Vanaand op Kom Ons Braai speel Joe en Erica raaiselspeletjies by hulle braai terwyl Dick en Justine se kuierhuis en vriendelike geaardheid die gaste laat welkom voel. Willem en Rhoné speel pop by hul kuier.

Dick en Justine

Dick en Justine

Skaapkerrie op die kole

Bestanddele

1 koppie kookolie

1 ui

2 eetlepels gemmer

2 knoffelhuisies

1 kg skaapboud, in blokkies gesny

2 aartappels, in blokkies gesny

100 ml droë rooiwyn

4 eetlepels masala

2 eetlepels borrie

2 lourierblare

sout na smaak

100 ml natuurlike jogurt

150 ml room

blatjang en klapper vir voorsit

Stappe

Verhit die olie in ’n pot op die vuur tot dit kookpunt bereik.

Voeg die ui, gemmer en knoffel by en braai 5 min.

Skei die olie en uiemengsel en voeg die skaapblokkies in die oorblywende olie.

Braai tot bruin.

Gooi 1 L kookwater oor die skaap en kook 2 uur.

Voeg nog water by indien nodig.

Voeg die aartappels ná 1 uur by.

Voeg die droë rooiwyn ná 2 uur by en laat nog ’n halfuur prut.

Haal van die warm kole af en laat op lae kole prut.

Voeg die masala, borrie en lourierblare by die uie en braai vinnig saam. Geur met die sout.

Meng die vleis by en voeg die jogurt en room by.

Laat prut op lae hitte tot die smaak deurgetrek het.

Sit met blatjang en klapper voor.

Kruisskyf

Bestanddele

olyfolie

speserye van jou keuse

6 goeie snitte kruisskyf

Stappe

Vryf die olyfolie en speserye van jou keuse in die vleis.

Braai oor warm kole soos verlang.

Sit voor saam met pepersous.

Pepersous

Bestanddele

1 eetlepel botter

1 eetlepel olyfolie

1 ui, gekap

1 eetlepel vars gemaalde swartpeper

1 koppie beesaftreksel

1 sopie brandewyn

1 koppie room

Stappe

Sny ’n stukkie vleis van die grootste stuk kruisskyf af en braai dit met botter en olyfolie in ’n pan op die kole.

Voeg die ui by en braai 3 min.

Oor matige kole roer die peper, beesaftreksel en brandewyn by.

Braai 2-3 min. om die geure te ontwikkel.

Roer die room by en laat ’n paar minute prut.

Giet oor die kruisskyf net voor voorsit.

Dick en Justine USE

Lemoenwortels met kruie

Bestanddele

30 jongwortels

60 ml botter, gesmelt

1 lemoen se skil, fyn gerasper

60 ml lemoensap

15 ml heuning

sout en vars gemaalde swartpeper

skeut vars lemoensap

vars pietersielie, gekap

vars tiemie, gekap

Stappe

Bring ’n pot water na kookpunt en blansjeer die wortels ’n paar sekondes daarin. Dreineer goed.

Meng die gesmelte botter, lemoenskil, lemoensap, heuning, sout en vars gemaalde peper by.

Skep die wortels in die oondbak en giet die sitrussous oor.

Meng goed deur.

Braai op die vuur tot die wortels deurgaar en taaiblink is.

Skud die bak so nou en dan om brand te voorkom.

Sprinkel die vars lemoensap, pietersielie en tiemie oor en sit voor as bykos.

Aartappel-uie-gereg

Bestanddele

4-6 aartappels, geskil en in blokkies gesny

2-3 uie, gekap

olie

30 ml blatjang

30 ml mayonnaise

10 ml suurlemoensap

sout en vars gemaalde swartpeper

Stappe

Kook die aartappels in water tot net-net gaar en dreineer.

Braai die uie in ’n groot pan in die olie tot dit begin verbruin.

Skraap die uie eenkant toe in die pan.

Skep die blatjang, mayonnaise en suurlemoensap in die oop deel en geur met die sout en vars gemaalde peper.

Roer die uie deur die sous en laat effens karamelliseer.

Meng die aartappels by.

Sit die deksel op en laat staan ongeveer 5 min. op lae hitte.

