Danie en Sandra

Ontbeende varkrib

Bestanddele

repiesspek

ontbeende varkrib

varkwors

braaispeserye

gerookte BBQ-sous

Stappe

Plaas die repiesspek op ’n oopgevlekte, ontbeende varkrib.

Druk die binnekant van die varkwors uit die derm en sprei egalig oor die spek.

Geur met die braaispeserye.

Smeer die gerookte BBQ-sous oor.

Rol op en bind met ’n tou vas.

Smeer dit goed met nog sous sodat dit krakerig kan raak.

Maak 3 uur in ’n spit op die vuur gaar tot mooi goudbruin.

Pampoenroomgereg

Bestanddele

150 ml water

1 pampoen, in blokkies gesny

sout en vars gemaalde growwe peper na smaak

babamurgpampoentjies, opgesny

1 houertjie room

knoffelkruiesop of -speserypoeier

Stappe

Giet die water in ’n swartpot saam met die pampoenblokkies en laat kook. Geur met die sout en vars gemaalde growwe peper.

Wanneer die pampoen medium sag is, voeg die babamurgpampoentjies by.

Meng die room en knoffelkruiesop of -speserypoeier.

Wanneer die murgpampoentjies medium sag is, giet die roommengsel oor.

Geur weer met die sout en vars gemaalde peper.

Laat nog 10 min. prut.

Danie en Sandra saam

Driekaas-pizzabrood

Bestanddele

2 teelepels botter, gesmelt

1 teelepel knoffelvlokkies

2 pakkies pizzadeeg, platgerol

1-2 tamaties, gekap

1 ui, gekap

sout en vars gemaalde peper

mozzarellakaas, gerasper

cheddarkaas, gerasper

fetakaas, gekrummel

Stappe

Meng die gesmelte botter en knoffelvlokkies en smeer oor die een uitgerolde pakkie pizzadeeg.

Pak die tamaties en ui bo-op en geur met die sout en vars gemaalde peper.

Voeg die drie kase by.

Plaas die ander pizza bo-op die gevulde een.

Plaas in die rooster en braai 15-20 min. op ligte kole tot die kaas gesmelt het.

Gestoofde pere met karamelsous

Bestanddele

1½ koppies bruismeel

10 ml koeksoda

½ koppie suiker

2 eetlepels botter of margarien

2 eetlepels appelkooskonfyt

2 eiers

½ koppie melk

4 pere, geskil en gehalveer

Vir die sous

1 blikkie ingedampte melk

½ koppie melk

½ koppie suiker

Vla of roomys vir voorsit

Stappe

Sif die bruismeel, koeksoda en suiker bymekaar.

Smelt die botter en appelkooskonfyt saam.

Klits die eiers en voeg die melk by.

Voeg die eier-en-melk-mengsel by die appelkooskonfytmengsel. Meng goed.

Giet die mengsel oor die droë bestanddele en klits tot die suiker goed opgelos het.

Smeer ’n swartpot goed met botter uit en gooi die mengsel in die pot.

Plaas die pere in die deeg.

Bak 40 min. met kole van onder en bo.

Meng die sousbestanddele bymekaar en verhit tot kookpunt.

Sit die peergebak voor saam met die warm sous en vla of roomys.

Kobus en Karin

Kobus en Karin

Wilde Weste-nachos

Bestanddele

1 rol pizzadeeg

Vir die vulsel

tamatie-basilie-pastasous

nachos-skyfies, fyn gemaak

sprietui-maaskaas

cheddarkaas, gerasper

Vir voorsit

1 avokadopeer, fyn gemaak

suurroom

Stappe

Sny die deeg in lang repe en maak in ’n pizza-oond gaar.

Meng die bestanddele vir die vulsel. Plaas skeppies vulsel bo-op elke reep en rooster effens in die oond.

Verwyder uit die oond, sny in blokkies en plaas die avokadopeer en suurroom bo-op.

Geweerskoot-burger

Bestanddele

1 kg maalvleis

1 ui

2 eiers

1 pakkie bruinuiesop

worcestersous na smaak

cheddarkaas, in blokkies gesny

braaisous

ciabata

sout en vars gemaalde peper na smaak

Bykosse om op die burger te sit, sluit in blaarslaai, tamatie, kaas, uie, komkommer en souse van jou keuse.

Stappe

Meng al die bestanddele behalwe die braaisous in ’n groot mengbak en laat oornag in die koelkas verkoel.

Rol in 10 balletjies en druk plat om vleiskoekies te vorm.

Braai in ’n toeklaprooster op die kole tot die verlangde gaarheid en smeer deurlopend braaisous oor.

Haal van die kole af en sit voor op liggies geroosterde ciabata.

Geur met sout en vars gemaalde peper na smaak.

Kobus en karin saam

Aartappelwiggies

6-8 aartappels

olie vir diepbraai

sout na smaak

Stappe

Kook die aartappels in soutwater tot halfgaar.

Sny in wiggies.

Diepbraai in warm olie op die vuur tot gaar en krakerig.

Verwyder van die olie en dreineer die ekstra olie af.

Geur met die sout na smaak.

Mielies aan die stronk

Bestanddele

1 mielie per persoon

2 groen soetrissies, in repies gesny

knoffel na smaak

1 teelepels botter

Stappe

Sny tinfoelie in lang repe.

Plaas die mielies daarin.

Voeg 2 repies groen soetrissies in elke tinfoeliepakkie.

Voeg knoffel en botter by en draai toe.

Braai in die tinfoelie op die kole tot goudbruin.

Vasvatpoeding

Bestanddele

4 eetlepels bruismeel

5 eetlepels suiker

1 eier

5 eetlepels melk

3 eetlepels kookolie

2 eetlepels kakaopoeier

2 blokkies sjokolade, opgesny

vla vir voorsit

Stappe

Meng al die bestanddele.

Klits goed en verdeel in blikbekers.

Plaas die bekers in ’n pizza-oond tot gaar.

Dop in ’n poedingbakkie uit.

Sit voor saam met die vla.

Robin en Stephanie

Robin en Stephanie

Hoenderboudjies

Bestanddele

1-2 hoenderboudjies per gas

suurlemoen-en-kruie-marinade

Portugese speserye

sout na smaak

Vir die tweede marinade

3 eetlepels dhaniya-blatjang (koljanderblatjang)

150 g mayonnaise

200 ml Lappies-braaisous

Stappe

Marineer die hoender oornag in die suurlemoen-en-kruie-marinade.

Geur met die Portugese speserye en sout.

Braai oor medium kole.

Meng al die bestanddele vir die tweede marinade en smeer oor die hoender wanneer dit gaar is.

Lendetjops

1 lendetjop per gas

Portugese speserye

sout

knoffel

swartpeperkorrels

vars roosmaryn

Stappe

Plaas die tjops op die vuur.

Maak ’n marinade van al die speserye behalwe die vars roosmaryn en smeer oor die tjops op die kole.

Plaas die roosmaryn apart op die vleis.

Braai tot gaar.

Knoffelbrood

Bestanddele

2 Franse brode

knoffelbotter

margarien

Stappe

Maak snye in die Franse brode sodat daar openings is maar dit nie deurgesny is nie.

Meng die knoffelbotter en margarien.

Smeer dit in die openings en draai in tinfoelie toe.

Plaas op die kole tot die botter gesmelt het en die brood lekker warm is.

Aartappelslaai

Bestanddele

4-6 aartappels

mayonnaise

25 ml asyn

2 eetlepels suiker

vars pietersielie

sout

Stappe

Kook die aartappels in soutwater tot gaar.

Laat afkoel en verwyder die skil.

Sny in blokkies en plaas in ’n bak.

Meng die mayonnaise (soveel soos verlang) met die asyn en suiker en gooi oor die aartappels.

Meng goed deur en strooi vars pietersielie oor.

Robin en Stephanie saam

Groenslaai

1 pak gemengde blaarslaai

olywe

kersietamaties

1 avokadopeer, in skyfies gesny

1 rooi-ui, in dun ringe gesny

fetakaas

Vir die slaaisous

1 eetlepel mosterdpoeier

2 knoffelhuisies, gerasper

2 koppies suiker

1 koppie wit asyn

Stappe

Meng al die bestanddele behalwe die fetakaas in ’n slaaibak.

Krummel die fetakaas oor.

Meng die bestanddele vir die slaaisous bymekaar en sit apart voor saam met die slaai.

Piesangrol

Bestanddele

margarien

1 pak filodeeg

3 piesangs, in die lengte gehalveer

1 houertjie vars room

2 Bar-One-sjokoladestafies, in skywe gesny

versiersuiker

sjokolade van jou keuse vir voorsit

Stappe

Smeer die margarien op 2 blaaie filodeeg.

Plaas die piesang met ’n klein bietjie vars room op die deeg.

Plaas 3 Bar-One-skyfies bo-op.

Maak toe met nog 2 filodeegblaaie wat met margarien gesmeer is.

Braai tot ligbruin en versier met versiersuiker en gerasperde sjokolade

Sny in skywe vir elke gas.