Francois en Johan se spyskaart weerspieël hulle persoonlikhede terwyl nuwe intrekkers Kobus en Natasja ‘n poging maak om die Karoo na Robertson te bring. Foodies Collin en Matt hou dit by ‘n redelike eenvoudige spyskaart in die McGregor-vallei.

Collin en Matt

Collin en Matt

Varkribbetjie

Bestanddele

varkribbetjie van die slaghuis af

sout na smaak

1 lourierblaar

braaispesery van jou keuse

Vir die marinade

Chinese soetsuursous

sojasous

heuning

braaispeserye

Metode

Kook varkribbetjie in pot oor die vuur tot sag.

Voeg sout na smaak, 1 lourierblaar en braaispeserye by.

Maak die marinade in ’n aparte potjie op die kole deur al die bestanddele bymekaar te voeg en te verhit.

Sodra varkribbetjie sag gekook is (amper van been afval), verwyder uit pot en bedek lekker met marinade.

Braai die rib op die vuur en kwas deurentyd met marinade.

Sodra marinade lekker aan vark ribbetjie klou, haal af en sit voor.

Monkey Gland-sous

Bestanddele

1 ui, fyngekap

1 soetrissie, fyngekap

1 knoffelhuisie, gekap

blatjang

worcestersous

sojasous

tabascosous

bruinsuiker

olyfolie vir braai

Metode

Plaas pan op vuur en voeg ui, soetrissie en knoffel by met olyfolie.

Braai in pan tot glanserig en voeg die ander bestanddele by.

Laat prut ’n paar minute en sit voor.

Romerige peri-peri-sous

Bestanddele

1 ui, gekap

rissies na smaak, opgekerf

rissiesous van jou keuse (ons het een tuisgemaak)

1 houertjie room

gerooktepaprika-poeier

olyfolie vir braai

sout en peper na smaak

Metode

Plaas pan op vuur en voeg olyfolie en ui daarby.

Braai ui ’n paar minute en voeg vars rissies en rissiesous by.

Geur na smaak met sout, peper en gerookte paprika.

Voeg room by en sit voor.

Broccolislaai

Bestanddele

1 pakkie broccoli

1 rooi-ui, gekap

pekanneute

rosyntjies

1 wortel, gerasper

cheddar, in blokkies gesny

kersietamaties

mayonnaise van jou keuse

Bulgaarse jogurt

sout en peper na smaak

Metode

Breek broccoli op in florette en kook in warm water tot amper sag.

Laat afkoel en voeg die res van die bestanddele by.

Mielies

Bestanddele

geelstronkmielies

plaasbotter

basilie

parmesaan

Metode

Kook mielies tot sag.

Plaas res van die bestanddele in ’n pot en laat prut.

Verf mielies met beslag op vuur.

Verwyder van vuur en sprinkel met gerasperde parmesaan en basilie.

Broodpoeding

Bestanddele

5 croissants

4 Paasbolletjies

5 e pitlose rosyne

6 teelepels appelkooskonfyt

1 blikkie ingedampte melk

1 t vanieljegeursel

4 e bruinsuiker (om bo-oor te strooi)

3 eiers, geklits

5 e Nutella-smeer

Amarularoom

150 ml room, geklits

200 ml Amarula

Metode

Klits eiers en voeg vanieljegeursel by.

Sny Paasbolletjies en croissants in skywe.

Pak ’n laag croissants en bolletjies in ’n vlak swart ysterpot.

Skep lepels Nutella-smeer en konfyt tussen croissants en bolletjies.

Pak nog ’n laag brood bo-op.

Strooi pitlose rosyne tussen-in.

Kombineer ingedampte melk en eiermengsel en gooi oor broodmengsel.

Strooi bruinsuiker oor en plaas deksel van pot op.

Sit warm kole bo-op deksel en laat prut sowat 15-20 min.

Amarularoom

Kombineer die Amarula en die room en sit voor saam met die broodpoeding.

Francois en Johan

Francois en Johan

Hoenderrol

Bestanddele

3 hoenderborsies met vel aan (ontbeen)

3 hoenderfilette

½ k spek, fyngekap

½ pakkie sondroë tamaties (ons het Ina Paarman gebruik)

10 pitlose olywe

2 skywe fetakaas

braaisout na smaak

Metode

Trek vel van die hoender borsies af en kap die hoender met ’n vleishammer tot 1 cm dik.

