Vanaf Maandag gaan al VIA se spitstyduitsendings ’n uur aan skuif.

Sedert die kanaal se bekendstelling in November 2015 is VIA se nuwe programme vanaf 16:00 tot 19:00 te sien, met verskeie herhalings daarna. Ná agt maande op die lug het die span besluit dit is tyd dat dié programrooster ’n tree vorentoe neem.

Kykers kan nou daarna uitsien om splinternuwe episodes elke weeksaand tussen 17:00 en 23:00 te sien met geen episode meer as een keer in dié ses uur herhaal sal word nie.

Elke aand gaan nou dieselfde formule volg met ’n tydgleuf vir elke genre.

Om 17:30 skop die première-uitsending af met ’n halfuur van styl en programme soos Ruil my styl en Maak my nuut. Om 18:00 begin die kos-uur met programme soos Inspirasiekos met SARIE, Kom ons braai en Skoonma-se-tong. .

Om 20:00 is dit tyd vir verhoudings en troues met programme soos My droom-trourok en Wie is my strooimeisie? Werlikheidsvermaak begin om

20:30 vir ’n uur en sluit programme soos Ure, ’n Halfuur met Hanlie en Diere-dokters in.

“Dis baie eenvoudig,” verduidelik Izelle Venter, VIA se kanaalhoof, “ons pas die programrooster aan om beter by ons lojale kykers se gewoontes te pas. En met meer programme in ons sak kan ons interessanter patrone vir ons kykers skep.”

Loer hier wanneer al jou gunsteling-programme van VIA gaan wys:

[post-slider]