Resepte soos verskaf deur VIA.

Tertius en Natascha se resepte

tertius natascha

Gevulde hoender-espetadas

Bestanddele

tertius natascha sout

hoenderborsies, 1½ per espetada

pikantrissies, opgesny

swartpeper-fetakaas, opgesny

wit en rooi-ui, fyngekap

ribbetjiesous

suurlemoensap

speserye van jou keuse

Metode

Sny hoenderborsies deur en kap tot dun.

Marineer die gekapte hoenderborsies oornag in ribbetjiesous en suurlemoensap.

Voeg ’n bietjie speserye van jou keuse by.

Braai die uie saam tot sag.

Vul die hoenderborsies met die uie, pikantrissies en feta, en rol toe.

Ryg aan die sosatiestokkies en braai tot gaar.

Lamstjoppies

Bestanddele

6 lamtjops

jou gekose braaisout

Stappe

Sout die lamstjops goed en braai soos verlang.

Aromatiese aartappelskyfies

Bestanddele

1,5 kg Aartappels

Robertson Aromatic Rustic Potato-speserye

olie

Metode

Skil en sny die aartappels in dun skyfies.

Giet olie in ’n swart potjie en plaas op die kole tot dit verhit is.

Braai aartappels in olie tot ligbruin en bros.

Skep in ’n bak met kladpapier om te dreineer.

Sprinkel Aromatic Potato-speserye oor na geur.

Geroosterde roketslaai

tertius natascha slaai

1 pakkie beet

1 pakkie botterskorsie, opgesny

olyfolie

knoffelspeserye

3 pakkies roketblare

swartpeper fetakaas na voorkeur

2½ snye witbrood

heuning-mosterd-slaaisous

Metode

Kook beet en botterskorsie vooraf. Moet dit nie heeltemal sag kook nie.

Sny beet en botterskorsie in blokkies en plaas in foelie.

Sprinkel olyfolie en speserye oor.

Plaas op vuur in ’n toeknyprooster en braai 10 min.

Smeer snye brood met olyfolie en bedek met speserye.

Rooster op die vuur tot bruin en bros.

Sny in blokkies.

Meng roketblare, afgekoelde beet en botterskorsie, en gooi fetakaas en gebraaide broodjies bo-oor.

Sit voor saam met heuning-mosterd-slaaisous.

Soetrissie-en-roomkaasbroodjie

1 klaargemaakte knoffelbrood

soetrissie-roomkaas

Stappe

Smeer die roomkaas in die gleuwe van die knoffelbrood.

Bedek weer en braai op die kole.

Filo-braaitert met roomys

Bestanddele

tertius natascha soet

donkersjokolade-malvalekker-paaseiers, 2 per tert

1 pak filodeeg

botter

Metode

Sny filodeeg in blokkies.

Plaas 2 paaseiers in die middel en vou toe.

Smeer met botter.

Plaas op die rooster en braai tot die eiers smelt en die filodeeg goudbruin word.

Don Pedro’s

Bestanddele

Amarula

Roomys

Melk

Plaas roomys, Amarula en ’n bietjie melk in die versapper.

Meng 30 sek.

Sit voor en geniet dit!

Sias en Lindie se resepte

sias en lindie

Blatjang-geroosterde filet

Bestanddele

1 beesfilette (sowat 1,5kg)

2 e gemaalde swartpeper

Vir die marinade

60ml (¼ k) blatjang

60ml (¼ k) pynappelsap

125ml (½ k) tamatiesous

80ml (? k) lemoensap

60ml (¼ k) suurlemoensap

45 ml (3 e) worcestersous

50 ml (¼ k) bruinsuiker

3 ml (½ t) growwe mosterd

3 ml (½ t) tiemie

Metode

Kombineer al die bestanddele vir die marinade.

Plaas dit saam met die filette in ’n plastieksak en marineer oornag of minstens 6 uur.

Dreineer die vleis, maar bêre die vloeistof.

Verkoel die res van die marinade.

Vryf die vleis met 2 e swartpeper.

Braai 20 min. oor matige kole.

Bedruip ná 10 min. met marinade en braai soos verlang.

Lynvis

Bestanddele

sias en lindie sout

1,5 kg lynvisfilet

growwe sout na smaak

125 ml (½ k) botter

15 ml (1 e) knoffel, gekap

15 ml (1 e) suurlemoensap

vars roosmaryn en vinkel na smaak

Metode

Strooi growwe sout oor vis en plaas eenkant vir 20 min.