Plaas die hoendervel langwerpig in die middel van uitgerolde foelie.

Pak die plat hoender bo-op die hoendervel.

Kap die spek en hoenderfilette in ’n voedselverwerker tot fyn.

Smeer die fyngekapte hoendervulsel bo-op die hoenderborsies.

Versprei die olywe, sondroë tamaties en gekrummelde fetakaas eweredig oor die hoendervulsel.

Rol die foelie op om ’n rol te vorm.

Maak seker die hoender is weerskante toe met die foelie.

Braai die hoenderrol 15 min. op matige kole en verwyder foelie.

Braai nog 10-15 min. op oop kole.

Gooi deurentyd braaispeserye oor die hoenderrol.

Haal die hoenderrol af en sny in 2-3 cm skywe.

Bloukaas-vye-sous

Bestanddele

175 g margarien

½ L melk

¼ k meel

½ pakkie wit uiesop

sout en peper na smaak

3 vye, fyn gesny

5 g bloukaas, gekrummel

Metode

Smelt margarien in ’n pot op matige hitte op die stoof.

Meng die droë bestanddele by die gesmelte margarien en gooi melk bietjie-bietjie by tot ’n gladde witsous vorm.

Roer aanhoudend.

Gooi die bloukaas en vye in en roer deur.

Die sous kan ook in ’n swartpot op die kole gemaak word.

Warm aartappelgereg

Bestanddele

1 kg baba-aartappels, gehalveer

10 baba-uitjies, geskil

10 pitlose olywe

½ pakkie songedroogde tamaties

1 bottel heuning-mosterd-slaaisous

2 skywe fetakaas

Metode

Gooi al die bestanddele behalwe die fetakaas in ’n swartpot.

Plaas die swartpot op oop kole en laat kook tot aartappels sag is.

Roer af en toe.

Verwyder pot van kole en krummel fetakaas oor aartappelgereg voor jy dit voorsit.

Die gereg kan koud of warm voorgesit word.

Romerige braaibroodjies

Bestanddele

1 kg klaar gekniede witbrooddeeg

1 rooi soetrissie

1 groen soetrissie

1 geel soetrissie

2 uie

25 g gekapte spek

1 pakkie sampioene

250 ml vars room

1 pakkie aartappelgebak-poeier

melk

gerasperde kaas

Metode

Sny die soetrissies, uie en sampioene in stukkies en braai saam met die spek in ’n braaipan.

Haal pan van die stoof af en laat afkoel.

Rol die deeg uit in ’n vierkantige vorm.

Versprei die pangebraaide mengsel eweredig oor die deeg en rol toe om ’n lang wors te vorm.

Sny 3 cm-skywe en plaas die skywe plat in ’n skottel van vlekvrye staal.

Plaas die skywe ongeveer 2 cm uit mekaar.

Meng die aartappelgebak-poeier, room en ’n bietjie melk om ’n sousie te vorm.

Gooi sous bo-oor die deeg, rasper kaas bo-oor en bedek met foelie.

Bak sowat 30 min. oor matige hitte oor die kole.

Maak seker die kole is nie te warm nie, anders brand die gereg aan.

Appel-en-peer-krummeltertjies

Bestanddele

1 pakkie deeg

500 g bruismeel

250 g margarien

1 k suiker

3-4 eiers

vla of roomys vir bediening

Metode

Vryf margarien, suiker en bruismeel saam tot dit soos mieliemeel lyk.

Meng die eiers in en knie tot ’n stywe deeg vorm.

Maak toe en verkoel.

Vir die vulsel

1 x 410g-blik appels

1x 410 g-blik pere

½ k bruinsuiker

½ k rosyntjies

2 e suurlemoensap

2 e appelkooskonfyt

1 e gemaalde kaneel

2 e vlapoeier

Metode

Kook al die vulselbestanddele behalwe die vlapoeier saam in ’n pot op die stoof tot die appels en pere sag is.

Maak die vlapoeier aan met water en meng in by die vulsel.

Druk deeg vas op die bodem en kante van ’n oondvaste skottel.

Die deeg moenie te dik uitgedruk word nie.

Gooi vulsel bo-oor en rasper oorblywende deeg bo-oor tot bedek.

Bak in matige ketelbraai met die deksel op tot goudbruin.

Sit voor saam met vla of roomys.

