In vanaand se episode van Klavierkuiers met Pedro, het die aanbieder Pedro Kruger ’n heerlike kuier saam met die sanger Jay du Plessis gehad.

Ons het met Jay gesels oor sy ervaring.

1. Wat was vir jou die lekkerste deel van jou kuier saam met Pedro?

Dit was my baie lekker dat dit so intiem en real was. Ek het baie op my gemak gevoel en dit het meer gevoel soos ’n lekker chat as ’n onderhoud.

2. Wat maak Pedro volgens jou uniek?

Sy "sunny disposition" is aansteeklik! Hy het altyd ’n glimlag op sy gesig en hy weet hoe om ’n mens se hartsnare te roer.

3. Wat is jou gunstelingding om te doen op ’n Vrydagaand?

As ek nie weg is vir ’n optrede nie is dit vir my die beste ding om net saam met my laaities en my vrou tyd te spandeer met ’n lekker tuisgemaakte aandete en ’n lekker fliek!

4. Noem vir ons drie van jou gunstelingliedjies.

Dis so moeilik om ’n gunstelingliedjie te kies, want dit verander soms daagliks. Van my gunstelingmusiekgroepe om na te luister is Queen, Skunkanansie, Audioslave en Collective Soul.

5. Wat is drie goed wat jy hoop mense eendag oor jou sal sê?

Dat ek regverdig was. Dat ek liefde in my hart gehad het vir my medemens en dat ek my lewe toegewy het aan my gesin.

Kyk hier na ’n video van hul duet: