By Pieter en Lindi se braai is daar swak kommunikasie terwyl Shaun en Madelaine beide ’n ketelbraai aan die gang hou.

Hiermee al die resepte van vanaand se episode, soos verskaf deur VIA.:

Pieter en Lindi

Pieter en Lindi

Gemarineerde hoender

Bestanddele

vars suurlemoen

pietersielie

vars knoffel, gekap

sout

6 hoenderboudjies

Metode

Maak ’n marinade met suurlemoensap, pietersielie, gekapte knoffel en sout, en laat die hoenderboudjies oornag daarin lê. Braai oor matige kole tot gaar.

Varknektjops

Bestanddele

1 teelepel paprika

½ teelepel vars gekapte knoffel

200ml olyfolie

100ml sonneblomolie

6 tjops

gedroogde gemengde speserye

vars pietersielie, roosmaryn en tiemie

Metode

Meng die paprika, knoffel en twee olies om ’n pasta te vorm.

Smeer die varknek deeglik met die mengsel.

Voeg dan speserye en kruie by.

Laat oornag rus in die mengsel.

Braai oor matige kole.

Maak ’n kwassie van roosmaryn en tiemie en smeer die vleis heeltyd op die kole met die oorblywende marinade.

Pieter en lindi

Botterskorsie en beet

Bestanddele

1 groot botterskorsie

5-6 beet

1 pak roketblare

fetakaas na smaak, gekrummel

balsemieke reduksie

Metode

Stoom die botterskorsie en beet tot amper gaan.

Braai oor die kole tot heeltemal gaar.

Meng die roket in en strooi die fetakaas en balsemieke reduksie oor net voor jy dit voorsit.

Broccoli, biltong en bloukaas met peer vinaigrette

Bestanddele

1 blik pere, gooi stroop af

1 kop broccoli

3-4 t witasyn

1 k beesbiltong

bloukaas na smaak

Metode

Maak die pere fyn in ’n voedselverwerker.

Rooster broccoli oor die kole. Gebruik ’n klein rooster sodat dit nie deurval op die kole nie.

Die broccoli is gaar wanneer dit heldergroen en die punte bruin is.

Laat afkoel in die rooster.

Maak vinaigrette deur die fyn pere te meng met witasyn.

Gooi biltong, vinaigrette en bloukaas oor die broccoli net voor jy dit voorsit.

Vye en mascarpone-kaas

Bestanddele

3-4 vye per persoon

6 t heuning

1 blik mascarpone-kaas

2 sopies brandewyn

½ glas rooiwyn

’n paar stukkies biscotti

Metode

Sny die vye in halwes en sny die stele af.

Meng 2 t heuning en mascarpone-kaas en sit eenkant.

Plaas vye op hul rugkant in ’n pan oor warm kole.

Voeg 4 t heuning in die pan om te karamelliseer.

Voeg 2 sopies brandewyn in pan.

Steek aan die brand om te flambé.

Voeg rooiwyn by en wag dat die sous verminder.

Vir voorsit: Skep eers vye, dan mascarpone-mengsel en die sous.

Strooi fyngemaakte biscotti bo-oor.

Shaun en Madelaine

Shaun en Madelaine

Brandewyn-en-coke-filet

Bestanddele

olyfolie

1 ui, gekap

vars gemmer

gedroogde, gekapte rissies

knoffelvlokkies

braaispeserye

blatjang

balsemieke asyn

coke

brandewyn

beesfilet, gesny

Metode

Verhit olie in ’n pan.

Braai die uie, gemmer, rissies en knoffel tot die uie bruin is.

Voeg oorblywende bestanddele by en laat dit 15-20 min. prut tot ’n dikker sous vorm.

Laat dit heeltemal afkoel en marineer die vleis minstens 4 uur.

Braai die vleis oor warm kole soos verkies.

Vir voorsit: Verhit ’n sopie brandewyn in ’n pannetjie oor die kole.

Plaas ’n sny vleis daarin en flambé.

Sit voor in die pan.

Groenslaai met versuikerde pekanneute

Bestanddele

versiersuiker

Shisanyama-spesery van Robertson’s

pekanneute

slaaiblare van jou keuse

rooi ui

komkommer

aarbeie

avokado

Metode

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Plaas bakpapier op ’n bakplaat.

Meng versiersuiker en Shisanyama-spesery in ’n bak.

Voeg 10 ml water by en meng tot suiker opgelos het en ’n dik glans vorm.

Voeg pekanneute by en meng tot alles bedek is.

Verplaas neute na die bakplaat en sprei uit in ’n enkellaag.

Skraap oorblywende suikermengsel oor.

Bak 10-12 min. tot die neute krakerig en goudbruin is.

Verwyder dadelik die neute van die bakplaat en laat afkoel, sommer op die bakpapier op die toonbank.

Verwyder van die bakpapier en breek stukke op wat aan mekaar vassit.

Bêre in ’n lugdigte houer.

Maak ’n slaai deur die ui, komkommer, avokado, aarbeie en slaaiblare te meng.

Strooi die versuikerde pekanneute bo-oor.

