Shannon en Ashley op hul troudag in Thailand met ’n foto wat boekdele spreek oor vertroue. Fotograaf: Sheldon Evans

Wat beteken binne gemeenskap van goedere? 

• Indien jy trou sonder ’n huweliksvoorwaardekontrak, is julle outomaties getroud binne gemeenskap van goedere. Dit beteken dat jou bates en laste en dié van jou gade een boedel vorm. 

• Indien jy gesekwestreer sou word, sal jou gade outomaties ook gesekwestreer word. As die balju jou bates in eksekusie verkoop as gevolg van slegte skuld, sal jou gade se eiendom outomaties ook verkoop word. 

Wat beteken buite gemeenskap van goedere? 

• Dit beteken jou bates is joune en jou gade se bates is syne of hare, en die skuldeisers kan nie op mekaar se bates beslag lê nie. 

1. Sonder die aanwasbedeling

Dit beteken dat die partye finansieel onafhanklik van mekaar is. 

2. Met die aanwasbedeling 

Hierdie kontrak het dieselfde effek gedurende die huwelik. Die partye is finansieel onafhanklik van mekaar. 
Elke party se netto beginwaarde word bereken vanaf die huweliksdatum. Hierdie beginwaarde word afgetrek van die netto eindwaarde met afsterwe of egskeiding. Die individu met die hoogste aanwasbedeling moet die een met die laagste aanwasbedelling 50% van die verskil tussen die aanwasbedeling betaal. 

Uitsluitings van die aanwas

• Elke paartjie kan besluit om sekere bates uit te sluit van die aanwas, soos byvoorbeeld pensioen of aandele in 'n maatskappy. Ongelukkig sluit dit nie jou skoonma in nie!

Etienne was so gaaf om al ons Huisgenoot-lesers wat hierdie blog lees, ’n spesiale prys te bied. Dis geldig tot einde Januarie 2018 om jul huweliksvoorwaardekontrak – indien julle nog niks opgestel het nie – vir net R1 200 te laat opstel asook ’n gratis testament. Hy raai alle voornemende bruidspaartjies aan om hierdie kontrak minstens drie maande voor hul troudatum af te handel. Gaan na sy webtuiste www.etiennebedeker.co.za 

Ek weet ons het vandag ernstige sake gepraat, maar sodra jy dit afgehandel het, kan jy verder droom van jou wonderlike dag met blomme, trourok en al daai mooi goed, met ’n geruste hart dat jou toekoms saam met jou prins/prinses verseker is.

Van troukontrakte en ’n blink toekoms, tot volgende week! 

  • Skakel elke Woensdag om 17:30 in vir nuwe episodes van My droom-trourok op VIA (DStv-kanaal 147) en Sondae om 15:30 vir die heruitsendings.