Kobus en Natasja

Kobus en Natasja

Mediterreense Karoo-lamtjops

Bestanddele

12 Karoo-lamtjops

150 ml witwyn

180 ml olyfolie

50 ml witwynasyn

160 ml sondroëtamatie-pesto

6 knoffelhuisies, fyngekap

60 ml roosmaryn, fyngekap

20 ml suurlemoenskil, gerasper

10 ml vars gemmer, gerasper

sout na smaak

Metode

Meng al die bogenoemde bestanddele in ’n voedselverwerker tot ’n pasta vorm.

Smeer oor lamtjops en maak seker alles is goed bedek.

Laat rus sowat 3-4 uur.

Braai oor warm kole tot bros en bruin.

Geur met sout na smaak terwyl dit gebraai word.

Sout-en-asyn-lammerstertjies

20 lammersterte

2 suurlemoene

½ k water

sout-en-asyn-spesery

Metode

Druk die sap van 2 heel suurlemoene uit oor die lammersterte.

Sit in drukkoker vir 10 min. saam met ½ k water.

Haal lammersterte uit en laat afkoel.

Braai oor warm kole tot bros en bruinerig, sowat 5 min. per kant.

Gebruik sout-en-asyn-speserye om te geur terwyl dit gebraai word.

Tradisionele braaibroodjies

12 snye witbrood

botter of margarien

tamatie, in skywe gesny

1 rooi-ui, in dun skyfies gesny

beleë cheddarkaas, gerasper

sout en peper

blatjang

Metode

Sny die harde randjies van brood af.

Smeer blatjang weerskante van die broodjies.

Sit genoeg kaas op elkeen.

Sny dun skyfies rooi-ui en sit dit bo-op die kaas.

Sny tamaties en dun skyfies en sit dit bo-op.

Geur met sout en peper na smaak.

Vou broodjies toe en smeer botter of margarien aan die buitekant.

Braai op matige kole tot die kaas gesmelt en die broodjies bros is aan die buitekant.

Sewelaagslaai

Bestanddele

1 kop blaarslaai, gekap

2-3 tamaties, in skyfies gesny

1 komkommer, in repies gesny

3-4 rooi ingelegde pere, in stukkies gesny

2 blokkies fetakaas

olywe of ontpitte druiwe

repiespek, in stukkies gesny

croutons

Vir die mayonnaise-sous

2 k mayonnaise

2 e suiker

½ k Bulgaarse jogurt

sout en peper na smaak

Metode

Pak die slaai in lae: eers die blaarslaai, dan tamaties, komkommer en pere en krummel fetakaas bo-oor.

Gooi olywe of druiwe oor die fetakaas.

Mayonnaise-sous: Meng al die bestanddele.

Skep die sous bo-op die slaai.

Braai spekstukkies en strooi bo-oor.

Braai croutons en strooi heel bo-op die slaai

Sjokoladepoeding

Bestanddele

1 k koekmeel

3 t bakpoeier

2 e kakaopoeier

1 eier

125 g margarien of botter

¾ k suiker

? k melk

1 knippie sout

Vir die sous

2 k kookwater

1 k suiker

2 e kakaopoeier

Metode

Smelt die margarien of botter en melk saam.

Klits suiker en eier saam tot donserig.

Sif koekmeel, bakpoeier, kakao en sout saam.

Voeg suiker en eier by melkmengsel.

Voeg droë bestanddele om die beurt by die melkmengsel en klits tot goed gemeng.

Vir die sous

Kook kookwater, suiker en kakao saam.

Gooi ? k sous in elke gesmeerde, individuele bakkie of houertjie.

Skep lepels vol beslag bo-op sous (na gelang van die grootte van die bakkie) ongeveer ¾ vol.

Sit individuele bakkies in ’n kastrol met deksel op en bak sowat 40 min. of tot bros bo-op deur warm kole onder die kastrol te sit.

Toets met mespunt of dit gaar is.

Sit voor saam met tuisgemaakte roomys.

Tuisgemaakte roomys

Bestanddele

2 x 250 ml-houertjies Orley Whip

2 eierwitte

1 blikkie kondensmelk

1 t vanieljegeursel

Metode

Klits Orley Whip tot styf.

Voeg kondensmelk by die styfgeklopte room.

Klits eierwitte tot baie styf.

Vou die eierwitte en vanieljegeursel liggies by die room en kondensmelk.

Plaas vir sowat 90 min. in gesmeerde houertjies in die vrieskas.