Piesang-pynappel-tert

Bestanddele

3 piesangs

1 koppie pynappelstukkies

1 pakkie Tennis-beskuitjies

1 blik bruin kondensmelk

1 koppie mascarponekaas

1 Peppermint Crisp-sjokoladestafie

Stappe

Sny die piesangs en pynappels in klein stukkies en braai 3 min. op ’n warm vuur tot effens sag.

Plaas 2 fyngedrukte Tennis-beskuitjies in elke poedingbakkie.

Skep 2 eetlepels piesang-en-pynappel bo-op.

Meng bruin kondensmelk en mascarponekaas bymekaar en skep ’n laag hiervan bo-op.

Herhaal die twee lae tot die bakkies vol is.

Krummel die sjokolade bo-oor.

Plaas 2 uur in die koelkas voor jy dit voorsit.

Joe en Erica

Joe en Erica

Gauteng-paptert, die Oos-Kaapse manier

Bestanddele

Vir die pap

2 koppies water

sout na smaak

3 koppies pappoeier

Vir die sous

1 blikkie tamatie-uie-smoor

½ koppie blatjang

¼ koppie tamatiesous

¼ koppie suiker

sout en vars gemaalde peper na smaak

kaas, gerasper

1 koppie room

Stappe

Bring die water en sout tot kookpunt.

Voeg die pappoeier by en roer goed.

Jy kan nog poeier byvoeg indien jy stywer pap verkies.

Bedek en verminder die hitte sodat die pap stadig tot gaar kan stoom. Roer heeltyd.

In ’n aparte pot bring die tamatie-uie-smoor tot kookpunt.

Voeg die blatjang, tamatiesous, suiker en sout en vars gemaalde peper by.

Roer en kook tot die suiker opgelos is.

In ’n gesmeerde bak maak lae soos volg tot jy eindig met die kaas bo: 1 laag pap, 1 laag sous, 1 laag kaas.

Giet die room oor en bak tot die kaas gesmelt het.

Gevulde ontbeende hoender op die spitbraai

Bestanddele

1 middelslag ontbeende hoender

½ koppie olywe, ontpit en gekap

½ koppie songedroogde tamaties, gekap

½ koppie pikantrissies (peppadews), gekap

½ koppie fetakaas

olyfolie

hoenderspeserye

Stappe

Lê die hoender neer en versprei die olywe, tamaties, pikantrissies en fetakaas eweredig oor.

Sprinkel die olyfolie en speserye oor na smaak.

Rol die hoender versigtig op en plaas in ’n net of bind met tou vas.

Sit die hoender op die spitbraai oor matige kole en braai ongeveer 1¾ uur.

Tuisgebakte brood in die varkie-oond

Bestanddele

1 ui, gekap

1 rooi soetrissie, gekap

1 groen soetrissie, gekap

½ koppie cheddarkaas, gerasper

2 eetlepels sonneblomolie

½ koppie melk

1 eetlepel pietersielie, gekap

2 teelepels uievlokkies

1 teelepel knoffel-en-kruie-speserye

2 groot eiers

2½ koppies broodmeel

1 eetlepel bakpoeier

sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

¼ koppie pampoenpitte (kan uitgelaat word)

Stappe

Meng die ui, soetrissies, kaas, olie, melk, pietersielie, uievlokkies, speserye en eiers saam in bak.

Sif die meel en bakpoeier saam en geur met die sout en vars gemaalde peper.

Voeg die meelmengsel by die uiemengsel en meng liggies deur.

Sprei uit in broodpan en sprinkel die pampoenpitte oor.

Sit in ’n varkie met matige kole en bak ongeveer 45 min. of tot goudbruin bo.

Sampioensous

Bestanddele

botter na smaak

1 koppie sampioene

500 ml melk

250 ml room

1½ pakkie Royco-sampioensouspoeier

sout en vars gemaalde peper

Stappe

Verhit die botter en braai die sampioene tot bruin.

Voeg die melk en room by die sampioene en bring tot kookpunt.

Voeg die pakkie sampioensous, sout en vars gemaalde peper by en roer aanhoudend.

Kook tot verdik.

Jy kan nog so ’n bietjie souspoeier byvoeg indien nodig.

Joe en Erica USE

Geroosterde botterskorsie en roketslaai

Bestanddele

½ botterskorsie, in blokkies gesny

roket

1 rooi ui, gekap

½ koppie fetakaas, gekrummel

balsemieke asyn-slaaisous

Stappe

Rooster die botterskorsie op die kole tot sag.