Was die sout af en druk droog.

Vir die smeersous: smelt die botter, knoffel en suurlemoensap saam.

Gebruik die vars kruie om die bottermengsel oor die vis te smeer.

Braai vis 6 min. op warm kole.

Bedruip vis gereeld.

Draai om en braai nog 6 min. Bedruip gereeld.

As jy die vis bruiner wil hê, draai om en verlaag die rooster vir 1 min. of tot die kleur wat jy verlang.

Garneer met vars roosmaryn en vinkel.

Groentepot

Bestanddele

botter vir die pan

250 ml (1 k) botterskorsie

1 pak broccoli en blomkool

6-8 baba-murgpampoentjies

2 uie, in ringe gesny

½ rooi soetrissie

½ geel soetrissie

knoffel na smaak

gedroogte gemengde speserye na smaak

sout en peper na smaak

Metode

Smelt ’n goeie hoeveelheid botter in ’n plat, ysterpot.

Pak lae van die al die groente behalwe die soetrissies in die pot.

Voeg uie, knoffel, gedroogte gemengde speserye, sout en peper by na smaak.

Voeg ’n ekstra skep botter bo-op by.

Kook 15-20 min. oor matige kole.

Voeg soetrissies by en kook nog 5-10 min.

Mosselsous

Bestanddele

1 ui, fyngekap

olyfolie vir braai

? pakkie seekossop

100 ml koue melk

50 ml witwyn

1 knoffelhuisie

25 ml suurlemoensap

5 ml (1 t) vars pietersielie, fyngekap

swartpeper na smaak (hoe meer hoe beter)

100 ml water

5 ml (1 t) koringmeel

opsioneel: room na smaak

500 g swartmossels

Metode

Braai uie oor die kole in ’n bietjie olyfolie.

Meng die sop en melk, giet in die pan en bring tot kookpunt.

Voeg wyn, knoffel, suurlemoensap, pietersielie, swartpeper en water by.

Sodra dit kook, voeg koringmeel by om die mengsel te verdik.

As jy room byvoeg, doen dit nou.

Voeg mossels by en sorg dat dit op ’n lae hitte kook 5-10 min.

Hou die sous warm tot voorsit.

Souskluitjies in jou ysterpot

Bestanddele

sias en lindie soet

125 g botter of margarien

60 ml fyn appelkooskonfyt

12,5ml (2 ½ t) koeksoda

500 ml (2 k) koekmeelblom, gesif

1 knippie sout

100 ml melk

750 ml (3 k) kookwater

250 ml (1 k) suiker

5 ml (1 t) vanieljegeursel

1 klontjie botter (ekstra)

Metode

Smelt botter in ’n ysterpot op die kole.

Roer eers die konfyt by en dan die koeksoda. Die mengsel sal begin bruis.

Voeg meel en sout beurtelings saam met melk by.

Plaas oorblywende bestanddele in ysterpot en laat opkook.

Skep lepels vol deeg in kokende vloeistof sodat hopies nie opmekaar lê nie.

Sit deksel op en laat dit 25 min. prut.

Sit warm voor; stip met botter.

Saadbrood met vye

Bestanddele

sias en lindie voorgereg

500 ml (2 k) water

1 pakkie saadbroodmengsel

suiker

botter, vyekonfyt en vars vye vir voorsit

Metode

Voeg water by die broodmengsel en meng met ’n houtlepel.

Plaas die deeg in ’n pan en plaas eenkant in ’n warm plek om te rys tot dubbel die grootte.

Bak 20-25 min. in die oond teen 200 °C of in ’n ysterpot oor die kole tot bruin.

Maak seker om kole ook bo-op die deksel te sit vir eweredige hitte.

Dop die brood uit en borsel met suikerwater.

Sit warm voor saam met botter, vyekonfyt en vars vye.

Jundanté en Maryna se resepte

Groente-sosatie

Bestanddele

Judante Maryna sosaties

’n verskeidenheid van jou gunstelinggroente

Vir die teriyakisous (hoeveelhede na smaak)

olyfolie, genoeg om ’n dik sous te vorm

rissie, opgekap

knoffel, opgekap

Metode

Sny die groente in happiegrootte-blokkies.

