Wat was vir jou die lekkerste deel van jou kuier saam met Pedro?

Die hele aangeleentheid was baie aangenaam maar die in-diepte gesprek met Pedro van emosioneel tot ligte oomblikke was fantasties.

Wat maak Pedro volgens jou uniek?

Pedro is baie geïnteresseerd in sy gas, hy het die tipe persoonlikheid – jy sal vir hom enige iets vertel. En die feit dat hy so goed klavier speel en dat hy die gaste so goed kan begelei is ’n wegholsukses!

Wat is jou gunstelingding om te doen op ‘n Vrydagaand?

As ek nie ’n konsert het nie, is dit om lekker van vroeg af die vuur aan te steek by ons huis en te braai saam met my gesin.

Noem vir ons drie van jou gunstelingliedjies.

It is all coming back to me now deur Meatloaf, Lisa se klavier deur Koos Kombuis en Valerie deur Amy Winehouse.

Wat is drie goed wat jy hoop mense eendag oor jou sal sê?

Dat hy ’n lekker mens was. Dat hy altyd die positiewe in ’n slegte saak kon sien. Dat hy mense inspireer het met sy liedjies en dat hy ’n goeie pa was.