Pedro Kruger bring hulde aan ons land se grootste sangers in sy musiek- en geselsprogram.

Ons het Corlea oor haar ervaring uitgevra.

Wat was vir jou die lekkerste deel van jou kuier saam met Pedro?

Ek ken hom al ’n paar jaar, maar ons het nog nooit die geleentheid gehad om net te sit en gesels vir “sommer net” nie. Die opname het gevoel asof dit net ek en hy is wat sit en gesels. So lekker en gemaklik, soos ou vriende!

Wat maak Pedro volgens jou uniek?

Vir my is dit sy oë… daar is ’n onblusbare lewenslus in sy oë wat my sommer dadelik kan laat voel wat hy ook voel. Dis vir my pragtig!

Wat is jou gunstelingding om te doen op ’n Vrydagaand?

Sjoe! Ek sing gewoonlik op ’n Vrydagaand – ’n aandjie af is raar! Ek is óf rustig saam met my hondjies óf ek is uit saam met vriende en familie.

Noem vir ons drie van jou gunstelingliedjies.

(Dis ’n onmoontlike vraag!)

Do you remember – Jarryd James

Who wants to live forever – Queen

Moratorium – Alanis Morisette

Wat is drie goed wat jy hoop mense eendag oor jou sal sê?

Dat ek nie verwaand was nie.

Dat ek altyd my beste gegee het.

Dat ek altyd getrou was aan myself.