Shaun en Madelaine

Sampioensous

Bestanddele

100 g botter

2 pakkies sampioene, gesny

2 t gekapte knoffel

swartpeper

2 pakkies sampioensous van jou keuse

1 L room

Metode

Braai die sampioene en knoffel in botter.

Voeg swartpeper by.

Sodra die meeste van die vog verdamp het, voeg die sampioensous by en meng tot ’n pasta vorm.

Voeg room by, bring tot kookpunt, draai hitte af en roer aanhoudend tot die sous verdik.

Braaitert

Bestanddele

2 rolle skilferkorsdeeg

1 blik karamel

1 blik pere, in dun snye gesny

pekanneute, gekap

1 eier, geklits

Metode

Ontdooi die deeg en rol een uit op die braairooster.

Smeer karamel eweredig oor.

Pak ’n laag pere oor die karamel.

Kap pekanneute en strooi bo-oor.

Bedek met die tweede laag deeg en seël asof jy ’n pastei maak.

Borsel met geklitste eier.

Plaas op warm kole en draai gereeld tot goudbruin.

Marius en Marnie

Marius en Marnie

Ontbeende skaapboud

Bestanddele

1 skaapboud, ontbeen en oopgevlek

sout en peper

braaispeserye van jou keuse (opsioneel)

Vir die marinade

vars suurlemoensap

olyfolie

gemengde speserye (droog)

balsamieke asyn

droë rooiwyn (opsioneel)

Metode

Meng die bestanddele vir die marinade en laat die skaapboud oornag daarin lê.

Braai oor matige kole tot mediumgaar.

Geur deurentyd met sout en peper en opsionele braaispeserye.

Laat ongeveer 5-10 min. rus.

Sny in skywe net voor jy dit voorsit.

Rooiwynsous

Bestanddele

1 e botter

½ ui fyngekap

1 knoffelhuisie, fyngekap

1 e meelblom

1½ koppie droë rooiwyn

½ koppie beesaftreksel

2½ eetlepels suiker

1 teelepel balsemieke asyn

sout en peper na smaak

Smelt botter en braai ui en knoffel tot ui sag en bruin is.

Voeg meel by en roer alles vinnig saam.

Gooi onmiddellik die rooiwyn, aftreksel, suiker en asyn by.

Roer aanhoudend tot kookpunt bereik word.

Haal dan ’n paar kole onder die pot uit en laat dit prut tot die volume met sowat die helfte verminder en die sous lekker verdik het.

Geur met sout en peper na smaak.

Verwyder van die vuur en sit voor saam met boudskywe.

Geurige hoendervlerkies

Bestanddele

1 ui, gerasper

suurlemoensap

olyfolie

droë witwyn hoendervlerkies

Metode

Meng ui, suurlemoensap, olyfolie en witwyn saam.

Die hoeveelhede hang van smaak af.

Laat lê die vlerkies sowat 2-3 uur in die marinade.

Braai vlerkies oor matige kole tot goudbruin en bros aan buitekant.

Geur deurentyd met sout en peper.

Gevulde sampioene

Bestanddele

1 ui, baie fyn gekap

botter

suurlemoensap na smaak

knoffel, fyngekap (opsioneel)

sout en peper na smaak

1 pakkie groot bruin sampioene

1 houertjie grasuie en uiegrasgegeurde roomkaas

1 houertjie ongegeurde roomkaas

Metode

Braai uie in botter tot bruin.

Voeg suurlemoensap en knoffel (as jy dit insluit) by.

Geur met sout en peper.

Plaas in voedselverwerker indien jy die uie nog fyner wil hê.

Laat afkoel.

Meng met roomkase.

Vul sampioene met die roomkaasmengsel.

Draai liggies toe in foelie en braai oor matige kole tot gaar.

Steek gaatjies in foelie wanneer klaar om van die vog ontslae te raak of haal dadelik uit die foeliepakkies wanneer dit gaar en deurwarm is.

Marius en Marnie

Laagslaai

Bestanddele

slaaiblare van jou keuse, in stukke gesny

komkommer, in blokkies gesny

gevriesde klein ertjies

spek, gebraai tot krakerig en versnipper

3 hardgekookte eiers, fyn gerasper

sprietuie, gekap

mayonnaise

Metode

Pak al die bestanddele in lae in ’n glas slaaibak.

Begin by slaaiblare en eindig af met gekapte sprietuie.

Sit voor saam met mayonnaise

Gevulde lekkernye:

6 suikerhorinkies (“sugar cones”)

Vulsel:

1 pakkie Romany Creams-koekies, in stukkies gebreek

fyngekapte amandels

grondboontjiebotter

Caramel Treat

Meng vulsel goed (gebruik hoeveelhede na smaak). Vul horinkies liggies tot vol. Draai dan horinkies toe in foelie. Hou eenkant tot reg vir braai.

Horinkies word ongeveer 5-10 min. oor matige tot warm kole gebraai tot dit sag en deurwarm is. Draai gereeld. Sit voor saam met vanieljeroomys en sjokoladesous en ekstra amandels bo-oor gesprinkel.