In Hermanus speel die weer nie saam nie. Philip-Ben en Marié se varkpens is dalk te vroeg op die braai terwyl Jeanré en Heinrich 'n grillerige poets bak.

Francois en Marlene hou van vuurmaak en steek sommer ’n paar aan vir geselligheid.

Alle resepte soos verskaf deur Via

Jeanré en Heinrich se resepte

KOB heinrich jeanre paartjie

Peperkruisskyf met sampioensous

KOB jeanre heinrich steak eet

Genoeg vir 6 mense

Marineer: 40 min.

Gaarmaak: na voorkeur

Bestanddele

’n verouderde kruisskyf

growwe sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

’n bietjie suiker

250 ml (1 k) olyfolie

Maak so

Hou jou vleis teen kamertemperatuur tot dit op die kole moet gaan.

Meng die sout, vars gemaalde swartpeper en ’n bietjie suiker met ’n koppie olyfolie. Laat lê jou biefstuk 40 min. in die marinade.

Braai die vleis na jou voorkeur, maar draai elke 20-30 sek. om.

Sit voor saam met die sampioensous

Sampioensous

Bestanddele

1 ui

2 knoffelhuisie

250g sampioene

10 ml olie

30 ml (2 e) ongesoute botter

60 ml (4 e) koekmeel

sout en swartpeper na smaak

1 t origanum

1 t basilie

1 k volroommelk

1 k room

Maak so

Kap die ui, knoffel en sampioene fyn.

Verhit die olie en voeg die ui en knoffel by.

Braai tot deurskynend en voeg die sampioene by.

Geur met die sout, swartpeper, origanum en basilie

In ’n aparte pot, smelt die botter.

Voeg die koekmeel by en roer oor hoë hitte in die vorm van ’n nommer agt.

Giet die melk stadig by en hou aan roer tot romerige sous vorm.

Voeg die meelmengsel by die sampioene en roer oor lae hitte.

Voeg die room by en roer tot gemeng.

Verwyder van die hitte en sit voor in ’n aparte sousbakkie

Geroosterde kreef met knoffel en witwynsous

KOB jeanre heinrich kreef

Bestanddele

3 vars krewe

30 ml (2 e) ongesoute botter per kreef

1 knoffelhuisie per kreef, fyn gekap

1 glas droë witwyn

15 ml suurlemoensap

Handvol pietersielie, gekap

sout en peper na smaak

Maak so

Plaas die kreef op sy rug.

Met ’n skerp mes, maak ’n snit van die kop tot die stert. Dit moet nie heeltemal deurgesny wees nie.

Haal die dik spysverteringskanaal uit.

Maak ’n knoffelbotter deur die botter te meng met die knoffel, witwyn, suurlemoensap, pietersielie sout en peper.

Braai die onderkant van die kreef 2 tot 3 min. oor matige kole, draai dit op sy rug en giet die sous in die gleuf waar die kreef gesny is.

Laat dit rustig op sy rug prut en giet elke nou en dan nog sous oor.

Ná so 15 min., wanneer borreltjies uit sy vleis kook, is dit gaar.

Sy dop behoort helder oranje te wees.

Sit voor op ’n slaaibed en versier met kersietamaties en pietersielie

Groenslaai

Bestanddele

blaarslaai

roketblare

komkommer

avokado

fetakaas

soetrissie

kersietamaties

olywe

pietersielie

sout en peper na smaak

suurlemoen

olyfolie

Maak so

Bedek ’n groot plat bak met die blaarslaai en roketblare.

Sny die komkommer in skywe en spasiëer bo-op.

Sny die avokado in repe en plaas netjies bo-op.

Strooi die fetakaas eweredig oor.

Sny die soetrissie in repies en halveer die kersietamaties en olywe.

Strooi dit in lae tot die bak vir jou mooi en kleurryk lyk.

Strooi die pietersielie oor en geur met die sout en vars gemaalde swartpeper. Druk ’n bietjie suurlemoensap oor die slaai.

Drup die olyfolie oor.

Roosterbroodjie

Bestanddele

1 Franse brood

ongesoute botter

pietersielie

Maak so

Sny die Franse brood in 5 cm-snye.

Plaas die snye op ’n rooster oor warm kole.

Braai sowat 1 min. tot goudbruin en effens krakerig.

Smeer met die botter en strooi ’n bietjie pietersielie bo-oor.

Rangskik en sit voor.

Gevulde soetrissie op die kole

KOB jeanre heinrich gevulde pepper

Bestanddele

6 soetrissies

2 swart olywe, ontpit per soetrissie

2 kersietamaties per soetrissie

15 ml (1 e) smeerkaas per soetrissie

knippie origanum

vars gemaalde swartpeper

handvol pietersielie

10 ml olyfolie

1 k mozzarellakaas, gerasper

Sprietui vir garnering

Maak so

Sny die soetrissies in die helfte en krap die pitte uit.

Sny die olywe en kersietamaties in die helfte.

