Ready-to-wear
•As jou senuwees dit nie sal hou nie en jy nie ’n ontwerper se visie kan sien om ’n rok van vooraf te maak nie, is dit beter om ’n ready-to-wear trourok te kies. Jy kan dan natuurlik die rok voor die tyd aanpas om ’n idee te kry oor hoe jou finale produk gaan lyk.
•Daar is verskeie bruidshuise wat trourokke van oorsese ontwerpers invoer, maar hier in Suid-Afrika het ons plaaslike ontwerpers ook ’n verskeidenheid rokke wat jy van die rak af kan kies. My Diaan Daniel Devoted-reeks is só ’n voorbeeld. Jy het baie opsies om van te kies vanaf ons plaaslike bodem!
•As jy besluit om ’n rok van die rak af te kies, het jy gewoonlik net ’n “sê” in die kleur en natuurlik ook die grootte daarvan. Die alterasies op ’n ready-to-wear rok is beperk, want jy kan net soveel verander. Die oorsese ontwerpershuise gaan definitief nie vir jou rok dalk ’n ooprug maak nie. Jy gaan die rok soos op die prentjie in hul katalogus ontvang.
•Die goeie nuus is dar Suid-Afrikaanse ready-to-wear rokke deur plaaslike ontwerpers kan veranderings maak en baie meer verander om by jou styl te pas, want ons het die reeks ontwerp en nie ’n internasionale bruidshuis nie.
•As jy besluit op jou droomrok en dit is ’n ready-to-wear, is dit mos vanselfsprekend dat daardie rok vir die publiek beskikbaar is om te bestel en is nie net vir jou ontwerp nie. So mamma moenie ons ná die tyd nie bel en sê haar kind se trourok was op die voorblad van die Huisgenoot nie. Dit is waar pasgemaakte rokke en ready-to-wear-rokke verskil.
•Soos ek genoem het kan ready-to-wear baie minder stres oplewer vir die bruid as ’n ontwerper se skets wat van vooraf gemaak word. Elkeen het sy voor- en nadele, maar wees verseker nie elke bruid lyk dieselfde in ’n trourok nie.
•Partykeer is ready-to-wear ook meer bekostigbaar as ’n pasgemaakte rok, maar dit hang weereens van die ontwerper of bruidshuis se kostes af.


Pasgemaakte rokke
•Die ontwerper konsulteer met jou en vind jou styl uit, kyk na jou figuur en ontwerp vir jou ’n trourok wat enig in sy soort is.
•Jy het kan die lap, snit en detail waarvan jy hou self kies. Jy kan ook veranderinge deur die loop van die proses maak.
•Hierdie kan of ’n goeie of slegte ervaring oplewer. Maak seker jy kies die ontwerper baie goed wat jou skets ’n realiteit gaan maak sodat jy gelukkig is met die eindproduk. Dis ook die rede hoekom baie vroue eerder ’n rok kies wat reeds gemaak is.


Dit is belangrik om altyd te kommunikeer en te sê waarvan jy hou en nie hou nie. Laat die ontwerper toe om jou rok in iets asemrowends omskep – te veel riglyne van jou of jou ma kan ons kreatiwiteit blok. 


Maak altyd seker jy en die ontwerper is op dieselfde bladsy.


Ek het altwee wêrelde vir my bruide om van te kies: pasgemaakte rokke asook ready-to-wear rokke. Kies die opsie wat ’n sprankel in jou oë sal sit; of dit nou van die rak af kom of nie. Jy sal weet of dit die regte rok is wanneer jy dit aanhet.


Van asemrowende trourokke, tot volgende week!


– Diaan Daniels