Rudie en Rouvé vier die Olimpiese Spele by hulle braai terwyl Garth en Alida op ’n winderige dag ’n surf-en-turf maak. Jean en Adele maak lamskenkels en soetpatat.

Jean en Adele

adele-en-jean

Skaapskenkels

Bestanddele

2 groot uie

1 groot rooi soetrissie

1 groot groen soetrissie

1 groot geel soetrissie

5 ml (1 t) gemengde kruie

5 ml (1 t) paprika

1 pakkie beesstertsoppoeier

250 ml (1 k) beesaftreksel

geelsout

growwe sout

growwe suurlemoen-peper-spesery na smaak

worcestersous

rooiwyn (enige soort)

sampioene

wortels

Metode

Neem die skaapskenkels een-een, smeer goed met olyfolie, growwe sout en peper, en laat staan dit 15 min.

Sny die uie en soetrissies saam en plaas met die olyfolie in ’n swart pot op die vuur.

Braai lekker saam.

Plaas die skenkels in die swart pot by die uie en soetrissies en braai saam om vleis te seël.

Gooi dan jou rooiwyn en 500ml water by, sit deksel terug op pot en laat dit 45 min. prut.

Haal die pot se deksel af en voeg worcestersous, aftreksel en al die kruie by.

Voeg nog water by indien nodig.

Plaas die deksel terug en laat nog 20 min. weer deurkook.

Sodra die skenkels sag is, voeg die wortels en sampioene by en kook met deksel op tot sag.

Voeg laastens die beesstertsoppoeier by en laat prut nog 10 min. op lou kole.

Kapokaartappels

3-4 groot aartappels, geskil en in blokkies gesny

geel sout

250 g (½ blok) plaasbotter

125 ml (½ k) room

125 ml (½ k) melk

Metode

Skil die aartappels, sny in klein blokkies, plaas in swart pot, giet geneig water in en plaas op die vuur.

Voeg geel sout by en kook aartappels in die water met geel sout.

Wanneer aartappels sag is, gooi water af.

Voeg plaasbotter en geel sout by druk aartappels fyn tot sag.

Gooi ’n bietjie melk by en druk verder.

Voeg room by, roer deur en sit voor.

Patat met skop

4 groot patats, in ringe gesny

250 g (½ blok) plaasbotter

250 ml (1 k) bruinsuiker

250 ml (1 k) Amarula

Metode

Neem foelie en sit dit binne-in ’n groot bak om ’n foeliebak te vorm.

Plaas die patatringe in die foeliebak, gooi plaasbotter, bruinsuiker en Amarula by en maak foelie deeglik toe.

Plaas op die vuur.

Loer dan en wan in die foelie. Haal af sodra patats lekker sag en geurig is.

adele-en-jean

Sjokoladelooppoeding

Bestanddele

140 g ongesoute botter

140 g 70-persent-donkersjokolade, grof gekap

3 eiers

3 eiergele

? k (85 g) strooisuiker

3 e (45 g) meel

Metode

Bring water in ’n pot tot kookpunt op die stoof.

Plaas ’n glasbak bo-oor die pot en plaas die sjokolade en botter in die glasbak.

Roer tot sjokolade en botter saam gesmelt is.

Klits eiers, eiergele en strooisuiker met ’n elektriese klitser saam tot lig van kleur.

Klits dan die sjokoladebottermengsel by.

Sif meel en vou versigtig in mengsel in.

Verdeel tussen bakkies en bak 10-12 min. op lou kole, bedek met foelie.

Garth en Alida

alida-en-garth

Piri-piri-steurgarnale

Bestanddele

steurgarnale

125 g botter

125 ml olie

4 knoffelhuisies, gekneus

5-10 ml piri-piri-sous

sout en peper na smaak

Metode

Verwyder are van die garnale; hou kop en dop aan. Was goed.

Meng marinade-bestanddele, voeg garnale by en laat minstens 2 uur marineer.

Dreineer en braai sowat 3 min. in olie en bottermengsel tot dit pienk verkleur.

Plaas op warm opdienbord en sit voor op rys.

Lamtjops

Bestanddele

lende- of dikribtjops

sout en witpeper na smaak

Metode

Sprinkel sout en witpeper oor tjops en braai sowat 10-12 min. oor matige kole.

Braaibroodjies

Bestanddele

2 snye brood van jou keuse per person

botter

kaas

uie

tamatie

sout en witpeper

Metode

Smeer brood met botter.

Sit kaas, uie en tamatie op en geur met sout en witpeper.

Sit in toeklaprooster en braai stadig tot kaas gesmelt het.

alida-en-garth

Sampioene met knoffelbotter

Bestanddele

1 groot bruin sampioen per person

gekapte knoffel na smaak

klontjie botter of bietjie slaaisous van keuse

sout, peper en gemengde kruie

fetakaas

Metode

Geur sampioene na smaak met ander bestanddele.