Skep die smeerkaas in elke soetrissie.

Druk die olywe en kersietamaties in.

Geur met die origanum, vars gemaalde growwe peper en pietersielie.

Giet 1 tot 2 druppels olyfolie oor en bedek met mozzarellakaas.

Draai die gevulde soetrissies in foelie toe en plaas op warm kole.

Braai tot die kaas gesmelt is en die soetrissies net begin sag word.

Verwyder van die kole en haal elke soetrissie versigtig uit die foelie.

Sit voor saam met ’n roosterbroodjie

Lemoen-sjokolade-kampvuurkoek

KOB jeanre heinrich roomysLewer 1 koek

Gaarmaak: 20 min.

Bestanddele

6 lemoene

5 ml (1 t) kitskoffie, opgelos in 200 ml water

125 ml (½ k) kookolie

2 eiers

200 ml water

sjokoladekolwyntjiemengsel

250 g donkersjokoladestukke

vanieljeroomys

lemoenskil, gerasper, vir voorsit

Maak so

Sny die lemoene se bokante af.

Verwyder al die vesel met ’n skerp mes en ’n lepel.

Los die kitskoffie in die water op.

Berei die koekmengsel voor deur die olie, eiers, water en kolwyntjiemengsel saam te klits tot alles deeglik gemeng en opgelos is.

Vul elke lemoen tot net bokant die helfte met die beslag.

Druk ’n paar donkersjokoladestukke in en draai toe in foelie.

Maak seker die onderkante se bodem is plat sodat dit nie omval nie.

Plaas die lemoene op warm kole en los sowat 20 min.

Toets die mengsel met ’n stokkie om te verseker dat die koek binne gaar is.

Sit voor met ’n skep vanieljeroomys en garneer met die lemoenskil.

Francois en Marlene se resepte

KOB Rancois Marlene paartjie

Kreef in knoffelsous

10 vars krewe

15 ml (1 e) botter

15 ml (1 e) knoffel

1 pakkie sampioene, fyn opgesny

handvol vars pietersielie, fyn gekap

peper na smaak

suurlemoensap na smaak

1 houertjie room

Maak so

Stoom die krewe in ’n pot op die vuur tot halfgaar (2 min.). Laat afkoel.

Gebruik net die sterte.

Haal dit uit die dop en sny in blokkies.

Smelt die botter in ’n pot op die vuur en voeg die knoffel, sampioene, pietersielie en peper by. Roer deurlopend.

Voeg die suurlemoensap by na smaak.

Meng die room by.

Voeg die blokkies kreef by.

Kan voorgesit word met bruschetta (brood besprinkel met olyfolie en gebraai op die vuur)

Lam

KOB Francois Marlene bord kos

Bereiding: 10 min.

Marineer: 24 uur

Gaarmaak: 35-45min

2,6 kg ontbeende lamsboud (of jou keuse van grootte)

Marinadebestanddele

250 ml (1 k) sojasous

250 ml (1 k) olyfolie

3-4 loerierblare, in stukkies gebreek

1 takkie vars roosmaryn

20 ml (4 t) suurlemoensap

3 ml (½ t) swartpeper, fyn gemaal

5 ml (1 t) Aromat

Maak so

Meng die bestanddele vir die marinade en marineer die boud 24 uur daarin.

Sit die vleis aan ’n draaispit en laat dit 35-45min. (na gelang van die dikte) draai en braai bo matige kole.

Gerookte hoender

KOB  francois marlene bord kos

Gaarmaak: 1 uur en 15 min.

Bestanddele

2 x 1,4 kg heel hoenders

suurlemoensap

hoenderbraaispeserye

Stappe

Vryf die hoenders binne en buite met die suurlemoensap.

Vryf die braaispeserye binne en buite op die hoenders.

Gebruik houtkole in ’n Weber-braaier om die hoender mee te rook.

Rook die hoender 1 uur en 15 minute in indirekte hitte.

“Haito Potato”

8 medium aartappels

2 uie, in skywe gesny

½ pakkie sampioene, in skywe gesny

10 ml botter

15 ml (1 e) knoffel

½ groen, rooi en geel soetrissie, in skywe gesny

2 pakkies spek, in stukke gesny

sout en swartpeper na smaak

½ pakkie sampioene, in skywe gesny

sout

5 ml gemengde speserye

5 ml Italiaanse kruie

5 ml pietersielie

1 pakkie suurroom-en-sprietui-aartappelsouspoeier

1 houer (xx ml) volroom-room

250 ml (1 k) kaas, gerasper

Maak so

Skil die aartappels en plaas in ’n pot op die vuur.

Kook tot medium gaar.

Laat die aartappels afkoel en sny in kwarte of blokkie

Braai die uie en sampioene in die botter.

Voeg die knoffel en soetrissie by en braai in ’n pan oor matige kole tot mediumgaar.

Voeg die spek, speserye en kruie by.

Voeg die aartappels by en roerbraai.

Voeg die aartappelpoeier en room by.

Roerbraai tot die aartappels en souspoeier heeltemaal gaar is.

Strooi die kaas oor, bedek en laat die kaas smelt oor die aartappels.

Slaai

KOB francois marlene slaai

Bestanddele

pynappelringe

varkworsies

suurlemoensap

Aromat

roketblare

gemengde kersietamaties (geel, rooi, groen), gehalveer

gevulde olywe van jou keuse

komkommer, in blokkies gesny

sagte Deense fetakaas, in blokkies gesny

granaatpitte

geroosterde kekerertjies

pampoensade

croutons

gedroogde uie

Griekse en balsemieke slaaisous

Maak so

Braai die pynappelringe op die rooster, sny in stukkies en laat afkoel.

Braai die varkworsies en sprinkel die suurlemoensap en Aromat oor. Laat afkoel en sny in repies.

Pak die blare, tamaties, olywe, komkommer, fetakaas en granate op ’n bord.

Meng die geroosterde kekerertjies, pampoensade en croutons en sprinkel oor.

Sit voor met die slaaisous.

Jakes Se Piesang

KOB francois marlene poeding

Bestanddele

swartstroopsuiker

6 middelslagpiesangs, in helfte of in 3 gesny

15 ml suurlemoensap

rum, (ons het Captain Morgan verkies)

5 ml (1 t) kaneel

3 ml (½ t) gemmer

Vanieljeroomys vir voorsit

kersies vir voorsit

Maak so

Gooi die potbodem toe met die suiker en pak die piesangs bo-oor.

Sprinkel die suurlemoen sap oor.

Gooi ’n sopie (25 ml) rum oor elke piesang.

Bedek weer met die suiker en sprinkel die kaneel en gemmer oor.

Maak die pot dig toe en sit op ’n driehoekie oor warm kole.

Die kole moet baie warm wees en die stroop moet borrel sodat dit kan karamelliseer.

Skud die pot van tyd tot tyd in die rondte sodat die sous kan roer in die pot. Moenie self die piesangs roer nie.

Haal die pot ná 30 minute af en sit dit langs die vuur sodat dit warm bly.

Draai die pot van tyd tot tyd sodat dit die hitte eweredig versprei.

Die pot is altesaam 1-2 uur langs die kole tot jy reg is om te eet.

Sit voor met die roomys en kersies.

Philip-Ben en Marie  se resepte

KOB Ben en Marie paartjie

Varkpens

KOB philip marie ribbe op rooster

Bestanddele

2 k witwyn

knippie growwe sout

1 varkpens

15 ml suurlemoensap

Maak so

Vryf die witwyn en growwe sout op die varkpens en braai in die Weber.

Drup die suurlemoensap oor ’n paar minute voor dit gaar is en plaas dit op die vuur om die vel lekker krakerig te kry.

Patats

Bestanddele

3 patats

25 ml botter

Skil en sny die patats en plaas dit in ’n swartpot op die vuur.

Kook tot sag.

Voeg die botter by.

Druk fyn met ’n vurk.

Sampioen-spek-en-aartappelsosaties

KOB philip ben en marie bord kos

Bestanddele

5 aartappels

1 pakkie spek

250 g sampioene

10 ml olyfolie

Sny die aartappels in blokkies en kook in soutwater tot gaar.

Sny die spek en sampioene in ewe groot blokkies.

Ryg die drie bestanddele aan sosatiestokkies.

Drup die olyfolie oor en braai op die vuur tot die spek krakerig en die sampioene gaar is.

Kraakslaai

Bestanddele

3 rooi appels

1 seldery, gekap

1 pakkie gesoute grondboontjies en rosyne

1 bakkie maaskaas, uiegrasgeur

’n bietjie mayonnaise

Maak so

Meng al die bestanddele.

Moenie te veel mayonnaise gebruik nie, anders oorwelding dit die slaai.

Vye-en-gorgonzolaslaai

Bestanddele

5 vars vye

1 blok gorgonzola-kaas

handvol roketblare

handvol basilieblare

balsemieke asyn na smaak

Maak so

Sny die vye in kwarte.

Sprinkel die kaas en slaaiblare oor.

Geur met die balsemieke asyn na smaak.

Sjokolade-lemoenpotte

KOB philip ben marie lemoen

Bestanddele

1 lemoen per gas

250 g botter

250 g donkersjokolade

2 eiers

3 eiergele

190 ml strooisuiker

180 ml meel

room, styf geklits

Maak so

Sny die bokant van die lemoene af en hol uit.

Smelt die botter en donkersjokolade saam en laat ’n bietjie afkoel.

Klits die eiers en eiergele saam met die strooisuiker.

Gooi die donkersjokolademengsel by die eiergele en suiker.

Voeg die meel by.

Meng en gooi in die lemoene.

Maak toe in foelie en sit dit ’n tydjie in die vrieskas.

Haal uit en plaas 10 tot 15 min. oor die kole.

Haal af en sit voor met styfgeklitste room.