Was die roketblare en rangskik op ’n bord.

Voeg die gekapte ui by.

Voeg die geroosterde botterskorsie by.

Sprinkel die fetakaas oor.

Sit voor saam met die slaaisous of geniet op sy eie.

Ouma se malvapoeding

Bestanddele

Vir die beslag

250 ml suiker

12,5 ml botter

12,5 ml appelkooskonfyt

5 ml koeksoda

5 ml asyn

250 ml koekmeel

250 ml melk

Vir die sous

1 blikkie ingedampte melk (Ideal Milk)

125 ml suiker

125 ml water

12,5 ml botter

Stappe

Vir die beslag

Meng die suiker en botter goed saam.

Voeg die konfyt by en meng.

Voeg die koeksoda en asyn by en meng deur.

Voeg die koekmeel en melk beurtelings by en meng.

Gooi in ’n gesmeerde staalbak en sit op die kole.

Bedek met kole en bak ongeveer 40 min.

Vir die sous

Meng die ingedampte melk, suiker, water en botter saam in ’n pot.

Sit op die kole en roer deur tot die suiker en botter smelt.

Giet oor die malvapoeding sodra dit klaar gebak is. Geniet.

Tuisgemaakte vanieljeroomys

500 ml room

½ koppie suiker

3 eiergele

1 vanieljestokkie of -geursel

Stappe

Verhit die room en suiker en bring tot kookpunt.

Klop die eiergele terwyl jy vir die roommengsel wag.

Meng baie stadig die roommengsel by die eiergele terwyl jy aanhou klop.

Voeg die vanieljestokkie of geursel by.

Laat ongeveer 2 uur in die koelkas verkoel.

Willem en Rhoné

Willem en Rhone¦ü

Aartappelgereg

10 middelslag-aartappels, geskil

2 uie, in ringe gesny

2 pakkies knoffel-en-kruie-aartappelgebakpoeier

1 L vars room

cheddarkaas, gerasper

Stappe

Kook die aartappels tot sag in water in ’n pot op die kole.

Sny die aartappels in eweredige dik skywe.

Pak die aartappelskywe en uieringe om die beurt in ’n oondvaste bak.

Meng die aartappelgebakpoeier en room en klits tot al die klonte opgelos is.

Giet die roommengsel oor die aartappels.

Bedek met tinfoelie (blinkkant na binne), plaas op die gasbraai op die laagste hitte en bak tot gaar – sowat 45 min. tot ’n uur.

Dit kan ook op matige kole geplaas word.

Verwyder die tinfoelie en strooi die kaas bo-oor die aartappelgereg.

Sit warm voor saam met braaivleis.

Beeskruisskyf

Bestanddele

marinade van jou keuse

palmolie

300 g 21 dae verouderde kruisskyf (rump), dik gesny

speserye na smaak

Stappe

Meng die marinade met die palmolie en verf al die kante van die vleis goed.

Laat staan 30 min. tot 1 uur.

Geur met die speserye.

Braai oor baie warm vuur na smaak.

Willem en Rhode

Malvapoeding

Bestanddele

15 ml (3 teelepels) margarien

250 ml (1 koppie) suiker

1 eier

5 ml (1 teelepel) suurlemoensap

5 ml (1 teelepel) koeksoda

5 ml (1 teelepel) appelkooskonfyt

250 ml (1 koppie) meelblom

250 ml (1 koppie) melk

Meng die margarien en suiker.

Voeg die eier by en meng deur.

Voeg die suurlemoensap, koeksoda en appelkooskonfyt by.

Roer die meelblom en melk om die beurt by.

Bak 1 uur teen 180 °C in ’n glasbak (in die oond) of op ’n gasbraai 45 min. op die laagste hitte moontlik tot donkerbruin. Plaas ’n asbesplaat onder die glasbak op die gasbraai om te voorkom dat die glasbak te warm word of moontlik bars.

Vir die stroop

Bestanddele

250 ml (1 koppie) room

125 ml margarien

250 ml (1 koppie) suiker

125 ml (½ koppie) kookwater

Stappe

Kook alles 2 min. saam en giet oor die poeding sodra dit van die gasbraai kom.

Bak tot karamelagtig.

Sit voor saam met tuisgemaakte rokerige vla wat op die vuur gemaak is.