Plaas elke sampioen op gesmeerde stuk foelie met blink kant na binne en draai goed toe. Rooster op warm kole vir 10 minute of sit in foeliebak op vuur.

Groenslaai

Bestanddele

1 kop blaarslaai of gemengde slaaiblare van jou keuse

3 tamaties, in kwarte gesny

Engelse komkommer, in skywe gesny

1 ui, in skywe gesny

1 avokado, in skywe of blokkies gesny

olywe

fetakaas van jou keuse

slaaisous van jou keuse

Metode

Meng al die bestanddele vir die slaai en giet slaaisous oor.

Wafels

250 g meelblom

10 ml bakpoeier

2 ml sout

15 ml suiker

2-3 eiers, geskei

75 ml botter, gesmelt

375 ml melk

Metode

Sif die meel, suiker bakpoeier en sout saam.

Klits eiergele met gesmelte botter en melk.

Maak ’n holte in middel van die meel en giet die eiermengsel in.

Meng ligweg.

Vou styfgeklitste eierwitte in die beslag tot net gemeng.

Bak wafels 5 min.

As dit op die vuur gemaak word, moet die kole baie warm wees. Draai die pan gereeld tot gaar.

Bessie-kompot

Bestanddele

500 g vars of bevrore bessies van jou keuse

50 ml strooisuiker

35 ml port of sjerrie

Metode

Meng bessies en strooisuiker in kastrol en laat dit sowat 30 min. stadig prut.

Voeg port by, laat dit opkook en verwyder van hitte.

Laat afkoel en sit voor saam met roomys op wafels.

Rudie en Rouvé

ruve-en-rudie

Tuisgemaakte maalvleis-burger

Vir die vleiskoekie

Bestanddele

Steak-maalvleis (1 keer gemaal)

30 ml (2 e) sout

30 ml (2 e) peper

30 ml (2 e) Portugese Prego-sous

30 ml (2 e) braaisout van jou keuse

2 koekies Weet-Bix

Metode

Meng die droë bestanddele en gooi binne-in die maalvleis.

Voeg Prego-sous by.

Meng deeglik.

Rol 200 g vleiskoekies.

Plaas op foelie bakplaat wat met foelie bedek is en laat staan tot net voor braaityd.

Braai so gaar as verlang.

Vir die burger

Bestanddele

hamburgerrolletjies

tamatie

roketblare

spek

kaas

sampioensous (sien onder)

Metode

Braai die spek in ’n pan tot gaar.

Plaas ’n skyfie tamatie op die onderkant van die rolletjie en plaas roketblare bo-op.

Plaas die vleiskoekie bo-op.

Plaas die spel en kaas bo-op.

Skep sampioensous oor en maak die burger toe.

Gebraaide uie

Bestanddele

2-3 rooi-uie

2 e bruinsuiker

1 e botter

Metode

Sny die uie in ringetjies.

Maak lekker warm kole.

Gooi botter in ’n kastrol.

Voeg eie by en roer.

Net voor uie té bruin word, voeg suiker by en karamelliseer.

Hou kastrolletjie oor lae hitte tot net voor ete.

ruve-en-rudie

Sampioensous

Bestanddele

groot sampioene, fyngekap

500 ml (2 k) room

30–60 ml (2-4 e) bruismeel

39 ml (2 e) botter

Metode

Smelt botter in ’n swart pot oor die kole.

Voeg sampioene by.

Voeg eers ’n bietjie meel en dan room by.

Laat verdik en herhaal proses tot jy tevrede is met die dikte van die sous.

Hou sous warm in swart pot tot etenstyd.

Twee maal gebraaide skyfies

Bestanddele

3-4 middelslag-aartappels

olie vir diepbraai

Metode

Sny aartappels in fyn skyfies.

Laat rus in plastiekbak met geen water.

Giet olie in swart pot en bring tot kookpunt.

Voeg skyfies by en haal uit sodra bros.

Plaas in ’n bak tot net voor voorsit.

Gooi weer in olie om te verseker dat skyfies lekker bros en bruin is.

Piesangboot

Bestanddele

piesangs

nougat

Flake-sjokolade

tuisgemaakte roomys

Metode

Sny piesangs in twee repe.

Plaas binne-in foelieboot.

Bedek met nougat en sjokolade.

Maak foelieboot toe.

Plaas in die kole vir hoogstens 5 min. tot die sjokolade en nougat smelt.

Sit voor saam met tuisgemaakte roomys.

Tuisgemaakte roomys

Bestanddele

500 ml room

1 blikkie kondensmelk

½ plak sjokolade van jou keuse

Metode

Klits room en kondensmelk met ’n elektriese klitser.

Rasper sjokolade by.

Plaas oornag in vrieskas.

Toets die volgende oggend, maar dit behoort ná 18 uur gestol te wees.