Groente soos soetrissies, sampioene, kersietamaties en murgpampoentjies werk lekker.

Ryg die groenteblokkies aan sosatiestokkies.

Bedruip met teriyakisous – soveel soos jy verkies.

Braai op matige kole tot gaar, maar nie pap nie.

Vir die teriyakisous

Meng die olyfolie, knoffel en rissie; verhit oor lae hitte tot ’n dik sous vorm.

Filetsteak

Bestanddele

Judante Maryna bord kos

6 beesfilette van goeie gehalte

Vir die marinade, hoeveelhede soos verlang

Coca-Cola, dit vorm die basis; gebruik dus genoeg om die filette te bedek

paprika

knoffelsout

uiesout

tamatiesous

worcestersous

swartpeper

olyfolie

Metode

Meng al die bestanddele vir die marinade.

Bedek filette in marinade en plaas oornag in die koelkas.

Braai oor warm kole en bedruip gereeld met marinade.

Braai so gaar soos verlang.

Gerookte murgbeen

Bestanddele

Judante Maryna murgbene

murgbeen

Vir die marinade, hoeveelhede soos verlang

gerookte paprika

olyfolie

braaisout

Metode

Meng die bestanddele vir die marinade.

Marineer murgbeen oornag.

Rook 30-40 min. oor die kole.

Braaibrood

Bestanddele

Judante Maryna broodjies

½ t knoffel, fyngekap

½ t vars gemmer, fyngekap

2 koppies bruismeel

1 t gemengde kruie

¼ k suiker

1 bottel Castle Lager of jou gunstelingbier – nie die ligte soort nie!

Vir die vulsel

1 ui, gekap

suiker

kersietamaties

1 wiel camembert

Metode

Meng die gekapte knoffel en gemmer om ’n geurige mengsel te vorm.

Meng al die droë bestanddele en kruie en voeg die knoffel-gemmer by.

Voeg die bier by en meng goed.

Braai oor die kole in ’n swart potjie of broodpan.

Sny in snye vir braaibroodjies.

Braai die ui in die pan tot sag en voeg suiker by sodat dit karamelliseer.

Maak toebroodjies met die gekaramelliseerde ui, camembert en kersietamaties.

Plaas terug op die kole en braai tot goudbruin.

Slaai

Bestanddele

1 komkommer

1 rooi-ui

kersietamaties

1 pakkie gemengde slaaiblare

1 pakkie repiespek

appelliefies

fetakaas

Metode

Kap die komkommer en rooi ui-op en voeg gehalveerde kersietamaties by.

Plaas bo-op ’n lekker hoop gemengde slaaiblare.

Neem ¾ van die spek, kap fyn en braai tot krakerig. Voeg dit by die slaai.

Voeg ¾ van die appelliefies by die slaai.

Neem die oorblywende spek en draai die oorblywende appelliefies daarin toe.

Braai tot die spek krakerig is en voeg by die slaai.

Krummel fetakaas bo-oor die slaai.

Roomysballetjies en fillopakkies

Judante Maryna soet

Vir die roomysballetjies

Bestanddele

1 pakkie tennisbeskuitjies

1 bak van jou gunstelingroomys

4 eiers

Metode

Maal die tennisbeskuitjies fyn deur dit in ’n plastieksak te plaas en met ’n koekroller fyn te maak.

Vorm balletjies met die roomys en rol in tennisbeskuitjies.

Vries vir 6 uur.

Klits 1 eier en rol die gevriesde balletjies daarin.

Vries weer.

Herhaal dié proses 3-4 keer.

Diepbraai 20 sek. teen ’n baie hoë temperatuur.

Vir die filopakkies

Bestanddele

1 pak filodeeg

1 pak malvalekkers

neutsjokolade van jou keuse

2 eiers, geklits

vars aarbeie en gemengde bessies

Nachtmuzik om oor die drup

Metode

Ontdooi die filodeeg en sny in vierkante.

Plaas malvalekkers en blokkies sjokolade op die helfte van die vierkante en bedek met die ander helftes.

Smeer geklitste eier om die rante om die pakkies toe te hou.

Bak pakkies in die oond tot goudbruin en krakerig.

Bedien pakkies met roomysballetjies, en vars bessies bo-op.

Drup Nachtmuzik oor.