Is Huisgenoot al jare lank ’n onmisbare deel van jou lewe? Volg jy al dekades lank die lief en leef van glansmense én Jan Alleman soos dit op ons bladsye vertel word?

Grootste Genoot

Dan het ons net die daaglikse verleiding vir jou: ’n Vasvra opgestel so reg uit Huisgenoot se blaaie!

Elke weeksdag tot 9 September 2016 gaan ons ’n vasvra deel, opgestel uit Huisgenoot se opwindende nuwe TV-vasvraprogram op VIA (DStv-kanaal 147). Hierdie is net nog een van die opwindende maniere waarop ons vanjaar Huisgenoot se 100-jaar-bestaan saam met ons lesers vier.

In die program gaan die gewilde omroeper Rian van Heerden deelnemers se kennis toets van die stories, mense en nuus wat die afgelope eeu in Huisgenoot verskyn het.

Nege spanne van twee lede elk gaan sake uitspook om die groot prys van R100 000! Maar niemand gaan met leë hande huis toe nie. Die top 4-spanne op die leierbord kry elk vakansiegeskenkbewyse van LekkeSlaap ter waarde van R15 000 elk. Die oorblywende vier spanne kry geskenkbewyse van die ATKV-oorde ter waarde an R5 000 elk.

In ’n neutedop: Aan die begin van elke episode is daar ’n uitspeelronde om te bepaal watter drie spanne in dié aflewering kan speel. Die wenspan van elke episode dring outomaties deur na die volgende aflewering, maar al die spanne kry aan die begin van elke episode weer ’n kans om te kwalifiseer vir die oorblywende twee plekke van daardie aflewering.

Ná die eerste twee weke kwalifiseer die spanne met die meeste punte vir die eindronde. Die orige spanne ding dan mee om die oorblywende plek in die eindronde op 9 September.

Maar moenie dat enige van hierdie spanne vir jou ore aansit nie! Doen ons daaglikse vasvra en bewys jy is eintlik Huisgenoot se Grootste Genoot! Ons gaan die dag se vasvra net na afloop van die episode deel, so hou ons webwerf dop!

Die Grootste Genoot wod aangebied in samewerking met Afrikaans.com en word van 22 Augustus tot 9 September weekdae om 17:30 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai.