Braai is groot in Brackenfell! By Tara en Eugene word steak gebraai en “minute-to-win-it”-speletjies word gespeel terwyl Robert en Nadia wil beïndruk met ’n Amerikaanse tema.

Resepte soos verskaf deur Via

Tara en Eugene se resepte

Ontbeende hoender gevul met kruie

Bestanddele

speserymengsel

knoffel

olyfolie

ontbeende hoender, effens gemarineer

roosmaryntakkies

Stappe

Meng die speserye, knoffel en olyfolie.

Verf dit op die ontbeende hoender.

Stroop die roosmarynblare af en vryf dit deeglik in die hoender se vel.

Braai op die kole tot gaar.

Beeslende gevul met mossels en mozzarella

gevulde steakBestanddele

beeslende

speserymengsel (jy kan dieselfde mengsel gebruik as vir die hoender)

1 blikkie mossels

gerasperde mozzarellakaas

Stappe

Verdeel die beesvleis in twee.

Verf met die speserymengsel.

Vul met die mossels en mozzarella.

Steek met tandestokkies vas.

Braai op die kole tot so gaar soos verlang.

Braaibroodjie toegevou in spek

roosterbrood

Bestanddele

brood

botter

blatjang

gerasperde kaas

tamatie, in skyfies gesny

uie, in ringe gesny

spek

Stappe

Smeer die brood met die botter en blatjang.

Sit die gerasperde kaas, tamatieskyfies en uieringe op die helfte van die snye.

Sit die ander snye op om toebroodjies te maak en sny die korsies af.

Vou die broodjie toe met die spek.

Steek met tandestokkies vas.

Braai op die kole tot die spek krakerig is.

Mediterreense groente op die kole

tara groenteBestanddele

gemengde groente van jou keuse

olyfolie

speserymengsel

fetakaas

50 ml water

Stappe

Sit die gemengde groente in ’n foeliebak.

Gooi die olyfolie en speserymengsel oor.

Strooi die fetakaas oor.

Voeg die water by.

Bedek die bak met foelie.

Plaas op die vuur tot gaar.

Brandewyntert met gekaramelliseerde brandewynsous

brandewyntert

Bestanddele

eiers

15 ml (3 e) bruinsuiker

1 koppie melk

gekoopte malvapoedingmengsel

olie

water

dadels, fyn gekap

amandels, fyn gekap

100 ml brandewyn

1 koppie suiker

Stappe

Beslag

Meng die eiers en suiker.

Meng die melk by die malvapoedingmengsel.

Meng die eier- en melkmengsel.

Voeg die dadels en amandels by.

Sit in ’n foeliebak en bedek met foelie.

Hou ongeveer 20 min. op die rooster.

Gooi die sous ná ongeveer 15 min oor.

Stappe

Sous

Voeg die brandewyn en suiker in ’n pan en verhit oor lae hitte tot ’n dun stroop vorm.

Sit die tert met room of roomys voor.

Lees ook: #KomOnsBraai-resepte: Strandbraai in Saldanha

Robert en Nadia se resepte

Soutgereg

Bestanddele

gekoopte aartappel-en-uiekoekies (hash browns)

kaasworsies (chipolatas)

ontbeende skaaprib, met olyfolie gesmeer en met biltongspeserye en stukkies biltong gevryf

Stappe

Braai die skaaprib oor medium tot hoë hitte soos verlang.

Plaas die kaasworsies en aartappel-en-uiekoekies op die rooster tot deurwarm en krakerig.

Sosaties

Bestanddele

soetrissies, in blokkies gesny

uie, in skywe gesny

beesvleis, in blokkies gesny

speserye

Stappe

Ryg die soetrissies, uie en vleis om die beurt aan sosatiestokkies, strooi die speserye oor en braai.

Lees ook: #KomOnsBraai-resepte: Pollie, ons gaan Paarl toe!

Hoenderdis

Marinadebestanddele

balsemieke asyn

mielieblom

uie

sout

suiker

rooi soetrissie

water

Stappe

Meng al die bestanddele. Marineer die hoender oornag in die marinade.

Twee doopsouse

Ina Paarman se soet tamatieblatjang (gekoop)

Tuisgemaakte, romerige, balsemieke uiesous

Bestanddele

uie

suiker

balsemieke asyn

volroomroom

sout en peper

Stappe

Braai die uie op lae hitte en voeg die suiker by om dit te karamelliseer.

Voeg die balsemieke asyn by en roer. Die uie behoort ’n mooi kleur te kry en sag te raak.

Sit die plaat af en gooi die room bietjie vir bietjie tot die balans en kleur reg is.

Geur na smaak met die sout en peper.

Lees ook: #KomOnsBraai-resepte: Gordonsbaai, hier word nou gebraai!

Slaaistokkies

Bestanddele

kersietamaties, twee of meer kleure

wit gouda of fetakaas

komkommer

Stappe

Sny die tamaties, kaas en komkommer in blokkies en ryg aan slaaistokkies.

Sit met lekker slaaisouse voor.

Piesangkarameltert (banoffee)

Bestanddele

1 rol filodeeg

gesmelte botter

1 blik karamelkondensmelk

6 ferm piesangs, in skyfies gesny

eetbare blomme

vars room of roomys

Jy benodig twee groot stukke foelie vir dié soet gereg. Die een deel vorm die basis (die een helfte van die filodeeg kom daarop) en die ander deel word as bedekking gebruik.

Stappe

Deel die filorol in twee.

Smeer liggies met die botter.

Smeer ’n laag karamelkondensmelk op en pak van die piesangskyfies bo-op.

Plaas die ander helfte van die filodeeg bo-op en smeer liggies met die botter. Bedek met die foelie.

Braai net so met die foelie op die vuur. Draai die rooster gereeld. Verwyder die foelie wanneer die een kant van die tert lekker gebraai is. Herhaal met die ander kant. Haal dadelik af wanneer die deeg krakerig en effens bruin is. Pasop net vir brand!

Versier met die blomme en sit voor saam met room of roomys.