Sien jy regtig nie weer kans om die res van 2016 alleen aan te pak nie? Wil jy ook teen Kersfees vir iemand spesiaal ’n persent onder die Kersboom los? Of dalk die nuwejaar met ’n hartstogtelike soen van jou geliefde begroet?

As dit voel asof die romantiese lewe van jou vriende in liefdevolle verhoudings jou net bly ontwyk, moenie bekommerd wees nie. Daar is hulp!

Skryf nou in om deel te neem aan VIA (DStv-kanaal 147) se splinternuwe program Wie's My Liefie.

Die gewilde Jacaranda-omroeper Marin Bester en aanbieder van Wie's My Liefie kan jou dalk help om jou geliefde te vind.

Om in te skryf, stuur ’n kort video van jouself na liefie@urbanbrew.co.za

  • Inskrywings is oop vir almal wat Afrikaans kan praat.
  • Daar is geen sluitingsdatum vir inskrywings nie.
  • Die program word in die Johanneburg verfilm, so as jy van ver kom, moet jy verantwoordelikheid neem vir jou eie vervoer.