Dit kom nou weer onder die loep in die splinternuwe televisiereeks Huisgenoot: Ware Lewensdramas.

Dié week herbesoek ons die skokkende en raaiselagtige Griekwastad-moorde: Don Steenkamp se gesin is in 2012 op hul plaas in die Noord-Kaap vermoor.

Toe Don vir die moorde in hegtenis geneem word, skeur sy familie in twee.

Dié tragedie word vanaand op die kassie herbesoek in Huisgenoot: Ware Lewensdramas om 20:30 net op VIA TV (DStv-kanaal 147).

As jy dié episode misloop, kan jy Sondagaand om 20:30 op VIA na die heruitsending kyk.