioene

SOUS

1 blokkie beesaftreksel, in warm water opgelos

sout

speserye van jou keuse

tamatiesous

blatjang

knoffel

Metode

1 Steek die vuur aan en sit die potjie op vuur om lekker warm te word. Meng al die sousbestanddele in ’n bak.

2 Gooi die olie ná omtrent ’n halfuur in. Voeg die uie en soetrissies by en braai tot sag.

3 Voeg die ribbetjie by en laat prut 30 min.

4 Voeg die wortels, mielies en sous by. Laat prut ongeveer 1 uur.

5 Voeg die aartappels en sampioene by. Laat kook 30 min. tot die aartappels sag is. Maak seker die kole is heeltyd warm.

Andre en Annelia

Potbrood

Bestanddele

olie

1 sakkie vetkoekdeeg

knoffel

feta

1 Maak die potbroodpot 1 uur op die kole warm. Haal die pot van die vuur af, smeer met die olie en sit die vetkoekdeeg met die knoffel en feta in.

2 Sit die pot weer op die vuur met ses kole reg rondom en ses op die deksel.

3 Haal ná presies 1 uur af en sit voor.

Bar-One in skilferkorsdeeg

Bestanddele

1 rol skilferkorsdeeg

1 Bar-One per gas

1 eier, geklits

Metode

1 Ontvries die deeg en draai elke Bar-One afsonderlik met deeg toe.

2 Smeer met die eier.

3 Braai oor matige hitte tot die deeg krakerig is.

Denis en Jacqueline

Denis en Jacqueline

Varklies

Bestanddele

varklies

sout en peper

olyfolie

MARINADE

500 ml appelwyn

roosmaryn

Metode

1 Sny diagonale lyne in die varklies se vel. Vryf die sout, peper en olyfolie in die velkant.

2 Laat marineer in die appelwyn en roosmaryn mengsel

3 Braai 30-40 min. oor matige hitte. Die velkant moet die meeste van die tyd op die rooster wees. Die varklies is gaar wanneer die vel krakerig en goudbruin is.

Denis en Jacqueline

Hoendervlerkies

Bestanddele

hoendervlerkies

sout en peper

Aromat

MARINADE

soetrissiesous

sojasous

olyfolie

tabasco

Metode

1 Vryf die hoendervlerkies met sout, peper en Aromat.

2 Meng al die bestanddele vir die marinade. Voeg ’n bietjie warm water by om die sous meer loperig te maak, indien nodig. Marineer die hoendervlerkies daarin.

3 Braai omtrent 15 min. oor matige kole. Smeer deurentyd marinade op die vlerkies en weer net voor opdiening.

Laagkoek in ’n blikkie

Bestanddele

karamel

sout

Switserse rol, gekoop

witsjokolade, fyn gekap

Metode

1 Bespuit blikkies van jou keuse met kossproei.

2 Meng die karamel en sout tot dit lekker proe. Dis die maklikste manier om gesoute karamel te maak.

3 Pak lae in die blikkies: Eers ’n laag van die rol, dan die gesoute karamel en dan die witsjokolade. Herhaal die proses tot jy bo kom.

4 Maak die blikkie met tinfoelie toe. Sit tussen die kole tot alles deurwarm is en die sjokolade gesmelt het.

Wouter en Mientjie

Wouter en Minki

Mina Moo-kolwyntjies

Bestanddele

beesfilet

olyfolie

asyn

glanskersies

tandestokkies

Metode

1 Sny die filet in medaljons en plaas in ’n mengsel met gelyke hoeveelhede olyfolie en asyn.

Marineer drie dae. Draai dit gereeld om om seker te maak die vleis word goed bedek met mengsel. Braai op baie warm kole.

2 Die olie sal aan die brand slaan en die vleis seël. Plaas twee medaljons op mekaar en steek die kersies met die tandestokkie daarby vas.

Sampioensous

Bestanddele

400 g gesnyde sampioene

2 e botter

1 t vars knoffel

1 t vars rissies

¼ t vars gemmer (opsioneel)

2 pakkies kitsswartpepersouspoeier

500 ml room

Metode

1 Braai die sampioene goed in die botter.

2 Voeg die knoffel, rissies en gemmer by en braai goed.

3 Voeg die souspoeier by en meng goed deur.

4 Voeg die room oor stadige hitte by en roer tot die sous gaar en dik is. Sit voor saam met beesfilet.

Karoo-stokkielekkers

Bestanddele

dun skaapwors

glanskersies

sosatiestokkies

Metode

1 Rol die skaapwors soos ’n wiel op en plaas ’n kersie in die middel.

2 Sny af wanneer die deursnee ongeveer 10-15 cm is en steek dwarsdeur met sosatiestokkies vas. Daar het jy jou suigstokkie!

3 Braai op die rand van jou vuur tot gaar. Die stokkies sal oorsteek, wat dit ook makliker maak om te draai.

Bobaas-braaipizza

Bestanddele

1 pakkie spek, gekap

2 groot uie

suiker

soetrissiessous

2 pizzabasisse

soet basiliekruid

origanum of tiemie

kaas, gerasper

Metode

1 Braai die spek in pan tot gaar. Laat afkoel (anders word pizzabasis pap).

2 Braai die uie tot gaar en voeg ’n bietjie suiker by om te karamelliseer. Laat afkoel.

3 Smeer ’n lagie soetrissiessous op ’n pizzabasis en sprinkel die kruie oor.

4 Pak die afgekoelde spek en uie in lae op die basis en strooi die kaas bo-oor.

5 Sit die ander pizzabasis bo-op en plaas in ’n toeklaprooster. Braai oor die vuur tot bruin en tot die kaas gesmelt is.

Slaaigerfies

Bestanddele

klein mielies

boontjies

verskillende kleure soetrissie

agurkies

wortels

pynappel

sprietuie

blaarslaai

balsemieke asyn

Wouter en Minki

Metode

1 Sny die mielies, boontjies, soetrissie, agurkies, wortels en pynappel in dun repies.

2 Maak die repies in gerwe bymekaar en bind met die sprietuie vas.

3 Plaas die gerfies op ’n slaaiblaar en bedruip met die balsemieke asyn.

Franse braaibroodpoeding

Bestanddele

wit- of bruinbrood, korsies afgesny

karamelkondensmelk

waspapier

eiers

vanielje-ekstrak

olie

stroop, roomys en kaneelsuiker vir voorsit

Metode

1 Rol elke sny brood met ’n koekroller plat. Smeer ’n lagie karamelkondensmelk op.

2 Rol elke sny soos ’n Switserse rol op. Maak elke rolletjie met waspapier toe en laat oornag staan. Die waspapier verseker dat dit toegerol bly.

3 Klits die eiers en ’n bietjie vanielje-ekstrak bymekaar. Verwyder die brood uit die waspapier en doop in die eiermengsel.

4 Braai in die olie op ’n warm plaat oor die vuur tot goudbruin aan alle kante. Draai gereeld.

Sit voor met die stroop, roomys en kaneelsuiker.